Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Betaal vir entertainment Dinokeng Camp and Leisure… Geert -21 minutes ago
Geert, Dinokeng Camp and Leisure… Johann L -35 minutes ago
Nuwe restaurante in Kruger Kruger 2026 Geert -1 hour ago
Geert se blou duimpies is… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago
Johann L Dinokeng Camp and Leisure… Geert -3 hours ago
Wessel, Dinokeng Camp and Leisure… Johann L -3 hours ago

'n Reënwatertenk wat kan vlieg................

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

Wie het gesê 'n reënwatertenk kan nie vlieg nie ?

Net om myself te oortuig dat groot reën aan die kom is, het ek gister vir my 'n tweede 2200 liter reënwater-tenk gaan koop.  Ek het dus nou reënwater-kapasiteit vaan 4400 liter, maar altwee is tans kurkdroog ! 

Ook nie sonder drama nie !  Het jy al 'n 2200 liter watertenk in die lug sien trek in die hoofstraat met drie bane naby Cape Gate in die halfvyf spitsverkeer ?  Wel ek het dit gister voor my oë gesien en dit nogal my eie nuwe watertenk !  Ek loop gister een van hierdie uiters skaars watertenks teen 'n goeie prys raak (sonder dat ek daarvoor beplan het), maar die vereiste is as ek die tenk wil hê, moet ek dadelik betaal en dan plaas hulle die tenk op die sypaadjie voor die winkel. Ek maak toe so, maar ek is by die winkel met my Mercedes en bel toe my seun om met sy bakkie te kom help.  Intussen pas ek my tenk op, nogal op 'n baie "dodgy" plek vir 'n outoppie om rond te staan.  My seun daag op en ons laai die tenk op sy bakkie  -  die tenk lê lekker plat op sy sy binne-in die bakkie en (groot fout !) ons besluit dis nie nodig om die ding vas te maak nie.  My seun ry voor en ek ry agter hom.  In Okavangoweg met sy druk verkeer skep die wind (die wind waai mos soms skielik in die Kaap) daardie moerse watertenk en hier voor my oë vlieg daardie tenk deur die lug, val en rol in die teerpad sonder om 'n voertuig te raak.  Ek stop net daar, my seun ook, met noodflikkerligte aan en hol die watertenk tegemoed.  'n Helse verkeersknoop ontstaan en ongeduldige motoriste blaas op hulle toeters.  Dis nie maklik om so 'n groot, ronde, lomp ding op te tel nie as jy net twee mense is (waarvan een amper 71 jaar oud is !), maar as die nood druk kom krag van iewers af. Hierdie keer het ons die tenkie maar liewer vasgemaak !

Hierdie spesifieke tenk het 'n 10 jaar waarborg en het wraggies niks oorgekom nie  -  ek glo nie die vervaardigers het ooit die tenk aan sulke kwaliteitstoetse onderwerp nie.

Centurion

Voortrekker

Fri, 23/03/2018 - 09:25

Hehehehe   Len, ek het ook al n 5000 L heavy duty jojo tenk agter van 'n sleepwa sien afklim, en met n spoed op die N1 afrol, suid waarts net voor die shell by Samrand. Vir die wat weet, 'n lekker afdraende stukkie pad.

Ja ek het dit in die spieel gesien, hoe my eie tenk afklim .... net goertuie war briek aanslaan en heen en weer oorndie pad uitswaai vir die groot ronde ding wat inndie middel van die pal rol.   

Gelukkig het die tenk op die ou einde na die kant van die pad toe gerol, en kon ons hom weer laai en beter vasmaak.   En, die oop man hole na agter laat wys smiley

0
Secunda

Sleep nou

Fri, 23/03/2018 - 10:25

Ook maar goed dis n ordendelike tank anders was hy stukkend. Len daai reen kom ou vriend dan gaan jy daai tenks soos nou vol sien

0
Waar my wa staan

Arie

Fri, 23/03/2018 - 10:55

Ai Len hoe le3kker lag ek nou vir julle teespoed, gelukig het alles goed afgeloop.

Ek sien toe in my gedagtes die twee ouens daar in die straat rondhardloop!

0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 23/03/2018 - 14:55

Ek het nou net so lekker gelag.   Ek sou daarvan gehou het om Len se gesig te sien toe hy sien daar trek die tenk.laugh    Het jy 'n vloekwoord of twee gelos, Len?

Julle is darem gelukkig dat dit nie 'n ongeluk met ander motors veroorsaak het nie, hoor.

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 23/03/2018 - 17:57

Tydens so 'n skielike, skrikwekkende gebeurtenis let jy nie keurige taalgebruik nie  - jy praat in vreemde tale met daardie gebeurtenis !

0
Waar my wa staan

Arie

Sat, 24/03/2018 - 07:48

Oom Len!!!!! Ek sou nooit5 kon dink dat jy ook soms in vreemde tale kan praat nie??

Jy lyk nog altyd na so stil besadige man wat twee keer dink voor jy een keer praat?

Kan nie dink dat jy ooit kan kwaad word of ongeduldig raak nie?

0
Waar my wa staan

Arie

Sat, 24/03/2018 - 10:44

 

Is ons nie maar almal nie, ons probeer maar net, maar somtyds wil dit nie mooi werk nie?/

Moet se, soms as ek so om my rondkyk wil dit lyk of sommige mense glad nie eers probeer nie

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus