Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Snert Ertjie Sop! - Hester Kruis Geert -12 minutes ago
My jonger suster ... Ertjie Sop! - Hester Kruis Chris Boucher -39 minutes ago
Vegetaries Ertjie Sop! - Hester Kruis neef Herman -53 minutes ago
Angola Oktober 2026 saam gesels neef Herman -1 hour ago
Die 'probeer' werd Ertjie Sop! - Hester Kruis Rona du Plessis -1 hour ago
Prys van diesel Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago

Tennis saamtrek🎾

Centurion
Submitted by Lolla on
Forums

Goeie more Kamp maats. Hoop dit gaan sommer Baie goed met julle almal. Ekt julle voorstelle nodig asb. Ons tennis club (Eldoraigne) is opsoek na n Kamp oord wat 2 of Meer tennisbane het vir n saamtrek. Watse Kamp plekke Kan julle voorstel wat naby aan Pretoria is?  Julle hulp word Baie waardeer. Lekker Kamp naweek en Saterdag oggend n tennis kompetisie. 😁

Môre Lolla

Die 1ste plek wat ek aan kan dink is Buffelspoort. Dit bied kampering en ook rondawel/huisie slaapplek, vir die lede wat nie ingerig is vir kamp nie.

Groete

 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Thu, 11/02/2021 - 09:55

Ek is nie seker nie maar verbeel my toe ons lank terug by Drie Berge gekamp het het hulle ook tennis bane gehad ?

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 11/02/2021 - 11:51

Ek weet nie in wat se toestand Bela Bela se oord is meer nie, maar hulle het 4 tennis bane gehad to ons in die 1990s laas daar was.

0

Middag Lolla

As jy so iets reël, maak net seker dat jy, julle intensie van tennis baan besetting vroegtydig uitklaar.

Ons het met lewensredding baie keer gesukkel omdat die plek voel mens beset, en ontneem ander kampeerders die gebruik van die dam, of dan die tennisbane, in jou geval.

Groete

 

0
Pretoria

Geert

Fri, 12/02/2021 - 16:45

Weesgerus het ook tennisbane. Ek glo ek het al selfs gesien dat hulle daar in die aande speel

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus