6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Geert Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -42 minutes ago
Jan Meyer Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -6 hours ago
Toer alte lekker saam Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -8 hours ago
6 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -9 hours ago
Swak sein Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -9 hours ago
Op n ander blad gelees..copy en paste Bestuurderslisensie Geert -11 hours ago

Kry vir jou, Zuma!

Port Elizabeth
Submitted by Frieps on
Forums

SIEN JOU IN DIE HOF !!!!

Boy oh boy!   Gaan ek dit geniet!!

Secunda

Sleep nou

Fri, 16/03/2018 - 17:23

Ek wonder of die huidige regering nie gaan inmeng en alles onder tafel in vee nie hoop nie so nie

Port Elizabeth

Frieps

Fri, 16/03/2018 - 17:34

Shawn Abrahams het vanmiddag aangekondig dat Zuma in die hof vervolg gaan word.   Daar is 18 (of dalk 16) aanklagte wat die 783 insidente insluit.   Hy moet nou gedagvaar word maar dit kan seker 'n lang tyd neem want die staat moet natuurlik hul saak en al die getuies voorberei.   Nee, Shaun, ek glo nie die regering sal hiermee kan inmeng nie.  Die saak is nou in die hande van die gereg en selfs Abrahams het erken dat die hof nou verder moet besluit.   Hy is natuurlik self in 'n pekel.  Tot nou het hy Zuma met hand en tand  beskerm, nou kon hy nie anders as om die aankondiging te maak nie.   Ek dink sy dae is self getel, hy sal ook die trekpas kry.

So draai die wiel.  Elke hond kry sy dag!!

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 16/03/2018 - 22:47

Dit is alles Cyril Ramaposa se slim strategie om nie die Zuma-faksie in die ANC te vervreem nie.  Hy wou van meet af aan nie Zuma in 'n staat van beskuldiging plaas nie (want dan jaag hy hom weg) en daarom het hy aanhou probeer om Zuma te oortuig om eerder te bedank wat hy toe gedoen het. Nou is dit die reg wat hom vervolg en nie die "nuwe" ANC nie.  Hy doen presies dieselfde met die vrot ministers en ander lakeie in die Zuma-kamp - hulle gaan elkeen hulleself vasloop in die gereg.  Gigaba is die eerste een, dan Dlamini en ook Tom Monyane van SARS en ook Shaun Abrahams.

Zuma is diep in die moeilikheid, maar hy sal voortgaan met sy vertragingstegniek en sy regspan gaan lekker geldmaak in die proses.

Waar my wa staan

Arie

Sat, 17/03/2018 - 08:12

Stem saam met Len, CR is nie dom nie hy werk met 'n goed uitgedinkte plan.

Sy hoof taak is to om die ANC weer te vereenig en sterk te maak vir die volgende verkiesing? 

Die grond sonder vergoeding gee my ook nie slaapelose nagte nie, ek dink CR gaan dit ook baie goed hanteer sonder enige ernstige nagevolge?

Wat my wel erg bekommer is die DA wat deesdae begin sukkel, wil vir my lyk of hulle gaan stemme verloor in die volgende verkiesing, as gevolg van [in my opinie] heelwat swak besluite oor die laaste paar weke.

Die mense hier in Gauteng is nogal erg onsteld met die nuwe DA beheerde munisipaliteite, hulle het die eiendomsbelasting drasties verhoog, myne het met 50% verhoog en ek verstaan heelwat area's is dit tot 100% verhoog?? 

Ongelukig het diens lewering niks verbeter nie, in der waarheid in sommige gevalle heelwat agtewruit gegaan.

Ek kry nog al die jare my belasting faktuur per epos, nou skielik kry ek niks, al verskeie oproepe en eposse maar kry nog steeds niks, toe maar my plaaslike DA raadslid [blanke persoon] 'n epos gestuur, na drie weke nog geen reaksie gekry nie?

Dit sal baie jammer wees as hulle die plot begin verloor, dit was/is die enigste party wat 'n noemenswaardige opposisie kan wees?

Vaalpark

Johann L

Sat, 17/03/2018 - 08:46

Daar is niemand anders om voor te stem nie, nie as 'n ware oposisie nie in elk geval.

Dit sal baie jammer wees as hulle die plot begin verloor, dit was/is die enigste party wat 'n noemenswaardige opposisie kan wees?

Tensy die VF + meer stemme kan ky, maar ons weet mos, Suid Aftikaners is te magshonger om saam te staan.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus