Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lapskag dit is foto's wat ek… Uitsig Agri Voortrekker -35 minutes ago
Baie mooi fotos Anton,… Uitsig Agri Lapskag -50 minutes ago
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -3 hours ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -8 hours ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -9 hours ago
Chris B... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -9 hours ago

Probleme met molle

Durban
Submitted by dassie on
Forums

Mens het ek nou probleme met molle .Die goed tonnel onder my gras en huis dat ek bang is eendag sak alles in daai tonnels in.Ek het so klein groente tuintjie maar die molle oes meer as ek .Die dag toe ek sien my laaste ou worteltjie sak so af in die grond toe "strip" ek my moer .Omdat ek baie lief is vir diertjies wil ek hulle nie dood maak nie en ek soek op die internet vir iemand wat hulle lewendig sal vang en verwyder .So antwoord n ou op my versoek en hy daag die Maandag op met n "lorrie" met so moerse kontrepsie op wat lyk soos n industriele stofsuier .Hy laat ook nie op hom wag nie en steek daai pyp in 1 van die mol gatte in en toe hy daai masjien opstart toe weet ek hier word vandag molle met hulle "furniture" en "all brand " graanvlokkies opgesuig .Hulle trek teen so 90 myl per uur deur daai pyp en dan met n slag beland hulle in die vang  tenk dat hulle voortande kraak .Ek vra die man Kry hulle nie seer as hulle so teen die wand van die tenk bots .Jaaaa  se die ou hulle tel wel breinskade op maar hulle is nie dood nie laugh Nou vra ek hom En wat maak jy met die molle .Se die man Ek vat hulle so paar blokke van hier af en laat hulle vry en dan so oor n maand begin ek weer oes van daai kant af

Centurion

Dusty

Mon, 27/11/2017 - 05:34

Laat my dink aan iemand wat ook probleme met een mol gehad het. Na baie probeer kere het hy hom uiteindelik gevang. Sit hy so en kyk vir die mol en sê vir die mol. 

"Jy het my vreeslik baie probleme en ergenis gegee. Vir jou gaan ek hard straf, ek gaan jou lewendig begrawe."

0
Centurion

Voortrekker

Mon, 27/11/2017 - 09:14

Toe ek die opskrif sien dog ek iemand sukkel met Koos Mol?

Hoekom?  Is hulle dan bekend daarvoor om moeilikheidmakers te wees?

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 27/11/2017 - 10:22

Daai Molle is oppad Kaap toe  -  maak seker eers water bymekaar !

Molle in jou tuin is nog aanvaarbaar, maar boetie, as hulle hier van onder jou tent/rally se grondnet begin stoot, dan is dit 'n gemors !  Jy kan eintlik niks doen om die wettertjies by te kom nie !

0
Port Elizabeth

Frieps

Tue, 28/11/2017 - 08:18

Toe ek die opskrif sien, het my nekhare sommer vanself gerys.  Van probleme met molle kan jy my niks vertel nie.   Ons het vir 3 jaar elke oggend molshope in ons tuin gehad, later sommer tussen die bakstene.   Die grasperk het soos 'n slagveld begin lyk, die plaveisel het op plekke begin sak.   Ek het my voorgestel dat ons huis inmekaar gaan sak oor al die tonnels wat daaronder moet wees.

Ons het baie rate probeer.  Verskillende goed in die gate ingegooi.  Daar was selfs eendag 'n klein ontploffing uit een van die gate.  Maar die molle het gebly!   'n Masjientjie wat jy in die grond indruk en 'n sein afgee, het dit minder gemaak maar die molle het gebly!

Uiteindelik het hul opgehou en ons vermoed dit is omdat die grond hard is a.g.v. die droogte.   Ek stem saam met Len, jy kan niks doen om van die bliksempies ontslae te raak nie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus