Ek is so lus om oor kamp te gesels, veral as die kamp in die Kruger Wildtuin gaan plaasvind. Aangesien die gesels hieroor op Kampforum maar skraps is, het ek gedink dan moet ek maar daarmee begin. Ek sal so met verloop van tyd vertel van wat vir ons voorlê.
Kyk net hoe pragtig nat en groen lyk die drinkplek by Satara vandag !

Oom Seg, oom kan dalk reg…
Oom Seg, oom kan dalk reg wees of dalk verkeerd?
Kom ons maak punte vir argumente en bespreek almal saam.
Mag ek n eerste punt opbring:
Is dit eties om n spesiale dier wat andersins in die natuur nie sou oorleef te red vir moontlike finansiele vooruitgang, hetsy dit moontlik positief of negatief kan wees:
Positief: Kan nodige finansies en bewustheid inbring om so baie te verbeter
Negatief: Kan so maklik uitgebuit word om n spesiale buffel te skep asgevolg van net pigment tot voordeel van niche jagters en dan ook plase waar die ding is om nie natuur sy eie gang te gang, maar kyk hoe die mens kan ingryp om goue gemsbokke te maak as voorbeeld.
As ek reg kan onthou, CR het…
As ek reg kan onthou, CR het destyds n malaria vrye bul vit R20 miljoen gekoop, waarvoor sal so n freak wit buffel gaan, hiermee seg ek nog nie dat dit reg is nie.
Miskies was dit tuberkulose…
Miskies was dit tuberkulose vry buffel kan nou nie so goed onthou, flip die gesie raak ook nou oud.
Oulike wit kalfie. Ek…
Oulike wit kalfie. Ek wonder of die ander ook skrikkerig is vir hom?
Dit is nou 'n geval van ses…
Dit is nou 'n geval van ses van die een, en 'n half dosyn van die ander.
Om die buffel eenkant groot te maak vir teel doeleiendes, kan dalk soos met die wit leeus, 'n "hunters paradise" van inkomste skep. Maar is dit reg teenoor die natuur, ek twyfel.
Hoe hartseer dit ookal is, glo ek, die natuur moet sy gang gaan.
Aan die ander kant weer, sou die buffel wel vir teeling geskik wees, wat ek betwyfel, kan dit net dalk 'n bewus making van ons erfenis tot gevolg hê. Hierby bedoel ek eindlik maar net, reklame vir natuur bewaring.
Len, ek wil voorstel dat jy…
Len, ek wil voorstel dat jy daai foto van die wit buffel kalfie onder di R1000.00 kompitisie ook plaas, dit is 'n uiterste rate voorkoms.
Ek het al 'n paar albino diere gesien, maar hierdie is 'n eerste onder die buffels.
Wat die wilde honde betref, ons was nog altyd gelukkig om hulle naby Skukusa of Satara te sien. Baie mense het hulle nog nooit gesien nie. Ons het hulle een jaar ook so ver Suid as Krokedil brug gesien.
Dit bly maar mooi!
Hoor oom Fort Knox se punt,…
Hoor oom Fort Knox se punt, Onthou daar is soveel min van onse dier lewe oor wat grense oor gehardloop het, nou daar net electric drade om hul plekke soos die willetuin wat hulle in hou, Het ons nie màar klaar ingegryp nie. Om nou te se ons wil nie, klink nie so lekker
Gesie, jy is so reg wat…
Gesie, jy is so reg wat betref die mens het al klaar in gegryp. Die hele ekologiese sisteem is onderste bo gegooi. Natuurlike migrasie roetes bestaan nie meer nie, en so kan ons aan gaan oor ons inmenging.
Vandaar, my redenasie dat ons moet ons in mengery tot die uiterste beperk, dit gesê, ek gaan myself nou weerspreek. Ek het erg teen geskop met die opdroog en verwydering van die mens gemaakte water bronne in die wild tuin.
Ek weet en verstaan dat dit gevaar van uitwissing van sekere spesies tot gevolg kan hê, maar, dan kan die bewarings department mos die bedreigde spesie verkuif.
Finansiele "nadeel / voordeel" behoort nie hier 'n rol te speel nie.
Die kaapse kwaga is uit gewis, geen geld kan daai dier terug bring nie, natuur bewaring moes dit voorkom het, ongeag die kostes.
Kyk nou net weer na daai 54 leeus wat in die Vrystaat (Bloemfontein) dood gemaak is vir hul karkasse vir oosterse "medikasies", bull shit, dit moet nie toe gelaat word nie.
Dalk moet ons 'n nuwe draad begin in hierdie rigting, ons kaap nou Len se draad erg.?
Grote genugtig Len, dit is…
Grote genugtig Len, dit is een van die dodelikste slange. Gelukkig het hy julle nie gepla nie.
O, my aarde, Len. Wat doen…
O, my aarde, Len. Wat doen julle toe? Dit is baie erg, ek sou nooit so iets kon hanteer nie. Ek dink ek pak op en kom huis toe.![]()
Ek hoop julle geniet alles daar en dat jul baie en mooi diere sien.
Len, solank jy slang nie pla…
Len, solank jy slang nie pla nie, behoort hy jou te los.
Ja, die een se dood, is 'n ander se brood.
Oom Sleep, dan is dit…
Oom Sleep, dan is dit hoogtyd dat oom by oom Arie uitkom! ?
Oom Gees, beledig jy nou…
Oom Gees, beledig jy nou dalk die arme wildehonde??
Nog nooit gesien nie oom…
Nog nooit gesien nie oom Arie, NEVER, hiehiehie. ???
Balule
Hier sit ek in Balule-boskampie sonder 220V krag en alles werk soos 'n droom. Die Exclusive se Dometic absorpsie yskas en die Edesa vrieskassie werk probleemvry op gas. En my nuwe Moto-Quip invertertjie laai die laptop met 220V en word aangevuur deur die Exclusive se "mover" 102Ah 12V battery. Laasgenoemde hou ek op 12V plus krag deur elke aand 'n bietjie van die Pathfinder se batterykrag af te staan deur die twee met 'n kabel en Anderson-koppelstukke te verbind.





Ek dink weer dit is goed as…
Ek dink weer dit is goed as die roofdiere hom uithaal..... Glo nie ons het dit nodig om KNP. Te "boost" nie. Ek hoop regtig nie dat daar deur die mens ingegryp gaan word nie.