Naa ons noulang's gesprek oor 4x4's
Nou net dit gekry
Sal nogal fancy lyk op so n Santon Pavement....

Isuzu Suid-Afrika het onlangs aangekondig hy gaan later vanjaar 'n splinternuwe mededinger vir die gewilde Toyota Fortuner en Ford Everest in die mark stoot! Die sewesitplek-sportnutsvoertuig, bekend as die MU-X, is laasweek by Isuzu se aanleg in Struandale in Port Elizabeth bekendgestel.
Lees die e-pos aanlyn
Ford lei en die res volg
Die nuwe Isuzu MUX lyk darem op ‘n haar soos die Everest. Oudergewoonte lei Ford en die res volg slaafs na. Kyk maar wie het eerste met die swart vellings, swart plastiek stroke en die trapezoidal sierrooster vorendag gekom wat mens later op bv die Hilux ook sien pryk het.

Die nuwe Isuzu MUX lyk darem…
Die nuwe Isuzu MUX lyk darem op ‘n haar soos die Everest.
Net BAIE mooier.
Gelukkig is.....
.....ek 'n trokkie drywer.
Al daardie SNV is nogal duur, elkgeval meer as die trokkie waarvoor ek wag.
.....ek 'n trokkie drywer. …
.....ek 'n trokkie drywer.
Jip, die pryse is vandag baie erg. Ek het vanaf 98 tot 2007 'n dubbelkajuit Isuzu 280Dt gehad. Toe 'n Territory net vir 9 maande en weer vir my 'n Isuzu 300 Dteq dubblekajuit gekoop, tot verlede jaar. My Isuzu vervang met 'n Chev Trailblazer en baie gelukkig. Het nie, en wil ook nie geld op nuwe SUV uithaal nie. My Trailblazer het maar 60000km opgehad toe ek hom gekoop het. Die bakkies is definitief baie gemaklik met kamp toerusting ens, maar die SUV's ry net sagter.
Vellings / Rims / Mags
Seker van die lelikste vellings wat ek in n lang tyd op n voertuig gesien het - op die Isuzu as iemand dalk gewonder het.
Ek kan nie eintlik sê dat ek baie van hulle op die pad gesien het nie, ook nie die vorige modelle nie. As ek reg kan onthou het Wegsleep nie n goeie resensie van die MU-X as n sleepvoertuig gegee nie.
Ek is nie vreeslik in die syfers ontleed nie, maar dit lyk heel gaaf vir my, met baie goeie brandstof verbruik vergeleke met my huidige sleepvoertuig. As die enjin net halfpad so goed is soos my ou KB280 - waarmee ek nie meer sleep nie - behoort jy goeie diens uit hom te kry.
Watch the score.....
Môre vriende
Julle ouens moet eerder na NAAMSA se verkoopssyfers kyk, eerder as om na dwaalleringe te luister.
Gedurende Januarie'22 het selfs Isuzu beter verkoop as die Rangers. Daar moet 'n geldige rede wees daarvoor, en sekerlik ook waarom speelgoed die topverkoper bly.
Dalk kan die gemiddelde ou op straat tog kwaliteit herken. Onthou julle die gesegde oor Lexington sigarette----300 000 mynwerkers kan nie verkeerd wees nie, daarom rook ek dit ook.
Te verwagte dat die Ranger…
Te verwagte dat die Ranger verkope nou sal daal. Handelaars skuif voorraad om plek te maak vir die nuwe model terwyl kopers ook eerder wag vir die nuwe een. Sover ek weet word die huidige model nie meer vervaardig nie terwyl hulle besig is om die fabriek te "re-tool" vir die nuwe een. Positiewe kant is dat mens nou relatiewe winskopies behoort te kry wat beter sal word hoe nader die vrystellings datum van die nuwe model kom.
Terloops interessante tendens wat mens opmerk is hoe die forum bende lede hier oor die algemeen kla oor die pryse van nuwe tippers. Meestal kom dit dan ook van die "rustende" lede wat op 'n vaste inkomste (somtyds bekend as pensioen!) moet oorleef. Ek het my oorle' Pa se gekla oor pryse amusant gevind. Noudat ek self in Ruhestand is soos die Duitsers dit noem, verstaan ek hoekom die oubaas destyds so gekla het! Ek het my tipper begin 2019 gekoop as laaste nuwe ene in my lewe....Sal maar die R1+ miljoen bakkies los vir die jonger garde.....
Tel van Rande
Middag Grootwind
Dit is nogal sorgwekkend om "meer" konserwatief met geld om te gaan.
Mens belê daai swaar verdiende aftreefonds en besef dat mens eintlik nie daaraan wil raak nie. Ek wonder op watter ouderdom kan 'n mens begin om roekeloos te leef, sodat mens met niks hierdie ou aardse lewe kan verlaat.
Daar is mos nie 'n wet wat dikteer dat kinders nog ekstra moet erf nie, dis nou inaggenome die omvattende studie-beleggings wat goedgunstiglik gedoen was.
Ek het al 'n paar keer my bedenkene gehad of ek die regte ding doen, met die aankoop van nuwe trokkie. Hopenlik is dit ook die laaste groot aankoop, gelukkig nie in die vol miljoen klas nie.
Die Rangers word meestal uitgevoer
Volgens ‘n artikel op 8 September 2021 van Ford SA het hulle teen daardie tyd 732 000 van die huidige generasie Ranger vervaardig, waarvan 500 000 uitgevoer is. Dit is van 2011 af (maw in 10 jaar).
Verlede jaar het hulle volgens my plaaslike kennisse in die motorhandel voorkeur gegee aan die uitvoermark. Soveel so dat daar op ‘n stadium nie ‘n enkele nuwe Ranger op die vloer van die plaaslike agent was nie. As Wessel ‘n Ranger bestel het kon hy ten minste weet sy bakkie wat nie opdaag nie word telkens op ‘n skip gelaai om oor die water groener weivelde te gaan soek. Wat is Toyota se verskoning; die tekort aan mikroskyfies?
As jy vir Henry Ford vertel het ‘n tekort aan mikroskyfies gaan eendag veroorsaak dat daar ‘n agterstand in voertuigvervaardiging gaan wees sou hy jou seker Groendakkies toe verwys het.





Groot Isuzu
Ek is n Isuzu ou maar hulle moet begin om enjin aan te pas by ander brands hulle enjins meer krag en winkrag as die susie nou