Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Jeandre Rudolph - perfekte keuse.... Springbok rugby Rona du Plessis -3 hours ago
Jeandre Rudolph Springbok rugby Geert -4 hours ago
Hael November 2026 Geert -4 hours ago
Brits en Pretoria... November 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Die weer is woes November 2026 Rona du Plessis -9 hours ago
Span vir die naweek Springbok rugby Rona du Plessis -9 hours ago

Mei 2022 algemene praatjies.

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on
Forums

Goeie môre Kampforum vriende, geniet die dag.

Die mense wat vandag weer in die pad val, moenie seer kry nie, ry veilig en kom veiligby jul bestemmings aan

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sat, 07/05/2022 - 07:58

Môre almal, geniet die lekker, nogal koel hier vanoggend, dag.

Chris, ek is saam met julle opgewonde. Julle moet (lees "gaan") die kinders geniet! Jou kleinkinders het goeie smaak, crunchie is ook my gunsteling.

Oor biltong en lam tjoppies gaan ek nie eers kommentaar lewer nie, dit is 'n gegewe.

Ek het nou vir ons Grabow wors hier by Checkers gekry, heerlik.

Vandag gaan ek aan met wat ek gister begin het: ordentlike skrop van die Penta se buite kant, letterlik skrop met 'n skrop borsel en boor met 'n dik spons wat aan 'n basis is wat ek moes aanpas om in die boor te pas.

My decals het begin los kom en ek het dit af getrek, die ou gom merke was 'n gespook om af te kry, maar dit bly stof op pak. Vandag gaan ek daai taaigeit af skropsurprise

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 07/05/2022 - 07:59

... daai pak koekies wag nog (onoopgemaak) net vir hulle. My dogter het juis verlede jaar die koekies só geniet toe sy ons verras het met haar besoek toe ons in die wildtuin was. En dan maak ek nie eens melding van die een pakkie "lekkernye" wat nog in die vrieskas lê en wag nie. Die ander pakkie is verlede naweek saam met die 2 plaaslike kleinkinders gedeel.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 08/05/2022 - 07:10

Môre sê, geniet die dag.

Wonder hoe het dit toe met met Wessel se oppak gegaan, waar trek hy nou?

Kamp groete so ver soos julle gaan, die wat vandag pad vat, wees veilig.

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Sun, 08/05/2022 - 07:30

Goeie môre.

Ons is terug by die huis en alles is skoongemaak en weer weggepak. 

Soos Elmarie sê dit was haar laaste vakansie voordat sy aftree. 

Lekker Moedersdag vir die moeders.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Mon, 09/05/2022 - 07:07

Môre mense, geniet jul dag en  die nuwe week wat voorlê.

Hier is dit sommer dik mistig, laat my dink ek is in oos transvaal, nou verlang ek sommer erg na daai omgewing.

Gister se temperature het laag gedraai, vanoggend se mistigheid voospel 'n lekker warm (nie somer weer nie) dag. Sal so bietjie later gaan meet hoeveel dit gister gereen het.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Mon, 09/05/2022 - 09:24

Nou ja die naweek is in die verlede, Saterdag was Surette se broer en suster hie vie Moedersdag want almal kon dit nie maak vir Sondag nie.

Gister was rustig en teen laat middag het dit geklink soos somer weer soos dit gedreun het Noord van my huis teen Magalies.  Later so redelikke bui reën gehad (vanoggend gesien dit was net 3mm🌧)

Vanoggend is dit koud en niks jaag my om vroeg aan die gang te kom nie.  Het gisteraand se F1 vanoggend gelê en kyk.

Geniet jou dag verder.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Mon, 09/05/2022 - 10:06

Goeiemôre almal!   Julle moet 'n lekker week hé!  yes    

Hier by ons gaan nie veel aan nie -  kinders begin die week met eksamen en ek is dus op wiskunde diens. 

Groetnis (-:

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 10/05/2022 - 06:46

Dagse maters. Hier kap ons nog rustig aan, hoop almal doen so.

Ek sien Chris Boucher se "Skwieril" Avatar het hy verander na n vreeslik "oulike" gesiggie. En dit nadat hy tydens ons herfsblaar braai openlik vir almal vertel het dat my Avatar die angswekkendse gedrog is wat hom yskoud laat.

Hoop nie dit was so "laat-aand besluit" nie Chris!

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 10/05/2022 - 07:08

Môre mense, geniet die dag ten volle, moet nie skrik vir sommige mense se avatars nie. Ekmhet amper my tablet neer gegooi toe vanoggend sien hoe lyk party se gesigtewink

Ou steek baard, die neef en nou Chris, o nee, genoeg om van weg te holdevil

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 10/05/2022 - 07:45

My kleindogter het die foto van haar oupa geneem met een of ander "funny app" op haar foon en my ge-"dare" om dit as my WhatsApp profielfoto te gebruik - wat ek toe gedoen het. En op die ingewing van die oomblik het ek sommer besluit (ja - dalk 'n laataand-besluit na 'n paar lekker wyne) om sommer ook my forum-avatar te verander. Neef is mos darem nie al lisensie-houer vir afskuwelik lyk op syne nie.

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Tue, 10/05/2022 - 08:05

Goeie môre julle, sal maar die polisie moet inkry hier vir lelik op straat en ander mense die skrik op die lyf jaag. Maar is net 'n brawe Oupa wat dit vir sy klein dogter sal doen. Welgedaan Chris. Ons is nou al gewoond aan Neef sinne wink

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Tue, 10/05/2022 - 08:25

Het ook gewonder wie is die gesig want ken hom nie toe sien ek dit is Chris se naam.  Ook gewonder of hy die kamera in die bottel gesit het en toe ingeloer het om te sien waar hy is. 😉

Miskien moe Chris die groot foto plaas sodat ons 'n beter prentjie kan kry. 🤷‍♂️

Geniet die res van jou koue dag.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 10/05/2022 - 08:44

Foto

Maar ek het maar weer verander na die ou avatar toe. Toe ek hierdie vir Ralie wys, het sy dit nie gelaaik nie. Ek lyk darem soms 'n bietjie beter - nie veel nie.

0

Chris kan ek nie vir jou n paar fotos van Rhodes stuur nie dan kan jy plaas. Ek sukkel met die goed. Ons kamp op die oomblik by Yellow Sands. Pragtige weer. Stuur net jou nr. asb. Maurits

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus