Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hael November 2026 Geert -14 minutes ago
Brits en Pretoria... November 2026 Wessel Strydom -35 minutes ago
Die weer is woes November 2026 Rona du Plessis -4 hours ago
Span vir die naweek Springbok rugby Rona du Plessis -4 hours ago
Double cheese burger November 2026 Geert -10 hours ago
30% November 2026 Geert -17 hours ago

Mei 2022 algemene praatjies.

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on
Forums

Goeie môre Kampforum vriende, geniet die dag.

Die mense wat vandag weer in die pad val, moenie seer kry nie, ry veilig en kom veiligby jul bestemmings aan

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Tue, 10/05/2022 - 11:26

... jy's welkom om die foto's na my toe te stuur. Ek plaas dit met graagte. My nommer is: 079 500 1442.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Wed, 11/05/2022 - 07:58

Ek het niks om by te dra nie, nou kom groet ek maar al die Kampforum vriende.

Geniet jou dag voluit.  (Soos die klomp in die wildtuin en by Eiland)

0

More aan al die lede uit 'n lieflike Onrusrivier. Baie mooi dag hier vandag.  Chev Trailblazer in vir sy diens vandag. Hou maar duim vas dat dit nie 'n arm en 'n been kos nie.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 11/05/2022 - 09:47

Môre Kampforum gemeenskap geniet die klein Saterdag, braai 'n vleisie vannaand en gooi kole.

Die mense wat so lekker kamp, julle maak ons ander lelik jaloers, maar geniet dit en hou ons asb op hoogte van alles.yes

0
Brackenfell

HennieBo

Wed, 11/05/2022 - 10:05

Chev Trailblazer in vir sy diens vandag. Hou maar duim vas dat dit nie 'n arm en 'n been kos nie.

Myne so 2 weke terug laat diens maar was nog onder the "maintenance plan". Hulle wou my remblokkies voor vervang en vra my toe R5300. Ek het nee gesê en self gedoen vir R600. Net belaglik hoe agente jou wil befoeter.

Môre ook aan almal.

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 11/05/2022 - 10:33

Môre Servaas

Ek hoop nie jou Chev kort nou 'n diens omdat dit my Kavango moes wegsleep nie. Die ding was mos nie swaar gelaai nielaugh

0

Lekker lag ek nou Wessel. Neewat , ek het mos darem nie vêr gesleep nie.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 12/05/2022 - 06:49

Môre menere, geniet die dag en wees veilig.

Hennie, dit is absoluut belaglik. Hulle wou seker nuwe wiel dromme ook on sitsurprise

Hulle wou my remblokkies voor vervang en vra my toe R5300. Ek het nee gesê en self gedoen vir R600. Net belaglik hoe agente jou wil befoeter.

My kar is nou ook uit sy waarborg en diensplan, ek sal dus nou hier in Vanderbijl 'n ordentlike diesel werktuigkundige moet soek voor Desember as my kar weer (op tyd) gediens moet word.

Ek doen minder as die vereiste 15 000 kilos per jaar en moet dus elke 12 maande laat diens. Dalk is dit ook sommer 'n bog storie en is 15000 km die pad om te vat vir die toekoms?

Kan nie sien hoekom op tyd eerder as afstand af gelê te diens nie.

0

More almal. Chev se "major" diens beloop toe R4 600.00 (BTW ingesluit) Ek dink nie dit is te sleg nie. Volgende een sal weer goedkoper wees.  Lekker dag vir almal.

0
Brackenfell

HennieBo

Thu, 12/05/2022 - 11:19

More almal. Chev se "major" diens beloop toe R4 600.00 (BTW ingesluit) Ek dink nie dit is te sleg nie. Volgende een sal weer goedkoper wees. 

Servaas, hoeveel km diens was dit. Watse model ry jy? 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 12/05/2022 - 12:45

Nou is die bek Dr. vir eers klaar met my.

Johann, ek het nog nooit die jaar ding gedoen nie want ek het nog altyd onder diens plan meer as die intervalle gery.  Verstaan ook nie die jaarlikse ding nie.

Dalk is dit ook sommer 'n bog storie en is 15000 km die pad om te vat vir die toekoms?

Kan nie sien hoekom op tyd eerder as afstand af gelê te diens nie.

 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 12/05/2022 - 13:20

Willem, met die dat my kar nou uit sy waarborg en diensplan is, gaan ek ook net elke 15 KM laat diens, dit gaan 'n groot besparing gee, ook die feit dat ek nie meer agente gaan gebruik nie.

0

Servaas, dankie. Ek het dieselfde model en myne nou eers 76000km gedoen. Dit was egter my laaste diens aangesien en nie 90000km sal bereik voor Nov nie. Dan is my 5 jaar waarborg en diensplan ook verstreke.

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Thu, 12/05/2022 - 17:47

Johann, nee. Dit is nie n bogstorie nie. Dit het te doene met jou olie. Gaan lees op van die hoeveelheid vog wat in die olie kom agv kondensasie binne die enjin etc, en dit is baie sleg vir die smering oa. So ruil minstens die enjin olie en filter jaarliks.Olie is goedkoop.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 12/05/2022 - 21:39

Dankie Herman, ek glo 'n "oil change" met filters sal voldoende wees, dit kan ek self doen, maar sal tog elke 15 000 km die kar laat diens sodat ek die boekie op datum kan hou.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Fri, 13/05/2022 - 09:36

Ek bly maar by die voorgeskrewe diens intervalle meestal in my geval ook maar jaarliks eerder as op afstand gebaseer. Olie gaan agteruit oor tyd sowel as deur gebruik, veral brandstof gasse wat oor tyd maar tot 'n suur aanleiding gee wat sleg is vir die enjin - as mesn die dienstyd wil rek, belê minstens in die beste (vol sintetiese olie) wat jy kan kry. Dan ook word tydens dienste darem ook na ding gekyk soos rubber pype, waaier bande, ens. Dit gesê, die ding met remblokkies wat "slegs nog 20% lewe oor het" is een van die bekende truuks om jou te laat geld uitgee....as 'n reël gaan ek die goed self na voor ek my voertuie inboek vir 'n diens...een interessante truuk wat ek ervaar het is dat werkswinkels lief is om die agterste remblokkies se oorblywende lewe te gebruik, wetende dat meeste kliënte nie tegnies veel weet nie en nie besef dat die goed baie lank hou en selfs nuut slegs sowat 8mm of so se wrywingsmateriaal het teenoor die voorstes wat nuut rondom 15 of 20mm is...dus maklik om jou te bel met die storie dat jou agterste blokkies reeds op 4mm is en byna klaar is meneer (terwyl hulle inderwaarheid slegs 50% verweer is!). In my jonger dae altyd self gediens maar die lyf is nie meer te goed met rondkruip onder 'n voertuig nie....en ook nie meer lus daarvoor nie!

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Fri, 13/05/2022 - 09:42

Praat so van agterste rem blokkies. Die Landy het nog die oorspronklike remblokkies  van 2000 in terwyl die voorste remskywe al vervang is, en vele blokkies.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus