Wie het die program gekyk op 144 ?
Die was vanaand (Sondag) op gewees, S1/E1.
Wat 'n goeie onderhoud ...
Ek het nie die program gevolg nie, wag vir her-uitsending.
Niemand sê iets oor die onderhoud nie ?
Hennie ...
... het gesê dit was 'n goeie onderhoud. Ek kan maar net sekondeer. Met hierdie onderhoud agtergekom in watter, kom ons sê maar, strooi-staat hierdie liewe land van ons is. En verder hou ek my bek voordat ek weer uitgehaal word as "negatief".
Sou ook graag wil hoor, Max…
Sou ook graag wil hoor, Max is n man wat blou, blou noem en nie doekies omdraai nie, Geniet hom regtig.
Von se my dat, ek weet nie wie, het ons opgradeer het na "Stabiel".
As jy die res van die bekaafde, eerste wereld, se swak leierskap, en korrupsie kyk, is ons dalk "due" vir n opgradering. Die Engelse het hulle self ook dik gesteel tydens Covid, om maar een sondetjie te noem. Korrupsie is nie net 3de werelds nie.
Nie program gesien nie
Môre vriende
Tog vreemd hoe mens se sentiment verander.
Daar was 'n tyd in ons land se bestaan, of dan in myne, waar ou Max maar voor my trok kon staan, vir 'n omry. Het hom as baie liberaal ervaar.
Deesdae luister ek na hom, en vind sy menings en uitlatings as heel vanpas.
Seker maar te doen met elke persoon se eie lewensfases, gekoppel aan land se bestel op 'n sekere stadium in die geskiedenis.
Wessel....
......ek het nogal baie oor dieselfde verskillende indrukke nagedink. Ek het tot die gevolgtrekking gekom dat dit gaan oor sy absolute eerlikheid in sy joernalistieke loopbaan, ongeag wat 'n mens graag sou wou hoor. In die verlede was sy skerp kritiek in kontras met my eie denke van daardie tyd en vandag is sy skerp kritiek in lyn met my denke van vandag.
Ook gekyk en sal graag die…
Ook gekyk en sal graag die boek wil lees. Kan baie interesante leesstof wees met baie inligting waarvan ek niks weet nie en net plek plek van gehoor het. Stel nie regtig belang in die politiek nie maar hou daarvan om op hoogte te wees van wat aangaan.
Vir diegene wat wil kyk, dit…
Vir diegene wat wil kyk, dit gaan nou begin.
Vir diegene wat wil kyk, dit…
Vir diegene wat wil kyk, dit gaan nou begin.
Was weer 'n goeie program gewees. Ai, daar was darem BAIE inmenging.





Wat 'n goeie onderhoud. Dit…
Wat 'n goeie onderhoud. Dit is skokkend van wat eintlik aangegaan het en nogsteeds aangaan.