Kom ons blaas 'n bietjie nuwe lewe in die forum in. Hoe lyk dit met 'n paar lekker nuwe, interessante onderwerpe ? Die huidige inhoudsopgawe se stokou onderwerpe raak nou iewat vervelig. Wat van 'n verslaggie en fotos van elke ou wat hier lees se Paasnaweek wegbreek, met fotos natuurlik (netso maklik) Moenie dit hier plaas nie, skep elkeen sy eie nuwe draad - maklik klik net op die blokkie "nuwe onderwerp" bo "Nuutste Forum Insette". As jy nou regtig nie oor kampervarings kan praat nie, hoe lyk dit met 'n huldeblyk aan die "Moeder van ons nasie" ?
Len, ons het gekamp en eers…
Len, ons het gekamp en eers vandag terug gekom by die huis, sal kyk wat ek kan kry en plaas.
Ek het geraas en geblaas…
Ek het geraas en geblaas.... maar daar het niks geval nie....die selle drie varkies is nog steed aleen hier....
Ten spyte....................
................... daarvan dat ek kwansuis op my mede Kampforum-maters se koppe gepoef het soos 'n seevoël, het die forum darem nou sommer baie lekker leesstof opgelewer. Ek sien ook daar is sommer nou 14 ouens aanlyn.
Miskien moet ek maar weer 'n keer op julle koppe poef !
Ek het geen hare op my kop…
Ek het geen hare op my kop.(en lyf) nie
As jy gaan poef gaan ek soos n ou Rusland se president lyk. He He
Sien al die prentjie.
Blerts is 'n beter woord …
Blerts is 'n beter woord ![]()
Len, soos altyd word jou blertse baie waardeer ![]()
Harry, voël blerts is "good luck" en goed vir die kopvel![]()
Sodra ek fotos kry
Len sodra ek my jongste se trou fotos kry van laas saterdag sal ek n bietjie opsit
Miskien moet ek maar weer 'n…
Miskien moet ek maar weer 'n keer op julle koppe poef !
Oom Len, wat is erger? Poef of Poep?
Gerrit.............
..............onthou, Forum-Kommandant het reeds 'n terregwysing gemaak op sy aanvanklike kommentaar, naamlik dat "blerts" beter klink
Ek weet waaragter jy is, 'n mens moet konsekwent wees in jou optrede.
Die groot gesels
Nou ja ek is n kamper alhoewel ek nie veel raad kan voorsien van hoe om jou karavaan te "Overhaul " oor n lang na -week nie sal ek maar bly wat ek ken en dis Haak daai wa en gaan Kruger toe .Ek is mal oor die Kruger en spandeer meeste van my vrye tyd in die Laeveld .Ek stel glad nie belang om in ander dele van die land te toer het meeste van die plekke gesien voor ek n Karavaner geword het .
Miskien het die Laeveld n bekoring vir my omdat ek daar in die Weermag was en ons die elektriese heining tussen Mosambiek en die RSA opgesit het .Vandag is daar maar weinig van ons bloed en sweet oor die heining is stukkend en werk nie meer .Maar dis n storie vir n ander dag
Nouja...........
Nouja, ons het nou lekker afgeblaas oor 'n nie-kampverwante onderwerp (alhoewel dit noodsaaklik was) en kom ons blaas nou die kampverwante gesprekke hier weer 'n bietjie op.
Wie gaan begin ? (natuurlik op nuwe drade).





Ek sien..............
.....die reuse getal van 13 ouens het al hierdie draad gelees en 1 het darem op die versoek gereageer.