Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -32 minutes ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -53 minutes ago
Spun and Win Oktober 2026 saam gesels neef Herman -2 hours ago
Beste roete na/van Orpen hek... Pad en roete inligting Wessel Strydom -4 hours ago
R71 Pad en roete inligting Paul Mulder -5 hours ago
Dis die gees, Len! Len gaan weer Kruger Wildtuin… Rona du Plessis -7 hours ago

Vriendelike debat voering.

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on

Ek begin hierdie draad met die hoofdoel, vriendelike debat voering sonder om beledigend te wees of persoonlike aanvalle te loots.

1. Die onlangse geweld in die land:

Mense kla dat die polisie nie vinnig genoeg, of hard genoeg op getree het nie;

Sou die polisie wel begin arresteer het, in ag genome die geweldige meerderheid waarteen hulle moes op tree, wat sou dan gebeur het?

Hulle mag nie hulself verdedig nie, dit "skep swak publisiteit in sekere mense se siening"

Die "mob" veroordeel die weermag se betrokkenheid, al het die weermag net as ondersteuning op getree.

Die publiek, wat nie hul wapens neer gelê het nie, het gaan bystand lewer. Ons land is besig om te vereenig....?

Ons wat nie ons wapen gaan indien het nie word veroordeel?

2. Inenting:

Blykbaar 'n sensitiewe saak.

Ek gaan nie vir die ent nie, bloot omdat ek glo dit is nog nie bewys nie, en geen ander rede nie.

Die mense wat wel gegaan het, ek wens julle alle voorspoed toe, mag dit suksesvol wees.

My probleme met die vir en teen is die aanvalle, mense wat nie will gaan nie word as "no brainers" "selfsugtig" aangeval.

My vraag is, as jy wat ge-ent is dan nou nie meer "aansteeklik" nie, maw, jy kry nogsteeds covid, maar kan nie iemand anders aansteek nie?

Ek veroordeel nie die mense wat gaan vir die ent nie, inteendeel, my seun is ge-ent, ons pastoor is ge-ent, en ek bid dat hulle gesond sal bly.

In die oos kaap is meer 50 gesondheids werkers wat ge-ent is in die hospitaal met covid.

Ek ken mense wat dood is van covid, ek het gister 'n familid aan die dood af gestaan, hy was ge-ent.

Sterkte aan elkeen wat ge-ent is, ek respekteer julle guts, maar, ek gaan nou ook sommer hier noem.

Die aanvalle op mense wat nie soos jyself dink nie, hou maar jou opinie (aanval) vir jouself.

Ek ken hele paar lede op ons forum wat reeds hier weg is omdat somige mense hulself as enigste regdenkende persoon beskou.

Ek het self oorweeg om maar pad te vat, hierdie beskou ek as my laaste poging om te kyk of ek wil voort gaan op die forum, en of ek ook maar soos baie ander, liewer moet gaan.  (Geen dreigement nie, net dood eenvoudig my gevoel oor verdere deelname))

 

Bloemfontein

Skerpioen

Sat, 14/08/2021 - 11:49

Wessels daar is baie medisie wereldwyd wat opstaan teen die entmiddels.  Gewoonlik word hulle vinnig stilgemaak of hulle media spoor delete.  Ek dink sy is een van baie wat nie bang is nie want die ander eerstelandse lande sal haar met oop arms aanvaar.  So gaan SA agteruit tree vir tree

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 14/08/2021 - 16:37

Die eerste wêreld is darem ‘n klomp goedgelowige skape. Kyk hoe baie van hulle het geval vir die inenting foefie (dis gister se data). Lyk darem of Suid-Afrikaners heelwat slimmer is. 
 

A

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 14/08/2021 - 17:58

Chris wat ek nou gaan sê is beslis nie teen jou, of enige iemand gemik nie, net 'n opservasie in my eie huis, en ook baie ander omgewings.

Ons almal kyk blykbaar met tonnel visie, die vir ent sien net die voordele, die teen dit, sien net die waarskuwings.

Dit is nou op alle media, my vrou probeer haarself nog oortuig, maar sy tik net in "entstof gevaar, ek is reeds geent, ek kyk net entstof voordele. Die res skiet ons af, want dit pas nie ons denk rigting nie.

En ja, nou gaan ons almal weer presies dit doen op die stelling!

Baie verbasend, meeste teen enting goed verdwyn dood eenvoudig net van die medie af???

0
Bloemfontein

Skerpioen

Sat, 14/08/2021 - 18:46

Stem Johann.  Anti vax info wat delete word op die net is die grootste rede waarom mense teen die enting is. Die grootste vraag is seker hoekom en wat probeer hulle wegsteek? 

Enige regdenkende persoon sal vrae vra as daar eensydige inligting is. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sat, 14/08/2021 - 19:08

Dis maar soos geloof. Christene sien God se teenwoordigheid in die natuur en die wat nie in Hom glo nie sê daar is geen wetenskaplike bewys vir Sy bestaan nie. 
 

Glo wat jy wil oor inenting teen Covid. Die onderwerp is afgesaag. 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 14/08/2021 - 20:08

Jou laaste paragraaf, en veral die laaste sin van jou laaste bydrae (Chris WH) is presies hoe ek voel. Ek vra myself af waarom ek nog op hierdie draad loer. Ek is soooo gatvol van die pro- en anti-vaksinering insette. Ek belowe myself nou dat dit die laaste keer is wat ek op hierdie draad inloer.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 14/08/2021 - 20:20

Aan die twee Chrisse :

Kyk my kommentaar op Vrydag 13/8 om 21:19  -  daar het ek my laaste sê gesê oor hierdie onderwerp van inenting teen Covid.

Ons is darem nou al drie gatvollers !

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sun, 15/08/2021 - 07:15

Ek vermoed hierdie is nog net die begin. 

'n Mens moet aanhou soek en altyd alles bevraagteken wat in hierdie verlore en bose wêreld gebeur. 

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Sun, 15/08/2021 - 08:04

Môre vriende

Na aanleiding van Chris S se stelling boontoe;

God het gesê--- laat daar lig wees, Gen 1v3

Einstein het gepostuleer---- E=materie x c x c met c die ligsnelheid. Mens kan nie materie skep as daar nie Energie[lig] was nie. Dit het 'n God geverg om die skepping te begin met lig. Moontlik die oerknal, vir al wat ons weet.

Ek wil nie in 'n bekgeveg betrokke raak nie, ek glo maar so, soos 'n kind.

 

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sun, 15/08/2021 - 14:50

Wat is die sogenaamde probleem met die PCR toetse?    Jaag dit die Covid getalle op met false positiewe resultate?  Hoe dan nou?   

Verstaan ek reg dat die CDC verneem dat tot en met 95%  van PCR toetse false positiewe kan wees?    Versprei die CDC ook nou fopnuus?

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sun, 15/08/2021 - 18:23

Ek volstaan by my punt.

Niemand het nodig om te weet of ek geent is of nie want anders word daar besluite geneem op die verkeerde redes om met my bevriend te wees of om geasseseer te word met my.  As jy my nie wil ken of groed (hoe ook al) soos ek voorkom nie, so be it.

Daar word al geruime tyd op sosioale media mense gegroepeer volgens hulle standpunt (ingeent of nie) oor hulle sienning oor Covid.

Hoekom moet ek verkondig ek is ingeent of nie ?  Want as ek dit doen is my keuse om met net sekere groeppe geasseseer te word ?

Dis maar soos geloof. Christene sien God se teenwoordigheid in die natuur en die wat nie in Hom glo nie sê daar is geen wetenskaplike bewys vir Sy bestaan nie. 

Wat kan ek sê ?

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Sun, 15/08/2021 - 18:50

Soos ‘n vriend vanoggend sê; inenting (of nie) is nou in dieselfde kategorie as politiek en geloof - mens praat nie daaroor nie. Sela. 

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sun, 15/08/2021 - 18:58

Wel, eintlik is daar nogsteeds net die 2 - politiek en geloof -      Die geloof in Asclepius, die griekse afgod van genesing ervaar 'n groot herlewing in vandag se tyd.    

afgod

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 14/09/2021 - 10:48

Ek en Salomien het vanoggend 10:00 ons tweede dosis ontvang. Hoe lank vat dit voor jou 5G begin werk, en moet daar 5G dekking in jou dorp wees of is die twee dosisse entstof voldoende?

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Tue, 14/09/2021 - 11:54

Hahaha Wildehont -  nee ek glo vir 5G moet jy ten minste 'n 5G foon hé soos die Galaxy Note 20 Ultra of die Oppo A74 5G ens.     Die inenting gaan jou net kondisioneer vir die nuwe wêreld orde, maar jy gaan nie 'n nuwe selfoon verniet kry nie.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 14/09/2021 - 13:36

Ek moes nou eers Google wat die verband tussen inenting teen Covid en ‘n nuwe wêreld orde is. Daar was nie veel resultate nie, en dit wat daar was, was meestal uit 2020. Wat ek kon aflei, is die mening dat Covid en die inenting daarteen instrumente is in iemand (die Illuminatie?) se plan om ‘n nuwe wêreld orde te bewerkstellig onder een regering. Ek hoop dis waar, want dit sal sekerlik ‘n verbetering wees op ons huidige regering. 

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Tue, 14/09/2021 - 13:45

Ek noem dit, want in  onlangse pers verklarings in Australië was die verband publiek uitgespreek en die woorde "New world order" was gebruik - so nou word dit nie eens meer weggesteek nie.

 

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus