Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
losstaande raam... Hoe maak ek my ou rally tent… Wessel Strydom -5 hours ago
Neef Herman Braai met 'n Weber Geert -5 hours ago
Vordering met die Triber se Kamp-aanpassings Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -6 hours ago
Uit 'n ander hoek Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -6 hours ago
Dis hoe die rallytent twee… Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -6 hours ago
Triber se dakspore is baie swak Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -6 hours ago

Tee en Koffie

Centurion
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more.

Die eerste dag van die laaste maand van die jaar. 'n Jaar wat amper veby gevlieg het.

Tee gemaak en die koffie is aan die gang. Die wat koffie en tee gaan drink geniet dit.

Lekker dag vir elkeen. die wat gaan kamp moet dit voluit geniet en veilig ry. So ook die tuisblyers soos ek.

Secunda

Sleep nou

Thu, 14/12/2017 - 19:11

Dankie julle ek was by klein sakke hof gewees na ek regsadvies in gewin het dis nie lekke nie maar ja lewe gaan aan  

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Fri, 15/12/2017 - 05:54

More more.

50% van my staff is nou op verlof. Gelukkig is 50% nog hier. He He

Die baas is ook weg, nou is die grootbaas weer baas He He

Geniet julle dag

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Fri, 15/12/2017 - 05:59

Wil net goeie raad uitdeel.

Gebruik veiligheids bril as jy met gereedskap werk.

Het n gat in staal geboor en yster het in my oog beland. R1000.00 gekos om uit te laat haal.

Nou sien ek alles dubbel,  behalwe my bank rekening.

Sit agter die rekenaar met n sonbril oor die "glare" Seker die naaste wat ek aan vakansie gaan kom. He He

 

0
Centurion

Voortrekker

Fri, 15/12/2017 - 06:41

Goeie more mensdom.  More Harry, dankie vir die raad. Jy behoort darem 2 Hiluxe ook te sien? smiley​​​​​​

More Deon.  More Dassie jy moet lekker lag vir ons ge-groetery.

Lekker dag vir almal en vir diegene wat met verlof gaan moet dit geniet en veilig wees! 

0
Secunda

Sleep nou

Fri, 15/12/2017 - 06:48

Geniet die dag dis naweek ander kamp al reeds gaan groot en geniet die koffie hy loop soos stroop

0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 15/12/2017 - 07:05

Ek wil net sê lekker, lekker aan almal wat vandag klaarmaak met werk.  Of julle nou by die huis bly of gaan kamp of iets anders doen, geniet dit en wees veilig.

Geniet jul Vrydag en die naweek wat voorlê.

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 15/12/2017 - 07:10

Goeie more mede lede, mag jul 'n awsome dag en naweek hê.

Harry, ja, ons almal is te lui om vir "klein" takies daai bril op te sit, sterkte met die oog. 

O ja, dankie, die tee het lekker af gegaan. 

0

More al die lede wat dit gemaak het deur die nag dis Vrydag en Nou gaan ons braai .

Harry onthou die brille jy het nie spares vir daai ogge nie

Freda onthou die Vrydag grappie

Johann L Moenie jou medikasie vergeet nie

Sleep nou gries daai bearings

Voortrekkker Onthou Lolla se geskenk

Segekok Is dit nie tyd vir julle beurtkrag nie

Have a happy day

 

0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 15/12/2017 - 11:33

Ek sien jy sluip hier op die ander drade rond.   Weet nie of jy dalk iewers vertel het hoe dit gaan daar by Hartenbos en ek dit net nie raak gesien het nie.

Is julle ge-settle en kamp julle lekker daar by Hartenbos?

0
Centurion

Voortrekker

Fri, 15/12/2017 - 11:50

Weet nie of jy dalk iewers vertel

Freda ek dink Willem doen die eerbaarlike ding deur ons nie te jaloers te probeer maak nie, daarom hoor en sien ons niks smiley

0
Vaalpark

Johann L

Sat, 16/12/2017 - 06:12

Goeie more mense, tee was lekker dankie, die koffiepot stoom, vir wie kan ek skink?

Mag julle 'n vreugde volle Gelofte dag,  met baie koffie geniet, gooi kole.

0
Meyerton

Segekok

Sat, 16/12/2017 - 06:30

Môre Johann en al die ander.

 

FA Venter hetvin sy boek .. Bedoelde land n stukkie geskryf waar die hoof karakterene Rudolf met Sarel Cilliers gesels. Rudolf het gevra wat sal gebeur as die Boere  nie meer die gelofte gaan onderhou nie. Sarel Cilliers se antwoord was... "Dan sal die swartman werr oor die land regeer.." 

0
Port Elizabeth

Frieps

Sat, 16/12/2017 - 08:05

Ek hoop julle gaan almal 'n baie lekker dag hê.

Die son skyn in die Baai, 'n bietjie wind.  Vanaand is die offisiële "Opening of the season" by ons seefront.   Al vir baie jare 'n instelling.  Aanskakel van die liggies en vuurwerkvertoning.  Dit is 'n vertrapping van mense en 'n verkeer nagmerrie, so ons sit nooit meer ons voete daar nie.

Geniet julle naweek.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sat, 16/12/2017 - 11:28

Môre sê.

Freda, Anton is reg.  Ja ons is gesettle en rustig, vandag bewolk hier maar darm geen wind.  Ek is maar skaars oral behalwe hier in die kamp, vandag trek hie baie kampers in lyk of die vakansie nou eers begin hier.

Ons kamp.

Ons kamp.

Die res, Surette se broer hulle regs en haar suster hulle links.

 

0
Port Elizabeth

Frieps

Sat, 16/12/2017 - 12:40

Ek is seker verkeerd want Hartenbos is so groot.   Maar dit lyk vir my na staanplek 193 in die F-blok?

Geniet dit, hoop die weer bly lekker vir julle.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 16/12/2017 - 12:55

Goeie middag almal !

Gedeeltelike bewolkte dag hier by ons in Brackenfell met ongelukkig geen reën in die vooruitsig nie.

Willem, kyk ek reg, het julle hierdie keer nie die voltent opgeslaan nie ?

Waar staan julle ?

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus