So die tyd het aan gebreek dat ek n nuwe avontuur in 2023 wil aandurf.
Ek wil die Hilux vat met die Caravan Canopy en net die pad vat, stop wanneer dit donker word en dan vir n week op n plek staan, my tydsgreep is vir so 2-3 maande, so wil ek dan begin by Port Nolloth en al die pad rondom werk tot by die kaap punt en dan suid kus en noord kus doen en hier en daar n bietjie binneland toe beweeg om na snaaksighede te kyk en ook mooi gedeeltes van ons land.
Die Avontuur gaan oor om SA te verken, myself te vind en te leer ken op n nuwe vlak.
Daar is ook beplanning om dalk nie die Caravan Canopy te vat nie maar om eerder n boswa te kry of anders n "RV" Sal maar sien soos die tyd verloop wat die plan is rondom met wat ek gaan gebruik om mee te kamp!
So nou wil ek graag by die manne hoor wat reeds al so iets aangepak het of wat reeds lank staan op n plek, wanneer ek so iets gaan aanpak, waarna moet ek uitkyk, wat moet ek in ag neem, wat isdie kostes rondom so iets en is dit die moeitewerd.
Ek verstaan ons bly in SA maar wil ook weet, kan n persoon die kans vat om nie altyd in Kampgronde te slaap nie maar sommer daar waar die die pad mens lei en kamp op te slaan, natuurlik met toestemming van die boer of owerheid in die omgewing ( enige plekke wat julle kan aanbeveel)
Ook sal die voertuig waarmee ek gaan toer, ingerig wees met genoeg water, krag en skiet yster gaan saam.
Wat is julle gevoel rondom so iets, vat ek n kans, of is dit doenbaar.
Ek hoor graag van julle
Al wat ek kan meld uit my…
Al wat ek kan meld uit my ondervinding, toer so lig en simplisties as moontlik, nog meer spartaans as daar nie n vrou by is nie.
Vat min klere, gebruik n seelbare bak om jou klere in te was terwyl jy ry, vat n ligte selfopslaan tent, pomp matras, klein stoeltjie met n tafel om op te werk, klein opvoubares, toeklap rooster met een pot, nr 3 Cadac met sy plaatjie ens.
Dink aan diesel wat duur is.
Verder stem ek met Wessel saam, veiligheid en gesonde verstand loop hand aan hand.
Het jy nou al besluit op jou…
Het jy nou al besluit op jou dinge, my trip begin 31 Augustus, jy lewe eenkeer, gaan groot!
Ai dit is mos die manier hoe…
Ai dit is mos die manier hoe om dit te doen. Besluit die oggend watter rigting jy wil inslaan en vat die dag soos dit kom! Ek en my gesin doen mos ook so een maal per jaar. Dit help darem om so bietjie navorsing voor die tyd te doen en om te weet van moontlike plekke om te besoek en te oornag. Ek sien uit om meer te lees en sien van hierdie lekker trip!
Bygenoem; een ding wat…
Bygenoem; een ding wat lekker is vir sulke trippies is 'n lekker groot oopvou kaart van Suid Afrika en buurlande - dit is darem lekker om daardie kaart oop te vou oor jou Mahindra se bonnet om dinge in perspektief te sien. Die klein selfoon skermpies is OK vir navigasie, maar die groot ou papier kaart werk lekker vir beplanning en laat 'n man voel dat jy toer ![]()
Lekker ou kaart
Jis Anton, praat jy darem nou so na 'n pensioenaris se hart. Niks kom by 'n goeie padkaart nie. Fantastiese ondersteuning vir huiswerk doen, en om GPS soms te ignoreer.
So sukkel ek my blaker af om deur George en Oudshoorn met GPS te kom. Terug by die huis blaai ek deur my padkaartboek, net om pragtige stadskaarte van die 2 plekke te kry.
Ek het so groot kaart van…
Ek het so groot kaart van suidelike Afrika teen my mancave se muur en elke nou en dan beloer ek daai outjie om my wunderlust te kalmeer.
Nog nie heeltemal nie
Ek het die gedagte nou al vir n geruime tyd in my kop, omdat ek hou van beplanning is dit lekker maar ek wil nie n vaste roete of tydsgreep hê nie, as ek vandag voel ek wil eerder noord ry in plaas wes dan maak ek so!
Die trippie gaan oor om ons land te sien al die mooi natuur tonele wat mens gewoonlik op die TV of internet sien om dit vir myself te gaan kyk.
Om mense te ontmoet, na hulle stories te gaan sit en luister en kennis te maak met ons land en sy mense, om te ry daar na Norbert toe en sy blad te gaan skud.
Om volledig ingerig te wees met kameras, drones en alles om na tipe van gids bymekaar te slaan en vir vriende te gee om te gebruik as verwysing.
Beplan ook om elke week soos voetspore dit op Youtube te laai.
Maar die belangrikste is om net myself te wees en die lewe te geniet. Nie omgee oor wat agter is nie maar wat vorentoe voor my lê.
Ja gaan moeilik wees om my ouers en suster hulle vir 3 maande nie te sien nie maar ek moet die vir my doen anders gaan ek heeltyd wonder daaroor.
Frikadel, wat is jou beplanning en vir hoe lank en waar, het jy die selfde idee of gaan jy eerder op 1 of 2 plekke net lank staan?
Ander tipe vraag vir my Roadtrip 2023
So begin ek toe videos kyk van boondocking doen en hulle is nie gepla om vir 4-6 dae nie te stort nie, ag nee sies man!
Nou dink ek, ek het die Caravan canopy op die Hilux en kan orals inkom met hom waar ek wil wees maar daar is n probleem of twee met die opstel, daar is nie n stort in die canopy nie, die deur moet oop wees om die kombuis te gebruik, die awning moet opgeslaan wees om kombuis te gebruik as dit reen.
Nou vra ek myself, moet ek nie vir my n boswa laat bou soos ek hom graag wil hê nie, sommer met kombuis, stort en toilet in die wa?
Het n bietjie gaan kyk na die Iveco discoverer 6 wat alles in het soos ek sal verkies maar teen R2mil, dan moet ek verseker permanent op verlof gaan.
Wat is julle voorstel met die Caravan canopy wat ek reeds het, wat sal julle eerder aan hom verander, hy het n Porta potty in maar sal sekerlik net gebruik vir n nr 1 op n reënerige of super koue aand, want om uit n kanopie uit te klim as dit reen om toilet toe te gaan is ook nie lekker nie, moet ek dalk net n solar shower of gas geyser laat installeer met konneksies buite vir n stort met n popup cubicle om in te stort?
My roete en die vele voorstelle wat ek gekry het oor veiligheid, het ek besluit om eerder in kamp terreine te oornag.
My roete is redelik uit gewerk en sal later dit hier plaas, maar tans is die roete noord wes van die N1 en het nog nie eers aan die oos Kaap, noord en suid kus geraak met n roete nie.
Hoor graag van julle rondom my setup!
Maar as jy in kampterreine…
Maar as jy in kampterreine gaan oornag het jy mos nie die (ingewikkelde) ingeboude stort ens nodig nie?
Ek het my stortsak slegs gebruik met die "remote" kampering by Noup in die begin van die jaar. Die res van die tyd het ek maar in die kempterreine se ablusies gestort. Met die remote was daar inelkgeval nie mense naby nie en dus was 'n "shower cubicle" ook nie nodig nie...
Ek het wel met 'n swembroek aan gestort en was, want dit voel maar vreemd om so 100% naak in die ooptes te wees - dit voel altyd of daar iewers oë op 'n mens is - seker maar die naakdheid wat Adam ook aangevoel het?
Voor jy laat bou.....
Môre Josef
.....kyk eers mooi wat reeds in die mark beskikbaar is.
Ek vermoed egter dat mens nooit alles binnekant kan kry nie. Deesdae gaan die kombuis/kosmaak deel meestal buite wees, al is die stort en toilet binne.
Imagine Trailvan
Josef Willem
Dis nou ‘n lekker toer wat jy beplan! As jy elke dag skuif na ‘n nuwe plek maak die huis op jou bakkie se rug sin. As jy egter langer staan op elke plek weet ek nie. Mens wil darem ‘n afdakkie hê om onder te kook en te sit, en as jy pak moet op- en afslaan raak dit ‘n pyn.
Jy moet bietjie na die Imagine Trailvan of Comfortvan kyk. Hulle is lekker lig maar goed toegerus. Ek het die Kavango en Comfortvan op my kortlys gehad toe ek wou koop, maar kon nie ‘n 4-slaper Comfortvan kry nie en het ‘n lekker Kavango gekry. Ek was nog nooit spyt nie, maar die Comfortvan weeg droog amper helfte soveel as die Kavango.
sleep of abba....
Hello Josef
Jy is nou by die spreekwoordelike kruising, en moet jy oorweeg;
1] inrig vir abba, soos huisie agterop trokkie. Daar is mooi modelle by Echo en Bushlapa beskikbaar.
2] sleep, soos in kleinerige bos-of woonwa agter die trokkie
3] of kan jy bekostig om beide voorafgaande keuses daar te stel en aan te hou vir gebruik na behoefte.
Soos onse neef Herman eenkeer my mooi tereggewys het, waar jy 'n 4x4 benodig om te ry, wil/kan mens eintlik nie meer 'n wa agterna sleep nie. Dink baie mooi oor jou toekomstige kampeer behoefte.
Ek het terwyl ek moes platlê, weer na beskikbare kampeer waens gekyk, soos Bush lapa, Echo, Afrispoor, Gecko, Infanta, Conquerors selfs die grondpad waens soos die Sprites, Okto's ensovoorts.
Ek kon nie een vind wat "alles" tot kombuis/kook gedeelte binne het nie. Ek het ook tot die slotsom gekom, dat weinig van die genoemde waens my kan bied, wat ek in my Echo Kavango reeds het nie. Die grootste pluspunt is dat dit reeds betaal is. Ja, daar is negatiewe punte, soos tentpenne
, oopmaak en oprol van sytent, maar almal het buite kombuise wat 'n dakkie benodig.
Roete sover
Omdat die besigheid effens stil is in Mei, Junie en Julie wil ek die toer aanpak in die winter maande, so hier volg die dorpe soos ek hom tans beplan het:
Vaalwater, Kroonstad, Hoopstad, Hertzogville, Boshof, Bloemfontein.
Bloemfontein, Fauresmith, Koffiefontein, hopetown, Douglas, Prieska.
Prieska, Van Wyksvlei, Carnarvon, Loxton, Frasersburg, Sutherland.
Sutherland, Tankwa, Ceres, Citrusdal, Malmesbury, Paternoster.
Paternoster, Strandfontein, Lutzville, Clanwilliam, Calvinia, Loeriesfontein.
Bitterfontein, Delwerskamp, Kamieskroon, Namaqua NP, Kleinsee, Port Nolloth.
Port Nolloth, Kuboes, Vioolsdrif, Steinkopf, Pella, Pofadder,Kenhardt, Groblershoop.
Griquatown, Postmasburg, Kuruman, Zeerust, Rustenburg, Thabazimbi, Vaalwater.





Dink mooi aan...
Hello Josef
.... ek gaan die insette en kommentare fyn dophou. Dit gaan wys wie is waaghalsig en wie is konserwatief in denke.
Ek plaas veiligheid hoog op prioriteitslys, dus sal ek nie net kampeer waar dit donker word nie. Op 'n plaaswerf is sekerlik veilig, maar om soos Voetspore sommer net kamp te maak, aikona, veral as jy manalleen is.
Toestemming van owerheid---- is gelyk aan om hulle te vertel waar hulle kan kom roof en moor.
Tweedens, dink mooi oor wat jy wil doen as jy byvoorbeeld 5dae oorstaan. Gaan jy jou voertuig wil gebruik in daardie tyd, dan raak daktent op/af-slaan 'n taak/beslommernis. As jou caravan canopy die voordeel het van stop, deur oopmaak en jy kan kampeer, is dit die ding vir jou toer.