Goeie dag almal
Ek Sleep 'n 2016 Sprite Splash met 2016 2.8 Hilux DC Auto
Ek en my gesin kamp meer gereeld die laaste 2 jaar ons vorige wa was 'n Sprite scenic wat ons met Toyota Prado gesleep het.
Voor ek en vrou lief getroud was het ons 'n paar keur tent gekamp maar die gogga het eers begin byt met die aankoop van ons eerste karvaan in 2014.
Nooit het ons besef hoe gerieflik die kamp lewe kan wees met Karavaan as jy eers behoorlik in gerig is.
Ons vriendekring en familie het kampers in en ons geniet kampe saam met hulle van tyd tot tyd.
Ons probeer een keur 'n maand weg breuk as die werk en skool ons 'n kans gin.
Sien daarna uit om met julle my ervarings te deel en ook tou wys te word met die forum.
Groete
Theo Goosen (Hakaf)
Welkom Hakaf!…
Welkom Hakaf!![]()
Neem gerus deel aan ons nuwe komtetisies. ![]()
Baie welkom hier Theo, nou…
Baie welkom hier Theo, nou moet jy nog net die ander ook kry om in te val.
Kyk rond, stem vir 'n Saamtrek naweek datum en geniet dit.
Hakaf van Brits
ek wou nog byvoeg, ek sien jy is van Brits? Lekker, in die middel van al die lekkerste kampplekke!
Baie dankie
Baie dankie julle.
Ja Voortrekker ons is Baie gelukkig om naby 'n hele paar mooi oorde te wees maar wil soms ook weg kom en nie op die voorstoep kamp so warmbad en Dinokeng is lekker plekke om te besoek en gee darm 'n mens kans om die wiele so bietjie te laat draai.
Naand sê Theo, Hakaf, bly om…
Naand sê Theo, Hakaf, bly om te sien jy gesêls saam, geniet die forum.
Ja kamp wyd en suid, daai wiele is rond, hulle moet rol.





Welkom Theo! (Hakaf)…
Welkom Theo! (Hakaf)
Welkom by kampforum. Dankie vir die bekendstelling. Ek hoop jy gaan lekker saam met ons kuier en gesels hierso!