Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Bitterpan pad Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -1 hour ago
Brits diesel... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Foto laai Oktober 2026 saam gesels neef Herman -1 hour ago
Park kaart Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Johann.... Umfula Wessel Strydom -1 hour ago

Forum Plakker

Secunda
Submitted by Sleep nou on
Forums

Ek dink sal dit nie gaaf wees as ons forum plakkers kan bestel so doene kan ons mekaar raak sien in oorde wat dink van julle iets soos die of enige ander voorstel ?

 

kampforums
Elarduspark

GerhardM

Tue, 13/03/2018 - 13:49

Sleep nou, ek het ookal gewonder oor 'n plakker om mekaar uit te ken, nie net in oorde nie maar selfs op die paaie as ons verby mekaar ry dalk.

Ek weet niemand sal my kan mis kyk nie want ek is die jongste lid met die oudste wa. surprise

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 13/03/2018 - 13:57

Ek hou weer nie van plakkers op my voertuie nie  -  selfs die handelaar se advertensie-plakker op my agterste ruit verwyder ek.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 13/03/2018 - 15:53

Nee wat, ek hoef nie met 'n plakker te adverteer ek ken ouens op die forum nie.  Teen hierdie tyd weet almal wat 'n Kaapse silwer Pathfinder met 'n stokou Exclusive waarvan die lugversorger op die stert sit oppad tussen die Kaap en die Kruger Wildtuin sien, sal weet dit kan net een outoppie en sy wederhelfte wees.  Ingeval iemand dalk vergeet het, so lyk die spulletjie :-

.

0
Port Elizabeth

Frieps

Tue, 13/03/2018 - 16:10

Ons het al 'n paar jaar 'n Caravan Parks (forum) plakker op ons karavaan.   Nog nooit in al daardie tyd het iemand ons genader omdat hul ook op die forum is en wou kom kennis maak nie.   Miskien het hulle nie van ons gesigte gehou nie.enlightened   

0
Meyerton

Segekok

Tue, 13/03/2018 - 16:45

Daar bestaan reeds n plakker.  Ek het een op my bakkie.  My grootste probleem is dat ek nie die tyd of die lus het om poskantoor toe te gaan en dit te gaan pos nie.  Die plakker is aan die begin reeds deur die lede goedgekeur...  gaan krap maar net julle sal sien die draad is daar iewers....

Daar bestaan tot n T Hemp met die logo op...laugh

0
Secunda

Sleep nou

Tue, 13/03/2018 - 18:51

Puik Deon ek sal gaan soek ek soek so n plakker hoop almal val in met die idee

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus