Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Geert ... Braai met 'n Weber Chris Boucher -3 hours ago
Smokey Joe Braai met 'n Weber Geert -13 hours ago
Tyd tot Junie'27..... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -23 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 day ago
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -1 day ago
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 day ago

Die Weer

Profile picture for user JanBike
Submitted by JanBike on
Forums

Ek en my broer beplan so n mini toer na Oos Transvaal. Ons besoek Swadini, Merry Pebbles, en Badplaas. Ons gaan Mei maand. Hoe koud is dit daai tyd van die jaar? Wil weet of ons vir winter en somer moet pak.

Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Mon, 17/04/2017 - 21:01

JanBike ek gaan nou so bietjie spekuleer, want ek ken nie die area so goed nie.  Ek sal se, in die dag gaan jy nie koud kry nie, maar dit kan dalk so bietjie koelerig raak in die aand en vroeg oggend.    

Ek glo nie winter klere is nodig nie, maar 'n warm dingetjie vir die bo-lyf kan handig wees.  Mens moet maar altyd voorberied wees en seker een stel warm klere byderhand he.

Ek was 3 jaar gelede gedurende Mei in daardie omgewing en dit was kortbroek en sandale heel dag lank, net 'n baadjie so in die aande se kant aangetrek.

Julle moet dit geniet!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus