Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Slaap - wat's dit? Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
ogies toe Oktober 2026 saam gesels Voortrekker -1 hour ago
Hallo Deon Help met kamp beddens en… Rona du Plessis -2 hours ago
Len?? Verskoning Rona du Plessis -3 hours ago
Een dood Oktober 2026 saam gesels Johann L -3 hours ago
Geelvis Padlangs deur die RSA - Dis… Wessel Strydom -3 hours ago

Kavango raad

Brits
Submitted by wessels on
Forums
Môre vriende Die draad is nou eintlik vir die persone wat ook Echo Kavango's besit. Bloot omdat ons dieselfede probleme mag ondervind, en hopenlik mekaar van raad kan bedien. Ek wil graag weet of julle ook al gesukkel het met 1] julle waterpompe en die gepaardgaande "pressure switches". Vir een of ander rede pak myne baie gereeld op, dis nou die drukskakelaar, darem nie die pomp nie. 2] ek moes April 2019 my twee 105Amp.h batterye vervang, en in Augustus weer. Die ene het sy poeier by die pole uitgestoot/kook. Die' twee batterye is alweer daarmee heen. Dit behou nie lading nie. Ek kry dit nie met die sonpaneel of vanaf 220V volgelaai [> 12.9v] nie. Oornag, sonder dat iets krag verbruik, val die spanning na 11.8v. 3] Het julle [Chris, Pierre] al probleme ondervind met julle elektriese behaarpaneel? Ek begin wonder of myne korrek funksioneer, en of ek net ongelukkig is met die Duratec batterye. Ek het my 2016 Kavango Extreme 2de hands gekoop, en die vorige eienaar het baie ekstras laat aanbring, soos water-reguleerders , ekstra pype en selfs die beheerpaneel laat verander sodat die batterye vinniger kan laai. Dit wil voorkom dat al die veranderinge my nou dalk inhaal. Groete

Middag Chris S

Wat doen julle betreffende ligte by die koppenent van voorste bed.?

Ek het 'n LED lig met lang verlengkooord wat deur die voorste ooprits venster na 'n BH-prop gaan. Die lig knip met die pypknypers om die pypraam. Ongelukkig was die lig te swaar vir die knypers en in middle van die nag foeter dit halfpad af.

Ek wil kyk of ek korter LED liggies kan kry wat ek daar kan vasknip met die gewone pypknypers.

0
Worcester

Wildehont

Tue, 08/06/2021 - 16:01

Wessel

As ek wil lees sit ek gewoonlik sommer my selfoon se liggie aan, en stut dit teen die tent langs my kop sodat dit op my boek skyn. Om ‘n liggie met ‘n C-klamp (terry clip) om die pyp te sit is ‘n baie beter plan. Dankie vir die idee!

0

Middag Chris S en ander wat oopklap beddens het

Ons het gevind dat die naat onder, waar die bedbasis oop skanier, nogal baie koue inlaat. Ons maak dit toe met daardie dun oprol oefenmatrassies[ matjies] waarop mense Yoga oefen.

Dit maak 'n groot verskil tov warm slaap.

 

0
Worcester

Wildehont

Mon, 02/08/2021 - 14:10

Ek het van die begin af ‘n sintetiese piekniek kombers oor die gleuf gesit voor ek die matras daarop sit. Dit was bedoel om muskiete en koue wind uit te hou. 

0

Middag Chris S

Ek spring maar na die draad, dan bly Len se draad onbesoedeld met ons geklets.

As jy nie jou geyser "mag" leegmaak nie, staan dit dan die hele tyd tussen kampe gevul met water.? Weet jy dalk van wat se materiaal dit gemaak is.

Bied jou handleiding enige voorstelle oor berging?  

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 17/08/2021 - 12:49

My ou, opgekalkte geyser was van alluminium gemaak en die nuwe van vlekvrye staal.  Ek het nooit die water tussen kampe uitgetap nie, maar dit het darem 16 jaar gehou.  Ek wil in die toekoms myne maar leegtap, maar weet nie hoe om dit te doen nie  -  daar is nie 'n dreineringprop nie.  Ek het by die vervaardiger navraag gedoen.

Die alternatief is om dit af en toe met 'n suurlemoen/asyn oplossing uit te was.  Hoe weet ek nog nie.

0

Middag Len en ander

Natuurlik mag jy, ons gesels mos almal saam oor alles, veral problem voorkoming.

Ek stel voor dat jy moet kyk of jy met druklug aan die inlaatkant, die water by die uitlaatkant kan uitblaas.

As jy dit kan doen, kan jy 'n verdunde oplossing asyn water aanmaak, en met 'n tregter in die geyser skink[?] Ek sal raai, genoeg om geyser te vul. Laat staan vir 'n rukkie, en blaas uit. Spoel met reenwater en blaas alles uit.

Chris S: Ek het gou gekyk in my boeke. Natruimcloried[ NaCl] oplossings met konsentrasie van minder as 1% per gewig sal niks maak aan roesvryestaal nie.

Len: 4-5% asyn [vinegar] oplossing by kamertemperatuur mag dalk die kalk aanpaksel afvreet, maar dit sal niks maak aan jou roesvryestaal geyser nie. Kan jy op die geyser of sy handleiding sien wat se roesvryestaal dit is. My boek dek 'n verskeidenheid, en selfs die mees algemene ene genoem 18-10 is bestand. Dit staan vir 18% chroom, 10%nikkel en die res yster inhoud. 

0

Middag Chris S

Ekskuus, ek hoef seker nie te noem dat mens mos die Milton baie verdun deur net bietjie op volle tenk water te voeg. Dis hoe die ongeveer 17% sout inhoud verminder na veel minder as 1% in die watertenk.

 

0
Worcester

Wildehont

Tue, 17/08/2021 - 13:56

Wessel

My geyser se tenk moet seker ‘n bal klep of iets hê om dit vol te hou. Ek glo dus dit bly vol tussen toere ook. Ek dreineer wel die 120l watertenk aan die einde van elke toer deur die kraan op die A-raam oop te los tot dit leeg loop. 
 

Ek het geen idee waarvan die geyser se tenk gemaak is nie. Dit staan nie in die handleiding nie en die tenk is in ‘n omhulsel vir insulasie. Ek gaan verdere ondersoek instel. Die geyser moes tog aanvanklik leeg gewees het, hoekom sou dit nie daardie eerste keer ‘n airlock ontwikkel nie? Ek weet nou net nie of die pompie dit sal leegmaak as die hoof watertenk leeg is nie, en daar is geen ooglopende manier om dit met ‘n klep te dreineer nie. Dit sit boonop in ‘n geseëlde kas in die wa. Die geyser moet tog net nie breek nie, ek skuld nog net soveel op die wa as wat ‘n nuwe geyser blykbaar kos. 
 

Jou stelling oor die verdunning van die sout in Milton maak sin

0
Vaalwater, Limpopo

Josef Willem

Tue, 17/08/2021 - 19:42

Ek kan nou nie saam praat oor hoe om die Geysers skoon te kry nie maar hier in Vaalwater is die kalk nogals rof, die ketel wys n rand van kalk aanplaksel aan die glas ketel binne 3 dae, dan kook ek die  vol ketel en dan gooi ek 1 pakkie wynsteensuur in, binne n minuut is die glas ketel weer silverskoon.

Ek spoel ook op n weeklikse basis al my ys masjiene met Wynsteensuur, natuurlik gebruik ek dan n bietije meer, so 3 pakkies per masjien, alby ys masjiene is ook van roesvrye staal en kan nie enige skade sien deur die gebruik van wynsteensuur nie.

Nou my vraag is, is daar nie n manier dat mens die wynsteensuur ook deur die geyser kan laat gaan nie want die water is tog warm binne in, moet net n manier kry om dit toe te dien, en dink ook dit is redelik veiliger as ander chemikalieë wat n mens kan gebruik? 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 17/08/2021 - 20:28

Dankie Josef, hier is nou al 'n paar voorstelle wat om te gebruik, die lollery is egter hoe kry 'n mens dit in en weer uit die gyser.  Wessel het 'n voorstel gemaak, maar dan moet die pype weer losgemaak word en dit kan iewat van 'n shlep wees.

0

Middag Len

Ek hou daarvan om Kavango gesprekke bymekaar te hou.

Nee, ons het nog nooit in die Kavango gestort nie. Vir ons is die uitstoot "badkamer" bloot 'n gerieflike toevoeging vir die gesigwasbak en toilet.

Ek dink 'n stortery in die seil/plastiek vertrek kan 'n effe morsige storie word. Die stortpan is lekker groot om in te staan, maar met die handstort gaan mens alles daarbinne benat.

Ons het ook nooit in die Palma gestort nie, vir dieselfde rede. Die Palma se badkamer was elkgeval nog kleiner as die van die Kavango. My 2000 model Palma het ook nie 'n geiser gehad nie, en ons het van meet af volstaan met die gerief van die toilet agter 'n toe deur. 

In beide gevalle is die aanboord toilet 'n groot bate, veral as mens klein dorpies met vuil toilet geriewe andersins moes gebruik. Die Kavango se volgrootte toilet is ook bruikbaar al is die badkamer nie uitgestoot nie.

Ons gebruik nog altyd die oord se ablusieblokke se storte en toilette gedurende die dag. Saans word die aanboord toilet gebruik.  

0
Vaalpark

Johann L

Sun, 26/09/2021 - 19:13

Wessel as jy kan onthou, ek het so middel van die pandemie ook oorweeg om 'n stort aan te skaf, maar vir die redes soos deur jou genoem, het die vlieër nooit gevlieg nie.

Ons sou dit buite in die tent moes opslaan, en die grys water sou my teen die mure (tent panele) uit dryf.

0
Worcester

Wildehont

Mon, 27/09/2021 - 07:59

Dis net as ons vir net een nag oorstaan (wat amper nooit gebeur nie) wat ons nie die stort gebruik nie. 
 

met die handstort gaan mens alles daarbinne benat.

Die seile aan die kant raak wel nat, maar ek vat dit eerder as die gemors van ‘n oord se storthokkie waar die vloer van die deel waarop jy moet aantrek ook nat raak tensy daar ‘n stortdeur is. In die Kavango laat sak ek net die stort se seil deur terwyl ek stort. Die wa bly droog, en ek kan rustig in die wa aantrek na my stort. Dis ook baie makliker om die kinders te was in die wa as om met hulle hele pakkaas te loop badkamers toe en weer terug na die tyd. Dis net die dag wat ons ry en oppak wat ons nie die wa se stort gebruik nie, want dan moet mens dit nat oppak. O, en die gryswater vang ek op in ‘n 20l drommetjie en gaan gooi dit elke dag uit. 

0
Vaalpark

Johann L

Mon, 27/09/2021 - 09:56

Chris, maw. jou stort staan nie op die grond nie, of het dit 'n sterk vloer om die water te beheer?

Ek het na mobiele storte gekyk, en dit staan op seil vloer wat 'n gemors gaan maak as jy stort. Die kante is dig en sal nie spat nie, maar daai vloer het my af gesit.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Mon, 27/09/2021 - 10:09

Johann, op fb is daar mense wat so PVC pyp bak maak om in te stort met 'n uitlaat pyp (verbeel my ek het dit iewers op die forum genoem/wys).  Ek het gedink om so iets vir die 3B tekry.  Sal kyk of ek dit weer kan kry.

0

Hello Johann

Ek dink die meeste Kavango's se storte "hang " in die lug, met 'n stewige veselglas vloer wat op pote staan.

Ek mag verkeerd wees, maar die Kavango's met die ingeboude toilet se stortpan kan kleiner in vloeroppervlak wees as die, sonder 'n toilet. Ek vermoed Chris se wa het nie die toilet in nie, daarom kan hulle die stortkamer so lekker gebruik.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 27/09/2021 - 10:44

Karavaan-stort van kinders :

Ek het gesien met 'n familiekamp in die Wildtuin 'n jaar of wat gelede, is die stort van veral kinders in die karavaan net 'n plesier.  Al ons kleinkinders het heerlik (en gemaklik) in die Exclusive se stort gestort.

Ons het ons stort tot dusver net dan en wan gebruik, maar met die Covid-storie wou ons graag met ons onlangse besoek aan die Kruger Wildtuin dit graag voltyds gebruik.  Ongelukkig het die geyser begin lek en ons moes sonder die stort klaarkom.

Is die Kavango se stort net 'n handstort of kan dit ook gemonteer word soos 'n gewone stort teen die muur ?  In die Exclusive is dit 'n gewone stort teen die muur, maar dit kan van die muur ontkoppel word om as 'n handstort gebruik te word.

Gryswater :  ek is eweneens ook baie gesteld daarop om die stort-gryswater op te vang en dan iewers in 'n drein of by 'n boom leeg te maak.

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus