Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -9 hours ago
Bitterpan pad Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -9 hours ago
Brits diesel... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -9 hours ago
Foto laai Oktober 2026 saam gesels neef Herman -9 hours ago
Park kaart Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -9 hours ago
Johann.... Umfula Wessel Strydom -9 hours ago

Koop of daar nie ?

Secunda
Submitted by Sleep nou on
Forums

Ek kom gister so net voor een vannaf die werk en besluit om n paar dinge te kry vir ontbyd en feestyd soos ek die winkels invaar sien , hoor , ervaar ek mense koop of daar nie einde is nie. Eish mense Januarie kom wat n lang maand is hoe gemaak as daar nie geld is nie. Koop ons soms nie te vining (impulsief) en later is jy spyt daar oor nie. Gebruik jou geld die fees seisoen oordeel kundig en lewe in vrede die nuwe jaar

Port Elizabeth

Frieps

Sun, 24/12/2017 - 08:02

Dit is hoekom ek eerder wegbly van die winkels.   Dan hou jou geld baie langer!

Behalwe vir 'n paar geskenkies vir die 6 (!) kleinkinders, was ons enigste uitgawe die kos.  Die kinders betaal darem ook 'n deel.

Ek het nog altyd geglo, as jy vooraf weet jy gaan geld spandeer, hetsy op 'n vakansie of Kersfees, moet jy vooraf daarvoor voorsiening maak.   Jy koop nie goed of pak dinge aan as jy weet jy gaan jouself platsak maak nie.   Dan moet jy eerder daarsonder klaarkom.

Mense gaan koop wild en wragtig met hul kredietkaarte en sit daarna met die las om te betaal.  Vir my is 'n kredietkaart 'n gevaarlike ding, daarom het ek nie een nie.

0
Meyerton

Segekok

Sun, 24/12/2017 - 09:19

Ons hoop nie geskenke nie.

1. Ek glo nie in kersfees nie.

2. Deur die jaar koop ons dit wat ons nodig het. 

Ek koop al my kruideniers by Mamma pick en pappa pay....  Met die kaart vir punte.  So deur die jaar vat ek die punte en plaas dit oor op n geskenk kaart van hulle. Die rede....  As jy punte het sê maar R100 en jy koop vir R80 verloor jy die R20.....  

Desember gebruik ek dan diegeskenk kaart en koop ons gewone kruideniers met dit..  Klein geld bly op die kaart......

Dit skep n ekstra geldjie vir die bederf kos ens.

 

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Sun, 24/12/2017 - 10:11

Ek is nie regtig n geskenk persoon nie.

Net soms iets vir regte vriende.

Koop soms vir myself iets groots. HiLux bakkie, Standhuis by die see, ens.

Maar Yvonne is n ander saak. Dink soms sy beroof eers n bank en koop dan geskenke vir almal. Seker maar n Robinhood sindroom. He He

0
Port Elizabeth

Frieps

Sun, 24/12/2017 - 12:52

Soos jy ouer word, raak jou Kersfeeslysie al hoe korter.

Want dit wat jy wil hê, kan nie met geld gekoop word nie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus