Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lekker gelag, Geert,... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Goeie Hout ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Laaste probeerslag - dit lol Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -3 hours ago
Lodge gedeelte Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -3 hours ago
Kleedkamers en opwas Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -3 hours ago
Dek vir almal se gebruik Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -4 hours ago

Tee en Koffie

Centurion
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more.

Die eerste dag van die laaste maand van die jaar. 'n Jaar wat amper veby gevlieg het.

Tee gemaak en die koffie is aan die gang. Die wat koffie en tee gaan drink geniet dit.

Lekker dag vir elkeen. die wat gaan kamp moet dit voluit geniet en veilig ry. So ook die tuisblyers soos ek.

Vereeniging

Harry Du Randt

Fri, 01/12/2017 - 05:46

More more

Dankie ek kry

Kan nie glo die jaar het sy gaai gesien nie.

Moet sê die jaar was n goeie jaar vir my besigheid. Beste een in 25 jaar. Danksy Eskom. 

Vir my is dit n werks Desember.

Mag julle almal julle feestyd geniet en veilig ry die wat weg gaan.

 

0
Centurion

Voortrekker

Fri, 01/12/2017 - 06:15

Goeie more!

Ja dit is 1 Desember en die kersliggies flikker!

Julle moet almal 'n jollige maand he yessmiley

0
Secunda

Sleep nou

Fri, 01/12/2017 - 07:29

Koffie loop soos stroop blybaar 40mm reen gehad in Secunda hier by Eiland temp deur die dag 36 -38 c lekke dag vir almal

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 01/12/2017 - 07:36

More almal op 1 Desember, dankie tee was lekker.

Harry, ons is dankbaar dat jy daai groot kontrak gekry het?

Shaun, geniet Eiland,  glo jou ma was lekker bederf gister. 

Waar is Dusty vanoggend, more Dusty?

0
Centurion

Voortrekker

Fri, 01/12/2017 - 07:46

Waar is Dusty vanoggend, more Dusty?

Dusty het hierdie nuwe 1 Des Koffie draad vanoggend begin.

More Johannsmiley

Sleep nou julle moet lekker bak in daai hitte!

0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 01/12/2017 - 07:55

Almal is lekker wakker vanoggend!   

Ja, Desember het aangebreek.  Tyd vir familie en baie eet.   En vir derduisende, lekker kamp.  Dink nou net daaraan, met al die karavaanparke in die land wat die tyd van die jaar redelik beset is, hoeveel kampeerders daar  is die tyd.   Dit wys mos ons is deel van 'n baie groot en vername groep mense.

Nouja, boonop is dit Vrydag vandag, die naweek is hier.  Mag julle almal 'n baie lekker dag geniet.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 01/12/2017 - 08:56

Môre sê

Dankie, die 2de koppie troos was heerlik.

Geniet julle dag in vrede.

0
Centurion

Voortrekker

Sat, 02/12/2017 - 06:01

Goeiemore mensdom.

Ons het geen reen gehad hier laas nag nie. 

Lekker Saterdag vir almal.

Stoffel, my tuin is net 5 x 5 m smiley

0
Centurion

Dusty

Sat, 02/12/2017 - 06:20

Anton, my tuin is heelwat groter as 5x5. Dit neem my n uur net om die gras te sny. Dan kom die beddings se skoonmaak ook nog by.

Vandag moet ek nog my kleinkind se kamer uitverf. Het n gedeelte van my TV kamer af geskort met "dry wall" om vir haar n kamer te maak. Die dag is te kort om alles in te pas. Sal maar sien hoe vêr ek vandag kom

0
Port Elizabeth

Frieps

Sat, 02/12/2017 - 07:49

More almal wat kom lees.

Ek hoop almal het 'n baie lekker Saterdag en ek hoop die Bokke wen vanmiddag.  Dit lyk of die kanse goed is dat Allistair Coetzee die "boot" gaan kry na die reeks.

Ek wil net op die draad ook sê, ek het 'n boodskap gestuur aan Admin van Caravan Parks en versoek dat al my insette op DK se draad verwyder word.   Ongelukkig, dink ek, sal hul dit eers Maandag sien.

Geniet jul naweek.

0
Vaalpark

Johann L

Sat, 02/12/2017 - 09:32

More, more vanuit 'n heerlike nat Vaalpark, dit reen aan en af nog die heek week, HEERLIK.

Tee was heel kekker vanoggend, my vrou het dit gemaak?

Stoffel, jy moet die tuin netjies kry, amper kersfeees?, heng, ek sit met 'n 1500vk meter om te versorg (dit sluit darem die huis in).

Julle moet 'n lekker naweek geniet, en onthou om vannaand ba Noddy te luister.

 

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 02/12/2017 - 09:39

Dagsê mense !  -  uit 'n kurk-droë Brackenfell, maar daar is so 'n klein wolkie in die tonnel dat ons dalk môre so 'n "splash" kan kry.

Freda, jou insette op CP was in die kol en dit sal jammer wees as CP dit gaan verwyder. Moenie vergeet nie, "don't sweat the small stuff ".

Lekker dag aan almal wat op Kampforum saam gesels, uitgesluit dié wat net lees !

0
Centurion

Voortrekker

Sat, 02/12/2017 - 09:46

Dagsê mense !  -  uit 'n kurk-droë Brackenfell

Dagse Len.

PS.   Ek hoop jy weet dat ek jou Water Tenk draad na die Humanitêr en Omgewing forum geskuif het?

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 02/12/2017 - 10:34

Môre sê

Koffie was heerlik, 

Freda, hoekom het jy gevra dat jou insette verwyder word ?

Geniet julle dag in vrede.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus