Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Betaal vir entertainment Dinokeng Camp and Leisure… Geert -1 hour ago
Geert, Dinokeng Camp and Leisure… Johann L -1 hour ago
Nuwe restaurante in Kruger Kruger 2026 Geert -2 hours ago
Geert se blou duimpies is… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -3 hours ago
Johann L Dinokeng Camp and Leisure… Geert -4 hours ago
Wessel, Dinokeng Camp and Leisure… Johann L -4 hours ago

Mees sinvolle byvoeging/verandering aan jou kampeeropset

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Kom ons gesels 'n bietjie oor die mees sinvolle verandering wat jy aangebring het aan jou karavaan, boswa, ryhuis, tent-opset of sleepvoertuig waarmee jy sommer baie in jou skik is.  'n Foto as bewys sal natuurlik baie waardeer word.

Ek los myne vir later.

 

 

Jeffreys baai

Lapskag

Wed, 08/09/2021 - 07:54

Sjoe, julle klomp is omtrent dors hoor. wink Ons koop ook maar drink water vir veiligheid en gebruik bitter min oord water vir kook. Is maar versigtig met Nellie se gesondheid

0
Jeffreys baai

Lapskag

Wed, 08/09/2021 - 07:59

Ons geniet 'n Windhoek draught in die vorm van Shandy, lekker verfrissend as ons klaar kamp opgeslaan het. Hou nie van die bitter  smaak van bier nie, daarom die lemonade by die bier. 

0
Worcester

Wildehont

Wed, 08/09/2021 - 08:00

‘n Vriendin van Salomien het vir my ‘n Snowva ysbak gegee, en die ding werk soos ‘n bom. Dis so groot soos ‘n standaard roomys bak, en maak 80 ordentlike ysblokkies op ‘n slag. Ek vat dit saam in die Snomaster, en gebruik gefiltreerde water van die huis of gekoopte water wanneer eg op raak om ys te maak. Dit kos ‘n paar Mandela’s, maar betaal vinnig vir homself en maak regtig lekker ys wat maklik uitgehaal word. 
 

A

video
0
Worcester

Wildehont

Wed, 08/09/2021 - 08:05

Oom Neef, ek is nie seker waarvan Ierse whiskey gemaak word nie. Hier onder is ‘n uittreksel uit regulasies waaraan Ierse whiskey moet voldoen.
 

A

Interessant genoeg was Ierse whiskey eens op ‘n tyd die mees gewilde hardehout. 
 

B

0
Worcester

Wildehont

Wed, 08/09/2021 - 09:10

Ek gebruik dit tuis ook. Dit maak lekker digte ys en die blokkies kom heel uit - nie soos ‘n ysbakkie waarvan die blokkies soms splinter as jy dit nie eers bietjie laat smelt nie. Ek weet party mense ry ysmasjiene saam, maar ek is nie lief vir die klein ysmasjiene wat mens tuis gebruik se ys nie. Dis nie baie dig nie, smelt vinnig en het gewoonlik ‘n gat in van die stafie waar rondom dit vries. Die Snowva vat wel bietjie plek in jou vrieskas, maar dis baie ligter as ‘n ysmasjien en maak lekkerder ys. 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 08/09/2021 - 09:18

Ek het 'n nuwe draad gemaak vir drink goed want ons mors nou met die doel van hierdié draad.

0
Secunda

Sleep nou

Sun, 31/10/2021 - 06:48

So moet ons uit die huis potte vat in karavan sit as n ou kamp terug kom weer uit haal en in huis bere so besluit Berdien en ek die karavan kry sy eie potte en huis sin bly waar dit is ons het op Boma Kitchens besluit dis 5 potte met deksels wat in een groot pot pas en boonop maak jy alles toe in n ritstop canvas sak soos julle sien in foto baie gelukkig met die aluminium potte

0
Secunda

Sleep nou

Sun, 31/10/2021 - 06:51

Het ook by Tenco in boksburg die porta porta sak gekoop nou staan hy weg en mooi toe as ons hom nie gebruik

0

Môre Shaun en ander

Dit is 'n netjiese stel potte daai. Dit lyk of mens vir 'n army daarin kan kosmaak.

Ons het by Echo so 'n kombinasie stel gekoop, dit is egter hoekig en pas ook inmekaar. Die 3 potte het 'n enkele steel, wat afknip en op aldrie pas. Die stel is met Teflon bedek wat skoonmaak vergemaklik.

Ons verkies om baie bykosse by die huis te maak, en gevries saam te ry. Saans word daar net gebraai, en die bykos word ontdooi, hetsy in die mikrogolf of dan in 'n potjie op die gasstoof.  

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sun, 31/10/2021 - 09:51

Oulike stel potte Shaun.

Op 'n ander noot, ek het nie geweet Sasol deel bonusse ook uit hierdie tyd van die jaar nie.  Ek is 'n Sasol-aandeelhouer en sal tog 'n bietjie navraag doen by hul volgende jaarvergadering want hulle moet binne hulle begrotings bly  -  nie soos die meeste munisipaliteite en staatsdepartemente wat oor-spandeer nie.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 31/10/2021 - 10:17

Ek het gaan kyk na dié potte, pys is effe hoog maar die handvatsels kom af en dan pas hulle mooi inmekaar. 👍

0
Secunda

Sleep nou

Sun, 31/10/2021 - 14:27

Stem Willem hulle is duur maar glo my kleinkinders sal hulle erf eendag Len dit gaan baie beter met Sasol ek is maar te bly vir die bonus hy hou verby my al n paar jaar en ek salaris sny gevat so ek baie dankbaar smiley maar vra hulle 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus