So vetrek ons die 28 Nov 2017 vanaf Secunda na die Eiland om my ma se verjaarsdag te vier soos ons deur Dullstroom ry se ek vir Berdien dit gaan n warm naweek wees aangekom by Eiland so 16H00 en toe ingeboek by rondafel 60 heel luuks maar nie selfde as kamp nie. So 17H00 stap ons af swembad toe en die wat eiland ken sal weet daar is n temp meter wat temp aanwys by warm swembad temp wys toe 30 grade. Volgende dag 29 Nov ry ons deur Phalaborwa toe so verras ons my moeder op haar verjaardag vat haar Spur toe,eet toe ok daar vir die 6 mense van ons R935 later .Groet almal en so 13H00 sien ons temp in phallas 43. So stop ons weer by Eiland om 14H20 res van dag net sleg gewees. Saterdag was temp in phallas 48 grade en by eiland 39 kyk julle dit was warem maar lekke gewees Sondag oggend opgepak en terug huistoe. So die van julle wat nog nie by ATKV Eiland was nie gaan maak n draai baie lekke so baie om te doen en diere loop vrylik rond Haak daai wa sleep hom bosveld toe haak af en kamp n hond uit n bos by die Eiland. NB Fotos volg binnekort...

Dankie Sleep nou! Ek sien…
Dankie Sleep nou! Ek sien uit na die foto's! ![]()
Dis een plek waar ons ook nog 'n draai moet gaan maak.
Yster Anton
Dankie vir laai waardeur ek sal laai van fotos nog baas raak hou my dop. Jip dit bly n lekke wegbreek besteming innie winter maande is daar redelik baie kampers omrede die lekke dag temp jammer so baie fotos wat ons geneem het was so swak dat ek dit moes delite
Baie mooi fotos dankie…
Baie mooi fotos dankie Shaun?
Die laai is maklik op die forum.
Hier is 'n paar plekke in…
Hier is 'n paar plekke in die C blok.





Shaun, julle moet dit gaan…
Shaun, julle moet dit gaan geniet, Eiland bly maar 'n baie lekker oord👍
Dankie Johann , Willem
Dankie vir fotos Willem ja genoeg van Natalia bietjie Eiland se beurt
Ons het verlede jaar in Mei…
Ons het verlede jaar in Mei vir n week by E blok gestaan. Ons het die weer baie geniet en baie geswem maar dit was te kort gewees. Ons beplan dalk weer volgende jaar Mei vir 10 - 14 dae.
Shaun, het jy besluit geneem vir die datums ?
Noel gaan jou
Ons klok in die 2 Mei en dan 15 Mei is ons weer uit hoop om jou daar te kry , glo ook dis ons laaste kamp in tente vir n wyle ons wil volgende jaar caravan koop hier in Oktober maand
Dit sal lekker wees om julle…
Dit sal lekker wees om julle te ontmoet. Alles hang af of ek genoeg verlof het en daar is nog 2 wegbreke wat my verlof sal neem.
Sien Chris Bouncher klok ook op 15 Mei
Neol - Ek is groot van lyf,…
Neol - Ek is groot van lyf, maar darem nie 'n "Bouncher" nie😁😁.
Die beplanning is dat ons op 15 Junie by Eiland arriveer. 15 Mei sit ons nog knus in die wildtuin.
Gaan lekke wees
Chris ek sien ek gaan jou mis by eiland Noel ja ons sal nader aan die tyd vasmaak van staanplekke volgende jaar se bespreking maak 1 September oop vir die Eiland soos ek verstaan
Almal van daai in lekker…
Almal van daai in lekker groot staanplekke, ek staan weer op C26 wat ook groot is en C27 is ook groot ek daar ook al gestaan.
Ek hou van die C blok want jy is naby als maar ver genoeg om nie deel te wees van die gees by die swembad nie.
Eskuus Chris . Fotos van…
Eskuus Chris
.
Fotos van Willem help baie. Dankie Willem.
Shaun, C11 is n lekker staanplek. C13 is ook nice om nuwe voltent uit te toets maar koelte is maar min. Meimaand kan nog baie warm raak as die son bak.






Shaun, ek is bly julle het…
Shaun, ek is bly julle het die kuier geniet?
Wat ATKV Eiland betref, altyd 'n wenner, daar is so baie om te doen vir oud en jonk, heel jaar deur.
Klink my dit was effens warm daar?
Bly julle is veilig terug, hopelik lekker uit gerus, ons wag vir die fotos.