Wie het al by Monkey Bay gekamp of oorgebly?

Ek het al 2 keer hier gekamp…
Ek het al 2 keer hier gekamp, in groot groepe. Dit was gedurende my jare van teologie swot en ek 'n belangstelling gehad het in wereld godsdienste en ook tradisionele Afrika godsdienste.
Inelkgeval, oppad terug van avonture in die Milange omgewing, was dit altyd heerlik om te ontspan vir 2 dae by Monkey Bay en ook "tourist" speel.
Vir die wat nie weet nie, Milange is in die Noord Oostelike been van Mosambiek, suid van Blantyre, en aan die voet van die Mulanje Berge. Dit is op die grens Malawi toe.
Vannaf Milange dan terug deur Blantyre om Lake Malawi toe te gaan na Monkey Bay toe!
Cape Maclear
By Monkey Bay is daar redelik baie om mens besig te hou, maar as jy in die buurt is, hoekom nie sommer ook Cape Maclear besoek nie. As jy 'n lekker groot groep is van 8, dan kan mens 'n goeie prys met 'n seiljag uit gaan na Thumbi West eiland vir 'n dag van snorkel.






Map
Monkey Bay
View larger map