Dit is n warm dag daai Sondag toe almal in die kerk sit .Heel voor sit Oom Abie hy is die oudste inwoner op die dorp en ook die langste kerkmaat lid van die gemeente .Agter hom sit Tant Hessie met haar blomme hoed en een verdwaalde veer .Oom Abie het een sleg gewoonte gehad en dis om gedurende die diens te sit en Nikker-Balls sweets te suig .Dan het hy die gewoonte gehad om die Nikker Ball te wissel vanaf sy linker kies na sy regter kies met die nodige slurp geluide wat daarmee gepard gegaan het.Nou kyk dit het Tant Hessie mal gemaak om te sit en luister hoe die ou oom die Nikker –Ball sit en wissel tussen sy kieste .Omdat sy n goeie Christen mens was het sy op haar tande gebyt en dit verduur .
N ander opmerkbare kenmerk van Oom Abie was dat hy n monnik “hair style” gehad het julle weet daai bles bo-op en dan die strook hare wat rondom sy agterkop loop.So sit Tant Hessie en luister na die diens en die irriterende oom se gesuig en verwisseling van kies toe sy opmerk daar vlieg n muskiet om Oom Abie se kop .As daar nou 1 ding is wat meer irriterend is as Oom Abie is dit n muskiet ,solank jy daai ‘jet “ geluid hoor weet jy die muskiet in nog “airborn” sodra dit stil raak weet jy jy skenk bloed .So sien tant Hessie die muskiet land op Oom Abie se bles gedeelte .Dog Tant Hessie vandag stuur ek jou die ewigheid in meenende die muskiet maar sy het niks om die muskiet mee te slaan al wat sy het is die dik Bybel op haar skoot .
Oom Abie is salig onbewus van die moord planne op die muskiet en suig te lekker aan sy Nikker –Ball .Die tante vat die Bybel styf vas in haar hande en staan stadig op en hef die Bybel so skouer hoogte ,korrel en slaan die muskiet wat op Oom Abie se bles sit .Die volle Envangelie tref Oom Abie agter sy kop dit was n kol skoot ,die muskiet het die tydelike met die ewigheid verwissel maar Oom Abie se Nikker –Ball was nie so gelukkig .Op daai presiese oomblik toe die Bybel sy agterkop tref ,het Oom Abie hoeka kieste verruil van links na regs, daai Nikker-Ball trek soos n koeel uit sy papbek en slaan teen Dominee se preekstoel vas .Toe rol dit in die gang af tussen die banke en talle oe volg die Nikker-Ball se vordering na die deur .Net toe die Nikker-Ball by die 2 de laaste bank kom hoor hulle net AMEN en dankie en klein Kosie spring flink op gryp die Nikker-Ball en steek dit in sy mond
Nou lekker gelag.? …
Nou lekker gelag.?
Drie lesse te leer hier?
Dassie jy mag maar
Dassie jy mag maar so lekke jy is terug en ou Klein Koos het toe sy nickerball gekry![]()
He-he, dankie Dassie. Tant…
He-he, dankie Dassie. Tant Hessie het die muskiet doodgeslaan en sommer wraak geneem oor die nicker ball ook. ![]()
Tante Freda
Nou kyk Tant Freda het nou n nuwe spin op die storie gesit .Ek dink in die gevolg sal ek my stories vir haar stuur om te proef lees voordat sy die groen lig gee om te publiseer ![]()





Shame. Julle weet, daai…
Shame. Julle weet, daai seuntjie het dalk die hele diens deur gesit en bid vir 'n nickerball