6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -16 minutes ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -1 hour ago
Wessel Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -1 hour ago

Kamp Gemeenskap

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

Na aanleiding van 'n gesprek wat ek gehad het met Arie terwyl ons by Drie Berge gekamp het ( ek het die gesprek opgebring toe ek die Sensation Vee se stewige onderstel gesien het,in vergelyking met my Camp Lite waentjie s'n)

...ok, die gesprek het gehandel oor een van my heel eerste onderwerpe wat ek uit groot entoesiasme op die ou weggesleepte forum geplaas het.  Ek was 'n soos hulle noem nog 'n "newbie" gewees.     Ek kan nie die naam van die draad onthou nie, maar ek onthou goed hoe oom WW (willewillemien- daaitydse moddergooier) vir my 'n baie duidelike  en reguit e-possie gestuur het om te vertel dat my uitlatings en idees nie toegelaat sal word op DIE forum nie.  -    iets van sekere mense wat spiere skeur deur net aan omgang te dink ....?

Oo ja, nou onthou ek die draad se naam, of was daar dalk 2 pogings vir 'n draad?  Miskien kan iemand hier onthou?   was dit "die klappende tent flap"  of   " kampfoeffel"?

Nou ja wat, terug by die onderwerp.  Vertel ek toe vir Arie van my suiwere motiewe vir so 'n draad destyds en hoe ek maar net 'n eerlike opinie wou gekry het van mense wat kamp -   mense wat tog ook uit die natuurlike voortbestaan van die mensdom spruit of hoe?

Arie verstaan darem toe wat ek probeer sê (en vra).   Veral met daai Sensation Vee, wonder ek of hy darem kan vasstaan, sonder om die bure te pla?   

Terug by my oorspronlike vraag, hoegemaak of (hoe het julle gemaak) -   of is kampfoeffel maar iets wat mens vir die huis moet los?     My waentjie se onderstel is klein en die geringste beweging laat alles wapper en flap en klap -  ek wil dus nie 'n slegte naam vir kampforum ontwikkel of onnodige aandag trek tydens my kampe nie -  

.....of is die groot rede hoekom so baie ervare kampeerders op die einde vir hulle lekker groot karavane koop juis vir daardie lekker stewige basis en onderstel wat geen beweging binne merkbaar maak nie?

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 10/01/2018 - 06:57

Sjoe, as sy die putty verkeerdelik gebruik kan sy daardie affêre darem lelik verstop !

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus