6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Jan Meyer Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -4 hours ago
Toer alte lekker saam Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -6 hours ago
6 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -7 hours ago
Swak sein Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -7 hours ago
Op n ander blad gelees..copy en paste Bestuurderslisensie Geert -9 hours ago
Selfde 'topic'..... Kruger 2026 Rona du Plessis -10 hours ago

HOP-huise

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Ons jarelange ou huishulp het na 25 jaar op 'n waglys vir 'n huis, haar HOP-huis einde Desember gekry. Sy en haar man en hul twee volwasse kinders en 'n twee-jarige kleinkind was al die jare agterplaas bewoners in 'n wendy-huisie met geen vloer nie.  Met oorhandiging van die huis se sleutels, was die krag (en is nog steeds) nie aangeskakel nie omdat die kontrakteur verdwyn het sonder om die installasie finaal te voltooi.  Ou XXX-hulle het ingetrek en gebruik nou maar 'n gasstofie en gaslig.  Hulle plaas plastiekbottels met water daagliks in die son sodat hulle darem saans louwater kan hê om te bad. (Daar is net 'n bad en nie 'n stort in die huisie nie  -  wil jy glo in tye van waterskaarste).  Pas nadat hulle ingetrek het is daar by hulle ingebreek en van hulle karige besittings is gesteel.  Intussen het my seun darem vir hulle die nodige diefwering aangebring.

Alhoewel XXX-hulle baie dankbaar is vir hulle HOP-huisie, bly dit darem 'n skande dat die konstruksie vrot en half-voltooid gedoen word.  Die groot woonkamer venster is by die kombuis ingebou en die klein kombuisvenster by die die woonkamer.  Die huisie is nie binne-in geverf nie en die elektriese drade hang oral los uit die muur-boksies.  'n Voorste muurtjie is net half gebou en so gelaat.

Ten spyte van dit alles is die XXX-gesin in die wolke om vir die eerste keer in hul lewe 'n spoeltoilet in die huis te hê asook 'n bad om in te bad.

Dit dwing 'n mens weer op jou knieë om dankbaar te wees vir dit wat jy het.

Meyerton

Segekok

Tue, 13/03/2018 - 16:50

XXX-gesin moet daai huis geniet terwyl hulle hom nog het.....  as die onteining eers begin gaan dit dalk nie meer hulle huis wees nie.....

Len ja dit is baie sleg dat daar soveel korrupsie is en was en gaan wees....

 

Port Elizabeth

Frieps

Tue, 13/03/2018 - 17:05

Dit is ongelooflik hoe sleg die HOP huise aanmekaar geslaan word.   Kom ons wees nou maar eerlik, die kontrakteurs kry die tenders maar werk nie volgens spesifikasies nie.  Hulle laat goeters weg of maak dit nie klaar nie.   Hulle word ook deur niemand daaroor aangevat nie, want 'n hele ry van hulle het geld gemaak uit die skema.   Die arme eienaar moet hope geld spandeer om dit leefbaar te maak.   My seun se bediende se huis het nie binnedeure gehad nie.  Nie eers een ou kassie in die kombuisie nie.  Die huis was veronderstel om 'n geyser te hê maar daar was nooit een installeer nie.   Baie van die plekkies kan basies net beskryf word as mure met 'n dak oor.  Hier by ons het omtrent al hierdie huisies 'n plakkershuisie langsaan  op die erfie sodat die hele familie akkommodeer kan word.    Ja, siestog, en dan is hul nog steeds in die sewende hemel van geluk daaroor.   

Secunda

Sleep nou

Tue, 13/03/2018 - 18:59

Freda jy praat so waar Len /Deon dis n skande hoe daai huise gebou word

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus