Die vaksnsie het ek gesien die battery wys nie meer groen in daai ogie nie, ook nie rooi nie en die karavaan se meter wys hy is vol. Toe op 'n stadium moes ek die karavaan meer as gewoonlik met die movers ry as normaal en daar is die battery pap.
Vat hom toe vandag in na Battery Centre om te toets. Hy wys hy is vol op 13.5v, die ou toets hom en sê sy oemf is maar op so 10A.
'n Nuwe een se prys is R 1,900 so nou soek ek rond vir beter prys op 'n 102A/H.
As ek hom vinnig onder die dak kry doen hy dit nog.
Exclusive diens
Len, behalwe vir 'n kenners deurkyk, was daar baie dinge wat aandag/verstelling benodig het??
Jou wa het omtrent nie beweeg van sy vorige diens, wildtuin tog nie. Ek vermoed jy kan die diens 'n "gemoedsrus" diens noem
E
Wessel, .................
............as my wa nie vir twee jaar botstil gestaan het nie, sou ek nie die diens laat doen het nie. Al vier wiele se laers is weer met ghries gepak en was eintlik onnodig, maar ek sou nie geweet het nie as daar nie na gekyk is nie.
Ek het voorheen 'n kraak op die A-raam gehad wat Pine destyds met 'n bykomende plaat versterk het. Ek het ook gevra vir 'n ondersoek na moontlike nog krake wat daar gelukkig nie was nie.
Dit was beslis 'n gemoedsrus-diens.
Diens
..as my wa nie vir twee jaar botstil gestaan het nie, sou ek nie die diens laat doen het nie
Ek dink ook n karavaan wat lank staan is geneig om meer aandag nodig te kry as n wa wat maandeliks gebruik word. Ek het dit onlangs gesien waar my karavaan net vir 3 maande gestaan het....klein goedjies, maar glo nie dit sou daar wees as dit meer in gebruik was nie
Wat kos so ‘n diens Oom Len?
Pine Joubert (West Cape Caravan Fitment Centre) vir 'n onderstel en "mover"-diens.
Die Kavango het weliswaar nie skuiwers nie, maar ‘n onderstel inspeksie en inspeksie van die A-raam, sleepstang en koppelstuk vir metaal uitputting en moontlike krake as gevolg daarvan sal nie skade doen nie.
Jurgie staan ook nou 2 jaar…
Jurgie staan ook nou 2 jaar. Laaste karavaankamp was die Herfsblaar saamtrek. Die battery wat ek oor gekla het wat sommer so skielik opdroog, is bes moontlik 5 jaar + oud.
Lithium battery
Ek lees nounet van die brand by Steve biko hospitaal, blykbaar begin in die Li-batterye bank.
Dit wil voorkom of mens maar versigtig moet wees vir die Lithium batterye, mens lees gereeld van gevalle waar dit aan ontstaan van brande gekoppel word.
Wat my pla is dat byvoorbeeld die 48V hibriede van Hilux en Prado, sit die batterye onder die sitplekke. ek sal moet gaan oplees, maar na bewering gee Lithium wat brand toksiese gas af.
Dit is welbekend dat Li-ion…
Dit is welbekend dat Li-ion batterye onder sekere omstandighede 'n ernstige brandgevaar inhou. Dit het duidelik begin word 'n klompie jare terug toe 'n Boeing 787 se Li-ion batterye pas na die vlug se aankoms in die VSA vanaf Japan skielik begin brand het - wat kommerwekkend was is die feit dat die spesifieke brand ontstaan het nadat die vliegtuig reeds geparkeer was en skoonmakers besig was met die skoonmaak van die kajuit. Agv hiervan was 787's ook dan vir 'n ruk verbied om te vlieg (sluit 'n artikel in wat die oorsaak tegnies bespreek vir diegene wat belangstel)
file:///C:/Users/u02374390/Downloads/energies-06-04682.pdf
Sedertdien was daar heelwat ander voorvalle waar bv skootrekenaars en selfone skielik begin brand het (onlangs ook 'n geval in die VSA waar iemand se selfoon tydens die vlug begin brand het). Die plaaslike mynbedryf is besig om vinnig in die rigting van meganisasie te beweeg waar heelwat ondergrondse toerusting deur batterye aangedryf word...loodsuur batterye word geredelik aanvaar maar Li-ion glad nie, juis vanweë die brandgevaar (nie 'n goeie kombinasie waat daar 'n moontlikheid van metaangas bestaan nie!). Loodsuur is ongelukkig swaar, groot en het nie 'n wonderlike energie digtheid nie. Die alternatief wat tans aanvaar word is LiFePO4 oftewel Li Yster Fosfaat, hulle hou boonop sowat 5x langer en kan nie oorverhit en aan die brand slaan nie, maar hulle kos meer. ongelukkig ook 'n swakker energie digtheid. Wat hibriede (en elektriese) voertuie aanbetref baie vervaardigers NiMH tegnologie, met party wat blykbaar wel Li-ion gebruik...ek het erens raakgelees dat elektries/hibriede voertuie wat Li-ion batterye gebruik se waarskynlikheid om aan die brand te raak 2x die van petrol voertuie is....dalk 'n goeie idee om nie te haastig iets met Li-ion batterye te koop nie!





My Exclusive is pas vanoggend..............
............terug van Pine Joubert (West Cape Caravan Fitment Centre) vir 'n onderstel en "mover"-diens. My 100Ah Deltec High Cycle battery het my begin bekommer omdat ek nie komende Wildtuin-vakansie met my broek (battery ?) op die knieë gevang wil word nie. Pine reken die battery se "cranking" is nog op 86 % en hoef beslis nie nou vervang te word nie. Ek het self ook die "mover" vanoggend gebruik om die wa vanuit die straat tot binne-in sy motorhuis terug te kry, probleemvry.