Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -5 minutes ago
Bitterpan pad Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -7 minutes ago
Brits diesel... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -7 minutes ago
Foto laai Oktober 2026 saam gesels neef Herman -17 minutes ago
Park kaart Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -18 minutes ago
Johann.... Umfula Wessel Strydom -24 minutes ago

Jy's genooi! 4x4 Sleep Kursus en Kamp - 21 en 22 Augustus net Buite Pretoria

Pretoria
Submitted by Kampicoza on
Forums

Hallo Almal, 

Baie dankie dat ons kan deel raak van die gemeenskap.

Ons nooi alle 4x4 entoesiaste met 4x4 karavane na 'n UNIEKE geleentheid om te leer sleep op rowwe roetes. 

Kampi 4x4 Sleep kursus

'n Unieke en beperkte geleentheid vir dies met 4x4 trailers, 4x4 kampwaens en 4x4 woonwaens, om onder professionele leiding hul vernuf te verskerp en fynere vaardighede aan te leer. Na die 2 dag kursus sal jy met volle vertroue veel meer uitdagende roetes kan aandurf op 'n veilige en gemaklike manier.

Kostes beloop R2500 per voertuig wat die volle kursus, en kampgelde vir die insittendes insluit.

VOORUIT BESPREKINGS NOODSAAKLIK
Minimum van 5 voertuie, maksimum van 8 voertuie.

Saterdag aand word daar lekker gebraai en gekuier om die vuur. Verskaf asb alle eie eet en drinkgoed. Dis 'n semi wilde kamp met lopende water en badkamers, so kom asb reg toegerus.

Om te bespreek stuur asb u kontak besonderhede na admin@kampi.co.za of kontak ons per whatsapp by +27 63 413 2516.

 

 

Kyk gerus die twee video uitnodigings hier: https://www.youtube.com/… en hier: https://www.youtube.com/…;

Besprekings sluit volgende Vrydag die 13de so maak seker u mis nie uit nie. Kontak ons asb by social@kampi.co.za om een van die laaste 3 of 4 plekke te vul.

Kamp Groete, die Kampi Span! 

PS: Dankie admin vir die toelaat van hierdie uitnodiging. 

video

Môre Anton

Dankie vir die kompliment, maar ek is mos 'n ou softie met my 4x2 eseltjie. Die Kavango is sommer vir;

oë verblindery en sy absolute luukse geriewe

Ek dink Shaun sal beslis belangstel

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus