Die DA munisipale raadslid vir die afgelope 11 jaar hier in ons kiesafdeling in Brackenfell het uit die DA bedank en aangesluit by die Cape Party. Dit het tot gevolg gehad dat ons 'n tussenverkiesing moes hou wat dan nou die afgelope Woensdag plaasgevind het.
Vir die slim ouens wat voorspellings van 'n nasionale aard waag op uitslae van tussenverkiesings, hier is ons uitslag van Woensdag se verkiesing hier by ons :-
- DA 2783 stemme
- Cape Party 731 stemme (ons Raadslid vir die afgelope 11 jaar verloor dus haar job)
- VF + 321 stemme
- ACDP 60 stemme
- EFF 6 stemme
- ANC 4 stemme
Interessant né ?
Ek het n vermoede dat ons…
Ek het n vermoede dat ons dalk n nuwe prez kan hê voor die einde van die jaar. As Ramaposa die wenner is gaan hy vir zuma uithaal soos wat zuma met Mbeki gemaak het.
Ons was net so benoud hier…
Ons was net so benoud hier in die Baai. Ons nuwe DA burgemeester het al baie positiewe dinge gedoen hier in die Baai sedert verlede jaar. Hy het sy onder-burgemeester afgedank wat 'n lid was van een van die alliansie partye. Toe was daar ook 'n mosie om Trollip te verwyder as burgemeester. Die stadsraadslede het Donderdag gestem. Die vir Trollip was 65 en teen 54. ANC raadslede alleen is 51.
Len, die rede hoekom die Cape Party die 2de meeste stemme gekry het, is seker oor die raadslid self? Van wanneer af bestaan die Cape Party en dink jy hul sal stemme wegvat van die DA in die toekoms?
Dlamini-Zuma is 'n stetk…
Dlamini-Zuma is 'n stetk kandidaat, maar ek dink SR sal 'n veel beter leier uit maak. Hier in die Vrystaat woel dit nogal vir Dlamini-Zuma.
Freda, die anc probeer op alle maniere van die DA ontslae raak, maar die mense se oë gaan oop.
Ek hoop net nie dat Dlamini…
Ek hoop net nie dat Dlamini inkom nie, ( Daar is nog n hele klomp ZUMA kinders ook wat dan in die ry sal kom staan.)
Dit kan dalk dan die selfde situasie afgee as in Zim..
Aan die ander kant daar is nog te veel mense wat baie tradisie vas is en nie n vrou as n leier wil hê nie.
Die winde van verandering
Ek sien nou dat die gewese ANC lid vrou Khosa se dat die manier wat n president vir die land verkies word is verkeerd .Ek voel ook dat as n President moet hy glad nie aan n politieke party behoort nie en neutraal wees .Ek watse nonsense is dit dat slegs n ANC kandidaat gekies word .
Dassie ek stem nogals met…
Dassie ek stem nogals met haar saam. Die ministers en adjunk ministers moet ook van n kortlys af aan gestel word. Bv. 5 name van mense wat tenminste iets weet van die ekonomie vir die minister van finansies. ens.
Maar daar is nerens in die werld n stelsel soos die wat ek aan dink nie. Ek gee nie om watter idologie die mense aanhang nie sogelank dit op n regverdige en vry systeem werk. Ook moet godsdien geen rol speel in politiek nie.
Dan ook moet daar stelsels in plek wees wat korupsie en nepotisme kan stop voor dit regtig begin.
Natuurlik ook n stelsel waar menseregte voorkeur geniet wat gekopel is aan wetsgehoorsaamheid. Dit is dus jou keuse of jy soos n mens of n kremineel behandel moet word, onderworpe aan n regstelsel wat werk waar almal gelyk is onder die reg... tot skuld bewys is.
Ek is bekommerd dat EFF 6…
Ek is bekommerd dat EFF 6 stemme gekry het en ANC sleg 4.
As hulle saamsmelt het hulle 10
Hier in Gauteng, as hulle saam smelt het hulle baie meer.
Dassie, wyle Staats…
Dassie, wyle Staats President CR Swart was so staats president, as ek reg onthou het wyle oom John Voster die eerste politieke staats president geword?
SA regering was eers, Eertse Minister (polities - hoof van die party en regering ) en staats president (nie-polities - hy was die staats hoof).
Deon, ek stem met meeste van jou punte saam.
Len die DA is baie sterk in die kaap, hulle is besig om hierby ons ook nou te groei ten koste van die anc. Ek sien dat COPE ook weer meer prominent begin optree?
Wat my egter bekommer, is die eff se groei hier rond. Hulle is absuluut belaglik en trek hoofsaaklik die oningeligte en ver ver linkse stemme.
'n Algemene ding lyk my deesdae, is om 'n dmv mosies van wantroue tweespalk te probeer kry, ons het gesien hoe Zuma hulle een vir een oorleef, maar, die skade is gedoen, gelukkig in die geval.
Freda..
Freda, ek dink die Cape Party het geen kans teen die DA nie. Dis bloot 'n partytjie wat net op plaaslike vlak hier in die Kaap meeding - dit sal nog soos mis voor die son verdwyn. Die bietjie "sukses" van die kandidaat was maar agter die persoon aan en nie agter die party nie.
Dit lyk of Dlamini-Zuma sterk steun uit die Noord-Wes Provinsie gekry het - sy is by verre hulle voorkeur kandidaat vir ANC president.
Wat die EFF en die SAKP betref, dink ek hulle kan nie veel van 'n duit maak om ooit aan beheer te kom nie :-
- 'n Positiewe gevolg van hulle onafhanklike bestaan is dat hulle die ANC se steun verbrokkel en geen skade aan die DA aanrig nie
- 'n Groot gevaar is as die EFF hul alliansie met die DA verbreek en 'n alliansie met die ANC aangaan. Dis slegs moontlik as Cyril Ramaposa verkies word.
Harry en Len - die EFF het…
Harry en Len - die EFF het vandag gesê hulle sal nooit saam die ANC werk nie al stem hulle nie saam met DA beleid nie en die stelling was dat die DA " the lesser evil" van die 2 is en nie "die mense se geld steel nie"
Daar is ver regse, en ver…
Daar is ver regse, en ver linkse partye, hulle laat my dink aan kêf hondjies wat die bus jaag, weet nie wat om daarmee te maak as hulle dit vang nie.
Meer ernstig, hulle is in werklikheid ook nodig, dit verswak die "te sterk" partye, en speel nogal 'n belangriker rol.
Is die Cape Party die ouens…
Is die Cape Party die ouens wat skree vir Kaapse onafhanklikheid?
Cape Party
Volgens Wikipedia :-
"The Cape Party (CAPE) is a political party in South Africa which seeks to use all constitutional and legal means to bring about independence for the Western Cape, Northern Cape (excluding two districts), six municipalities in the Eastern Cape, and one municipality in the Free State. The area includes all municipalities in ...The Cape Party (CAPE) is a political party in South Africa which seeks to use all constitutional and legal means to bring about independence for the Western Cape, Northern Cape (excluding two districts), six municipalities in the Eastern Cape, and one municipality in the Free State."
Hulle is al sedert 2007 aan die gang en word nie ernstig opgeneem deur Kapenaars nie. Baie Kapenaars weet nie eers van hulle bestaan nie !
En so baie gauteng inwoners…
En so baie gauteng inwoners verhuis kaap toe





Len, ons het ook Woensdag…
Len, ons het ook Woensdag hier tussenverkiesing moes hou, ons ou DA burgemeester het oor geloop na die anc. ???
Die dorps gebied het 77% DA gestem, Zamdela word betwis deur die SAKP, volgens hulle, wat byna geen stemme kon verwerf nie, was daar ongeruimdhede, wat blykgaar bewys is.
Dooies wat gestem het??, (volgens die register), mense wat meer as een keer gestem het, nou moet daar, vir daai wyk, 'n nuwe stem datum bepaal word om weer te stem???
Ons is vol vertroue dat die DA los hande gaan wen.
Ek sien ook in Johannesburg, dat die anc die uitvoerende Burgeneester met 'n mosie van wantroue probeer uithaal het, het misluk.??
Ek dink (persoonlike opinie) die skrif is aan die muur, die anc se dae van algehele oorheersing is verby.