Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Bitterpan pad Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -5 hours ago
Brits diesel... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -5 hours ago
Foto laai Oktober 2026 saam gesels neef Herman -5 hours ago
Park kaart Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Johann.... Umfula Wessel Strydom -5 hours ago

Sien julle iets nuuts?

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

Kan julle ietsie nuuts sien op onse forum?   Eintlik 2 nuwe goedjies waaroor ek baie opgewonde is, ek het dit gisteraand installeer smiley

Centurion

Voortrekker

Thu, 25/01/2018 - 13:23

Dit is korrek!   Dit help om terugvoering te kry oor onderwerpe en kan mens nou sien of jy nonsens praat (min views) of nie (baie views) smiley

ongelukkig het die metertjies eers gisteraand ingetree en daarom is daar ou populere onderwerpe wat nog geen views wys nie - totdat iemand van gisteraand af daarna kyk.

0
Port Elizabeth

Frieps

Thu, 25/01/2018 - 13:33

Jaaa, jammer,  ek het dit vanoggend vroeg al gesien, nog voor ek op die koffiedraad gegroet het.  Ek het skoon vergeet om toe te sê dit is baie nice.  M.a.w. die drade wat die meeste reaksie uitlok vandag sal onder populêre wees en natuurlik meeste sedert begin van draad onder "all time"?  Dit sal mens idee gee wat aangaan, ja.   Die koffiedraad kry baie reaksie, maar hy gaan elke maand na 'n nuwe een verander, nie waar nie?

0
Centurion

Voortrekker

Thu, 25/01/2018 - 13:39

Die koffiedraad kry baie reaksie, maar hy gaan elke maand na 'n nuwe een verander, nie waar nie?

Ja - dit is goed in 'n mate, want anders sal hy altyd bo bly.smiley

Die funksie kan ook gebruik word vir kompetisies.yes

0
Port Elizabeth

VW

Fri, 26/01/2018 - 07:45

Ek sien dit ja, en ek sien iets gewild as "DK se streke" maar ek mag nie die draad sien nie!!! Is dit n draad wat net toeganglik is vir moderators??

Julle maak mens nuuskierig, laugh

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 26/01/2018 - 08:06

Ek gaan 'n minderwaardigheidskompleks ontwikkel want my onderwerpe is selde populêr en nou gaan almal dit sien !

Maar ek moet nou versigtig wees om nie te kla nie want netnou is ek "daai persoon" wat Shaun se energie "dryn" en dit wil ek nie graag doen nie.

Wat is die verskil tussen "populêre inhoud" en "aktiewe inhoud" ?  Ek kla nie, ek vra net.

0
Centurion

Voortrekker

Fri, 26/01/2018 - 08:19

Wat is die verskil tussen "populêre inhoud" en "aktiewe inhoud" ?  Ek kla nie, ek vra net.

 Hallo Len.    Die populêre inhoud word bepaal d.m.v  "views"    hoeveel keer die onderwerp besigtig word.     Aktief word bepaal deur insette wat gelewer word, nuwe inhoud.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 26/01/2018 - 08:28

Dankie Anton vir die tegnies-korrekte verduidelikng.

Spekkies, dankie vir jou verduideliking, want dit verg 'n bietjie nadenke voor die liggie van 'n outoppie aangaan ! (Oumense hou daarvan om iets te oordink !)

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 26/01/2018 - 08:43

Skies, Het dit gesien maar ook vergeet om dit te noem.

Len

voor die liggie van 'n outoppie aangaan

Oumense hou daarvan

In die donker ?

laugh

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 26/01/2018 - 08:49

Ja Willem, terwyl dit nou Vrydag is vir stoutgrappies, miskien het jy dit al agtergekom, ououmense hou daarvan eerder in die donker want dan is al die kreukels nie so sigbaar nie !

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus