Ek dra hierdie storie op aan Oom Arie en sy vrou .Plek name en karakters se name is verander om hulle privaatheid te beskerm
Dis vroegoggend in die kêffie en Oom Apie van Niekerk en sy vrou, Tannie Poppie, stap in vir hul weeklikse aankope wat moet saamgaan plaas toe. Sommer met die inkomslag sien ek al daar is fout. Tannie Poppie vaar kruppel-kruppel die rakke binne, sonder om eens te groet, maar oudergewoonte stap Oom Apie darem na my lessenaar toe vir ‘n oggendkoffie. Oom Apie het ‘n massiewe Rayban-donkerbril op sy gesig, een van daai oues wat die windgat vlieëniers altyd dra.
Ek bestel koffie en waag dit om te vra: “Hoe dit met die operasie gegaan?”
“Operasie?” vra Oom Apie effens in die war.
“Het Oom nie katterakke laat uithaal nie?” Uit ondervinding weet ek nou al dat as ‘n oumens in die omgewing ‘n donkerbril op het, beteken dit een van twee dinge; of katterakke is verwyder of in meer ernstige gevalle was daar dalk ‘n lensoorplanting. Dominee kondig nie meer katterakke af vir die gebedslys nie en daar was niks van ‘n lensoorplanting vir Oom Apie in die kerk se pamfletjie nie.
“Nee dis nie katterakke nie,” sug Oom Apie terwyl hy sy donkerbril afhaal. Oom Apie is gemoer, erg gemoer. Die eenkant van sy gesig is in ‘n bol geswel en die een oog is potblou. Bokant sy wenkbrou is ‘n pleister vasgeplak.
“Was Oom weer by ‘n Angus manne-aand?” vra ek.
Die Oom beduie nee, ek weet mos nou al hy mag nie weer na een toe gaan nie. Nee, dis iets heel anders. Hulle praat nie eintlik daaroor nie, maar hy sal my maar vertel. Hy weet mos iets wat hy hier in die kêffie vertel, bly konfidensieel en tref nie verdere ore nie.
Oom Apie vertel:
Op haar ryke telling in lewensjare kry die tannie toe mos gesondheidsprobleme. Vroumensgoeters, hy weet nie presies wat nie. Hulle behandel die ding toe met hormone. Spuit vir haar elke week in daar by die kliniek. Maar ek ken mos nou van hormone. Dit laat mens mos dinge vir gate soek en gate vir dinge soek wat mens nie voorheen gesoek het nie. In elk geval nie so erg nie. Maar die tannie se kop haak toe heel uit. Sy begin rokkies dra, ai die Vader weet, as daar net ‘n ligte windie waai, sien mens haar naeltjie-ring.
“Naeltjie-ring?” onderbreek ek die oubaas verbaas.
“En die tattoo,” sê Oom Apie.
“Tattoo?” ek is nou meer verbaas, dié ding klink erg.
Amper asof hy met homself praat beduie Oom Apie na sy linkerbors en sê: “So ‘n klein seuntjie wat teen ‘n klip staan en piepie.”
Oom Apie vertel verder en dit klink meer of hy met selfberading besig is, as wat hy besig is om met my te praat. Ek kan sien die ding het kwaai aan die oom gevat.
Waar en wanneer die tannie die tattoo laat opsit het, weet die oom nie, maar hy was darem by met die naeltjie-ring. Met die borsvergroting het hy sy voet neergesit.
Die storie bereik toe sy hoogtepunt so twee aande terug. Waar die tannie die polisie boeie gekry het, weet hy nie, maar toe hy weer sien sit hy op ‘n eetkamerstoel met sy hande agter sy rug vasgeboei. En die tannie dans. Op die eetkamertafel. Onaardig. Hormone moet ‘n verskriklike ding wees. Die nightie wat sy aanhet lyk soos daai slim koning in die storie se klere – PG Glass se moer. Alles skud en dril soos die tannie tekere gaan. Die klein seuntjie piepie die klip naderenhand heel mis soos sy haar bates swaai, maar die tannie dans.
Die oom dink die tannie wou seker maar haar voet suggestief bo-oor sy kop swaai, maar die ouderdom en voete swaai, loop mos nie altyd saam nie. Daai rooi hoëhakskoen tref vir hom so vol in die gesig dat sy hom heel omskop en dat hy en die stoel so saam dwars-dwars teen die kaggel gaan lê. Die tannie self verloor haar balans en val haar desmoers van die eetkamertafel af. Daar lê hulle toe. Die oom kan nie roer nie, want hy is geboei en die stoel is in die kaggel vasgehaak. Die tannie kan nie roer nie, want sy het te seer en die eetkamertafel is bo-op haar.
“En toe Oom?” vra ek nuuskierig.
“Nee jong ons kom toe eers die volgende oggend daar los, toe ou Philomon kom kyk wat van ons geword het. Hy wou toe dadelik bel, maar ek sê toe vir hom geen polieste nie. Philomon kry ons toe darem op ‘n manier los en weer mobiel. Die boeie se ketting kon hy afsaag maar nie die boeie self nie.”
“Het die polieste vir Oom toe darem losgemaak?”
“Nee,” sê die Oom terwyl hy sy arms met die staal om sy polse na my toe uitstrek. “Jy het nie dalk ‘n sleutel nie?”
Die sleutels
He he he Arie ek sal meer bekommerd wees oor daai boeie .Stel jou nou voor jy moet n toilet breek vat met die hande agter die rug ![]()
netnou kry sy idees en die…
netnou kry sy idees en die Penta se tafel is nou nie van die sterkste nie?
Ag kom nou oom Arie. Jy is mos nog lekker jonk en vol energie. Solank die Penta se steadies nie ingee nie hoekom nou worry oor 'n ou tafeltjie? Gaan groot! ![]()
Gaan Groot
sal seker die eerste keer in n kamp se geskiedenis wees dat n karavaan met sulke bokspringe van sy "steadies" af hop
Dassie, nee wat die toilet…
Dassie, nee wat die toilet breek sal nie 'n probleem wees nie, sal die buurvrou vra om te help, sy lyk juis of sy swaar goed kan hanteer?
Voorie, ek g'n geld om nuwe tafel te koop nie, en as die Penta van sy steadies afspring kan dit 'n duur storie raak?
Toilet breek
Lekker lag ek nou vir Arie gelukkig het jy n gawe buurvrou wat nie rug probleme het nie .As ek myne vra sal sy net se "Hou daai ding van my lyf af "
Kyk, 'n vrou se hormone is …
Kyk, 'n vrou se hormone is 'n wonderlike ding. Mors daarmee en jy kan enige iets te wagte wees. G'n tafel of man is veilig as dit hand uitruk nie.
G'n tafel of man is veilig…
G'n tafel of man is veilig as dit hand uitruk nie.
ja nee mense. Klink my die tannie praat uit ondervinding? Het die karavaan se steadies darem gehou auntie? ![]()
![]()
So maak hulle
Jy mors nie met n vrou nie jy sal les op se geen tafel geen karavan brieke gaan keer nie ![]()
Kyk, ek wou ook eers die…
Kyk, ek wou ook eers die stoie vir more los, want nou gaan die gelag my staar siekte gee, maar ek sal liewer niks sê nie"?
Dis al wat ek gaan sê.





Darem nou lekker gelag, ek…
Darem nou lekker gelag, ek sien daai twee daar le en Philomon wat erg bekomerd toekyk!
Dankie Dassie, ook vir die wat jy so mooi aan die ou Tante en my gedink het.
Sal liefs nie vir haar wys nie, netnou kry sy idees en die Penta se tafel is nou nie van die sterkste nie?