Nouja, by gebrek aan kamp-geselsonderwerpe sal ek maar iets sê.
My bestuurderslisensie verval op 13 Maart 2022, 'n maand voor ons Wildtuin toe wil vertrek. Gegewe al die nonsens oor die flenters masjien wat die kaarte druk en ou Fikile Ma-bull-pratery se beloftes wat nooit realiseer nie, het ek gedink ek moet die saak maar opsaal en kyk waar kom ek uit. Ek het toe 'n draai by Brackenfell se lisensie-kantoor gaan maak en het die volgende ervaar : 'n rukkie in 'n tou gestaan met 5 mense voor my en beland toe by die eerste konsultant wat goed op haar rekening insleutel, my 'n groen vorm gee om te voltooi en na die oog-toets-kantoor verwys. Daar aangekom voltooi ek die vorm en wag 'n halfuur vir my beurt. oogtoets toe gedoen en weer verwys na 'n volgende kantoor waar ek R140 moes betaal. Ek kry 'n kwitansie en word gevra om oor 6 weke my nuwe lisensie te kom afhaal. Sou die lisensie nie gereed wees voor ons middel-April Wildtuin toe vertrek nie, sal hierdie kwitansie plus my ou lisensie nog geldig wees tot 31 Augustus.
Ek weet nie hoe vaar ander lisensie owerhede nie, maar hier by ons in die Kaap is dit glad nie so erg nie.
Wessel.....
Nee, ek het geen oumens truuk uitgehaal nie - ek kry altyd skaam as ek uit 'n tou gehaal word en voor ander mense wat geduldig wag, gehelp word.
Ek is bewus daarvan dat ek 'n optometris-sertifikaat kon gebruik het, maar ek was nie lus vir nog 'n ekstra draai (en koste) nie.
Moet sê, ek is verlig dat dit nog 'n hekkie was wat redelik maklik oorbrug is.
Nie Tydelike lisensie
Goeiemôre Kampers,
My en Magda se lisensiekaarte het nou reeds op 4 Januarie 2022 verval.
Soos in die verlede het ons reeds vroeër (26 Oktober) aansoek gedoen vir die hernuwing om die nuwe kaarte gereed te hê VOOR die vervaldatum van die oues.
Geen probleme met die aansoek, oë toets en administrasie en aangesê om na 6 - 8 weke die nuwe kaarte te kom afhaal.
Intussentyd breek die chaos en agterstallige werk en 'n lang relaas verskonings uit.
Ek kry êrens die raad om die proses op die e-NATIS stelsel na te gaan en deur die versoeke op die skerm te volg, kom ek op ANDRE STEFAN SMIT se stand van sake af
"Card Order date - 26 Oct 2021
Card Expiry date - 4 Jan 2027
New Card in production"
Ek het dus vir my en Magda skermgrepe op ons selfone gelaai van die uitslag en my voorberei om die eerste Ridder van die Koeltebome wat my wil lip gee, sonder 'n oor en weer ONDERHANDELING duidelik te laat verstaan dat hy moet voortgaan om 'n dagvaardiging vir my uit te reik sodat ek hof toe kan gaan en iemand met meer as een breinsel hom in sy beste te kan stuur.
My lisensie hernuwing IS BETYDS gedoen, Die hernuwing op e-NATIS IS REEDS OPGEDATEER - dis SY departement wat nie die vermoë het om vir my 'n nuwe kaart uit te reik.
Gebruik gerus die roete - AS U BETYDS - VOOR DIE VERVALDATUM VAN U HUIDIGE LISENSIE AANSOEK GEDOEN HET VIR DIE HERNUWING.
Dis net IETSIE MEER as die kwitansie wat bitter min detail ophet
Hallo André !
Ek het probeer soos jy aanbeveel, maar was nie suksesvol nie. Miskien omdat ek eers gistermiddag my hernuwingsaansoek ingedien het. Ek is nie bekommerd nie, want ek het 'n bewys van betyds hernuwing aansoek gedoen en 'n afskrif daarvan in beide ons voertuie geplaas. Ek sal oor 'n tydjie weer probeer soos jy aanbeveel.
Soos in die verlede het ons…
Soos in die verlede het ons reeds vroeër (26 Oktober) aansoek gedoen vir die hernuwing om die nuwe kaarte gereed te hê VOOR die vervaldatum van die oues.
Andre, my een vriend het Okt gegaan vir sy hernuwing en het sy kaart Vrydag gaan haal.
Ek het 3 Oktober 2021…
Ek het 3 Oktober 2021 aansoek gedoen en toe maar die proses gevolg op die Enatis app.
Op 3 November gesien my kaart is by die lisensiekantore en dit die 4de gaan haal
Nuwe Kaart
Môre Makkers,
En daar sê e-NATIS Vrydagoggend ons kaarte is gedruk en ek kan dit by die DLTC gaan afhaal.
Laat nie op ons wag nie en 2 ure later is ons op Rayton by die DLTC.
"OH the card is not finish - come in two weeks"
Vroutjie vat my versigtig aan die arm maar ek skop vas. Ek wys vir die mens op my selfoon die boodskap.
"OH - that is not true - come back in two weeks"
Nou WAT MAAK MENS NOU.???
Hulle gaan KYK nie eers of die lisensies daar is nie. Brabbel tussen mekaar en swaai handjies maar ignoreer jou soos 'n rooi stopstraat.
Hallo André !
Mag ek vra, hoekom op Rayton ?
Het jy regtig geglo jou kaart gaan eerste probeerslag daar wees ? (Jy moet onthou julle woon nie in die Kaap nie !)
Miskien moet jy eerder oor twee weke bel voor julle die moeite doen om te ry.
Yip, twee weke is omtrent…
Yip, twee weke is omtrent die norm. Wat daai SMS eintlik bedoel is dat die kaarte gedruk is en OP PAD is na jou DLTC, die goed word in Silver Lakes erens gedruk nie te ver van Rayton af nie, maar onthou dis BAIE werk om die goed te verpak en te vervoer en dan boonop nog uit te pak!
Vir Len se inligting, hier in Tshwanetoria ia alle DLTC's nie gelyk nie, hulle wissel tussen vrot en baie vrot met so een of twee redelik. Ons het ook in die verlede Rayton toe gery vanuit Centurion maar die was vir 'n lang ruk toe vir "renovations". Laastes het ons by Akasia gedoen, twee dae te perd weg. Maar geen rye, geen gewag, 15 minute in en weer uit. Party mense ry selfs sover as Krugersdorp...afhangende ook waar mens 'n afspraak kry. Die naaste plek van ons af is Centurion se DLTC net 'n entjie in die pad af, maar die is maar 'n gemors en baie oneffektief.
Korrup
Ek lees nou op MSN dat hulle amper 100 amptenare gearresteer het oor vervalste bestuurlisensie voorvalle. Dink net die magdom "fake" lisensies wat daar buite is as soveel gearresteer is.....en hoeveel amptenare is nog nie eers uitgevang nie?
Dan staan daar "He says a recent arrest involved six officials and cost the state R60 million." .....R10mil om een vas te vang. Klink vir my meer soos die een korrup spel bo die ander
Over 80 traffic transport officials arrested: Mbalula (msn.com)
As ek so kyk na die bestuurs…
As ek so kyk na die bestuurs vermoe van die bevolking en die baie ongelukke, verstaan ek hoekom.
Sien dit al lankal, maar wie is ons om te sê
Harry...
...jy het my nog nie gesien bestuur nie.
ek maak eendag by die werk 'n grap met 'n kleurvolle kollega wat langs my parkeer, en sê dat hy tog versigtig agteruit moet intrek. Seg hy vir my---ons kry lisensie as ons 2 keer agteruit om 'n boom kan ry.
Dit mag dalk 'n goeie kriteria wees, of nie.
Op n ander blad gelees..copy en paste
𝗝𝗢𝗨 𝗥𝗬𝗕𝗘𝗪𝗬𝗦 𝗚𝗔𝗔𝗡 𝗧𝗜𝗘𝗡 𝗝𝗔𝗔𝗥 𝗚𝗘𝗟𝗗𝗜𝗚 𝗪𝗘𝗘𝗦 — 𝗠𝗔𝗔𝗥 𝗛𝗜𝗘𝗥 𝗜𝗦 𝗗𝗜𝗘 𝗔𝗗𝗗𝗘𝗥𝗧𝗝𝗜𝗘!
~ ONS GOUE JARE https://www.facebook.com…
Daar is goeie nuus vir Suid-Afrikaanse motoriste, veral vir ons wat al jare lank elke vyf jaar deur die hele proses van rybewyshernuwing moet gaan.
Die regering het besluit dat gewone bestuurslisensiekaarte voortaan tien jaar in plaas van vyf jaar geldig behoort te wees.
Maar voordat jy jou vervaldatum ignoreer en die kalender wegpak, moet jy iets belangriks weet: 𝗗𝗜𝗘 𝗡𝗨𝗪𝗘 𝗥𝗘𝗘𝗟 𝗚𝗘𝗟𝗗 𝗡𝗢𝗚 𝗡𝗜𝗘!
Op 6 Oktober 2026 het die Departement van Vervoer die Parlement ingelig oor die voorgestelde veranderinge. Dit volg op die Kabinet se goedkeuring op 29 Julie en konsepregulasies wat op 17 Augustus gepubliseer is.
Kom ons verduidelik wat dit vir jou beteken.
𝗩𝗔𝗡 𝗩𝗬𝗙 𝗝𝗔𝗔𝗥 𝗡𝗔 𝗧𝗜𝗘𝗡 𝗝𝗔𝗔𝗥
Die voorstel bepaal dat gewone bestuurslisensiekaarte vir ligte voertuie en motorfietse tien jaar geldig sal wees.
Dit sluit lisensiekodes A1, A, B en EB in. As jy dus 'n gewone motor bestuur, behoort die verandering jou te raak.
Vir bestuurders van swaarvoertuie bly die vyfjaar-hernuwingstydperk onveranderd. Professionele bestuurspermitte (PrDP's) bly twee jaar geldig.
Die doel is eenvoudig: minder hernuwings, minder administrasie en minder druk op lisensiekantore.
Maar die nodige regsproses moet eers afgehandel word voordat die nuwe geldigheidstydperk kan begin.
𝗪𝗔𝗧 𝗔𝗦 𝗝𝗢𝗨 𝗥𝗬𝗕𝗘𝗪𝗬𝗦 𝗡𝗢𝗨 𝗩𝗘𝗥𝗩𝗔𝗟?
Dan moet jy dit steeds volgens die bestaande reëls hernu.
Moenie aanvaar jou huidige kaart is outomaties vir nog vyf jaar geldig omdat die regering die voorstel goedgekeur het nie.
Die Departement van Vervoer beveel aan dat jy ongeveer vier weke voordat jou kaart verval, aansoek doen om hernuwing.
As jou kaart reeds verval het, kan jy 'n tydelike bestuurslisensie aanvra terwyl jy op jou nuwe kaart wag. Dit kos ekstra en is normaalweg ses maande geldig.
𝗠𝗢𝗘𝗧 𝗠𝗘𝗡𝗦𝗘 𝗕𝗢 𝟲𝟬 𝗢𝗙 𝟳𝟬 𝗠𝗘𝗘𝗥 𝗚𝗘𝗥𝗘𝗘𝗟𝗗 𝗧𝗢𝗘𝗧𝗦?
Hier is goeie nuus vir ons ouer motoriste.
Daar is geen nuwe algemene bepaling in hierdie voorstel wat vereis dat iemand bloot omdat hy of sy 60, 65, 70 of selfs 80 geword het, elke jaar 'n nuwe bestuurslisensie moet kry nie.
Ouderdom alleen beteken ook nie dat jy outomaties jou bestuurslisensie verloor nie.
Wat wel saak maak, is of jy medies en fisies in staat is om veilig te bestuur.
𝗘𝗡 𝗗𝗔𝗔𝗥𝗗𝗜𝗘 𝗢𝗢𝗚𝗧𝗢𝗘𝗧𝗦?
Wanneer jy jou bestuurslisensiekaart hernu, moet jou oë getoets word.
Jy kan die oogtoets by die lisensiekantoor aflê of 'n verslag van 'n gekwalifiseerde oogkundige indien.
As jy 'n bril of kontaklense nodig het om aan die sigvereistes te voldoen, kan dit as 'n voorwaarde op jou lisensie aangeteken word.
Dan moet jy daardie bril of kontaklense dra wanneer jy bestuur.
'n Bril is dus nie 'n rede om jou bestuurslisensie te verloor nie. Dit kan juis die verskil maak tussen veilige en onveilige bestuur.
Ons oë verander namate ons ouer word. Dit is daarom verstandig om jou sig gereeld te laat ondersoek, selfs wanneer jou lisensiekaart nog geldig is.
𝗠𝗢𝗘𝗧 𝗘𝗞 𝗪𝗘𝗘𝗥 𝗗𝗜𝗘 𝗕𝗘𝗦𝗧𝗨𝗨𝗥𝗦𝗧𝗢𝗘𝗧𝗦 𝗔𝗙𝗟Ê?
Nee. Wanneer jy bloot jou bestaande bestuurslisensiekaart hernu, hoef jy nie weer die praktiese bestuurstoets te slaag nie.
Die gewone hernuwingsproses sluit onder meer 'n oogtoets, vingerafdrukke en die nodige dokumentasie in.
𝗪𝗔𝗧 𝗕𝗘𝗧𝗘𝗞𝗘𝗡 𝗗𝗜𝗧 𝗩𝗜𝗥 𝗢𝗡𝗦 𝟱𝟬-𝗣𝗟𝗨𝗦𝗦𝗘𝗥𝗦?
As die tienjaar-geldigheidstydperk in werking tree, sal dit minder besoeke aan lisensiekantore beteken.
Vir baie ouer mense is dit 'n welkome vooruitsig, veral wanneer vervoer, lang toue en hernuwingskoste 'n probleem is.
Maar minder gereelde hernuwing beteken nie dat ons minder aandag aan ons gesondheid en bestuursvermoë moet gee nie.
'n Geldige rybewys maak jou nie noodwendig 'n veilige bestuurder nie. Goeie sig, konsentrasie, reaksievermoë en verantwoordelike oordeel bly noodsaaklik.
𝗢𝗡𝗦 𝗚𝗢𝗨𝗘 𝗝𝗔𝗥𝗘 𝗦𝗘 𝗥𝗔𝗔𝗗
Kyk vandag na die vervaldatum op jou bestuurslisensiekaart. Indien dit binnekort verval, begin betyds met die hernuwing.
Moenie op WhatsApp-boodskappe of gerugte staatmaak wat beweer dat alle lisensies reeds tien jaar geldig is nie.
Die voorgestelde verandering is goeie nuus, maar totdat dit amptelik in werking tree, bly die bestaande reëls van toepassing.
𝗡𝗢𝗨 𝗪𝗜𝗟 𝗢𝗡𝗦 𝗕𝗬 𝗝𝗢𝗨 𝗛𝗢𝗢𝗥:
Dink jy tien jaar is 'n goeie geldigheidstydperk vir 'n bestuurslisensiekaart, of behoort ouer motoriste meer gereeld hul sig en bestuursvermoë te laat toets?
Vertel ons gerus wat jy dink.
ONS GOUE JARE — Onafhanklike inligting en advies vir 50-plussers.





Baie geluk
Middag Len
Jy is voorwaar gelukkig om sulke diens te ervaar. Het jy dalk 'n oumens truuk uitgevoer, soos met 'n loopraam daar opgedaag.
Ek kan nie glo dat jy NIE 'n tydelike lisensie moes uitneem nie. Ter plaatse is dit standaard prosedure, lekker geldmaak storie.
Jy kon natuurlik met 'n gesertifiseerde optometris toetsuitslag opgedaag het, dan was dit nog vinniger.