Hoe lyk jou beplanning vir 2020 ? Ek sit 2021 by a.g.v. COVID-19.
Ons gaan aan die stertkant…
Ons gaan aan die stertkant van die skoolvakansie want my oudste is eers in gr R volgende jaar so ‘n week en ‘n half se skool mis gaan hom nie skade aandoen nie. Hy gaan meer leer in die wildtuin as op skool.
Trudie het ons bespreking ook nou-nou deurgestuur. Ons is van 18 tot 22 Julie in Shingwedzi.
Ek en Len gaan mekaar darem…
Ek en Len gaan mekaar darem vir een aand raakkamp in Tsendze - sy eerste aand en my laaste aand. Ons het mekaar al drie keer raakgekamp in die verlede. Die eerste keer by Hartenbos, toe 'n jaar of wat later in Punda en enkele dae later in Shingwedzi. Ook vir Koos Mol in Punda en Shingwedzi raakgeloop - wat daartoe bygedra het dat hy en Irene al by twee geleenthede hier by ons in Kleinmond kom koffie drink het.
My wildtuinbespreking is ook vanoggend afgerond met 'n addiosionele 6 nagte elk in Onder-Sabie en Berg-&-Dal onderskeidelik. As alles volgens plan verloop is ons dan vanaf 3 Mei tot 13 Junie op oom Paul se plaas.
Beplanning Winter 2021
Dit is nou 'n gemors, die skool kalender vir 2021 het mos weer verander en die vakansie is ook korter seker omdat die skool so laat begin in Januarie ?
So ons Shingwedzi kamp is ok maar dan is daar te min tyd vir ons Tshipise kamp (wat 100% klaar betaal is). Het vir Trudie gekontak maar kan gladnie die KNP kamp datums effe skuif nie, al wat ek kon doen was om die Shingwedzi kamp met 1 dag te verminder, nou hoop ek net Tshipise kan ons dan invat
vir die volgende 8 nagte.
Willem .....
... die enkele foto's wat ek al van jou gesien het lyk dit of jy 'n knap man kan wees.
Doen nou maar "home schooling" vir daai knapie man - en alle skoolvakansie-probleme is op 'n einde.
Beplanning Winter 2021
Wonder wat moet ek nou doen ? ![]()
Ek het die naweek die nuwe skool kalender gekry en dit gooi ons hele winterkamp onderstebo.

Ons moet 30 Junie in boek by KNP en dan na die Swaaltjie park tot 12 Julie.
Nou lyk dit my dit is wanneer die skole eers begin met die winter vakansie ?
Ek kry ouers met skoolgaande…
Ek kry ouers met skoolgaande kinders bitter jammer - dis dan hierdie kant toe en dan daardie kant toe - 'n groot gemors en ek is bly dis darem iets waarvan ek gespaar is.
skoolgaande kinders ...
Ja Len, ek het gewonder of ek nie moet hoor of ek die KNP kamp kan skuif na Oktober skool vakansie en dan die Julie vakansie probeer skuif na die skool vakansie by Tshipise ?
Stem n ou kan nie
Die beplanning van n ou se verlof is so moelik met alles wat eweig verander met die virus gemors
Oktober skool vakansie ...
Geert, ek wag net vir my Laptop (behoort vandag te kry).
Miskien moet ek wag en hoor wat sê die skool van die nuwe kalender.
Kalender nie finaal......
Ek kom nou net vanaf Sanparks af. Ek noem toe vir hulle dat hiedie skool tye seker hul besprekings lekker onver gooi met aanskuiwings ensovoorts. Die dame noem toe dat die probleem is dat huidige een ook nog nie finaal is nie.....ook nog net proposal? Hoop nie daar is n 3de wave nie....want dit gaan alles weer deurmekaar gooi.....hoop alles verbeter van nou af stelselmatig sodat almal weer normaal kan funksioneer en beplan. Probleem met skuiwings is.....oorde boek nou miskien mense in op buite seisoen slots teen buite seisoen tariewe en as vakansies verander, dan sit oorde met besprekings waar mense binne seisoen is met buite seisoen tariewe en buite seisoen besprekings met binne seisoen tariewe.
5 Februarie skool kalender
Middag vriende
Wat 'n soektog na nuutste kalender. Ek het die datums gekry van 'n rooster gedateer 5 Feb 2021.
Skooldae as volg
15 Feb---31 Maart
13 April----25 Junie
13 Julie----23 Sept
5 Okt---8 Des
Ek hoop dit help, wonder of dit rerig die nuutste is. Dalk sal skole die jongste info kan gee.
Groete
Wessel, daai een lyk soos…
Wessel, daai een lyk soos die vorige een ![]()

School kinders
Ek kry mense met skool gaande kinders baia jammer. Mens kan niks beplan en na uitsien nie...want môre verander dit weer. Ons het dit eintelik veel makliker. Ons sou van 1 April 2020 in Salt Rock gekamp het...toe uitskuif 1 Feb 2021. Toe in Januarie 2021 weer kanseleer en toe weer op 1 Feb bespreek vir 2 Feb 2021. Uiters vrustreerend.
Nuutse kalender
Middag vriende met skoolkinders
Nounet die kalender op news24 gesien. Die skoolgaande periodes is;
15Feb---23 April
3 Mei----9 Julie
26 Julie---1 Okt
11 Okt--- 15 Desember
Groete
Skool kalender in Goewerment Gazette
Die nuwe kalender dinges ook ons Junie/Julie vakansie op....maak nie saak vir my nie, maar Ma hou nog skool :(
Blykbaar het die Onderwys Dept vanoggend van die skole laat weet dat die finale (ha-ha!) kalender vandag nog in die Gazette verskyn, dis nou die ene wat News 24 nou wys, skole sluit bv 9 Julie en open weer 26 Julie wat die wintervakansie op sy kop keer. Die siele wat die goed uitbewe het duidelik geen benul wat hulle aan die toerisme bedryf doen nie...
Skool kalender
My besprekings vir die winter 2021 val nou voor die skool vakansie.
Het nou vir Tshipise e-pos gestuur en gevra of hulle dit vir die 3de keer kan skuif.
Ek sal kyk of ek dan die KNP een kan skuif na Oktober toe.

Gelukkig vir my lol die…
Gelukkig vir my lol die skoolvakansie nie met my Mei-Wildtuinbesoek nie. Tweede skoolkwartaal begin 3 Mei en ek vertrek 4 Mei !





Beplanning Winter 2021
Ons bespreking is ook gedoen vir 2021 se Winter skool vakansie.
Dit is ook deur Trudie gedoen.
Volgens die Gov. Skool kalender is dit die 2021 Skool vakansie.
Winter vakansie is 25 Jun - 20 Jul 2021.
Chris - Wildehont, Wat is julle datums by Shingwedzi ?
Ons datums is van 30/06/2021 - 05/07/2021.