Nou kyk om 10 mans op n golfbaan los te laat op n Sondag oggend sonder “supervision “ is om moeilikheid te soek .So se die 1 ou “Ag man die golf is vervelig kom ons speel n slag anders .” Okay so wat het jy in gedagte vra die ander. “Right “ se die ou “ Ons slaan gewoonweg af maar die ouens wat die verste van die putjie af le moet n straf dop drink” .”Dit kan werk “ se die ander en hulle slaan af .En so drink die manne wat die verste le van die gaatjie elkeen hulle straf dop .Ek natuurlik vat my golf ernstig op en ek bly tussen die voorlopers .
Hier by die 7de putjie is daar van die manne wat al warm is hulle loop met die hande om mekaar se lyf en sing iets van “As ek moeg word vir die lewe in die stad ” hulle sleep ook nou al die “togg “ sak met die drank in agter hulle aan .Omdat ek nie iets te drinke gekry het nie is ek dors en sien van daai water sproeiers wat so spuit, spuit en gryp 1 en drink monde vol water .Ou dik Faan duik my skoon uit my skoene uit .” Hey nee man jy moenie hierdie water drink nie dis riool water “ Ek sit op my allie en trek weer my skoene aan “Hoe voel jy “ vra hy Nee se ek ,ek voel goed die water het mos nie al die organe ontmoet nie .So speel die manne klaar straf dop golf en vaar die klub huis in al singende .
Ek besluit ek gaan maar huistoe ek wil die rugby by my eie huis gaan kyk .Se al my Ghoebaai’s en vat die pad .By die huis gekom maak ek myself tuis voor die TV met “snacks” en drinke goed .Teen die tyd het die riool water nou kennis gemaak met al die organe en hulle goed die moer in gemaak .Al verdediging wat my maag het is om gas op te bou en ek voel hier kom die 1ste een maar ek laat loop hom sommer bolangs .Mense dit ruik onaardig en toe die 2de een kom besluit my lyf hy vat sommer die roete wat die minste weerstand bied en dis my exhaust .Ek laat loop kom so deur my onderbroek so phhhhtttttt klankie en daai ene is vrot die TV raak uit fokus uit .Die hond wat langs my op die bank gele het spring op en gee my so vuil kyk en loop le buitekant .
Toe die 3de een inskop tik my onderbroek my op die skouer en se “Nou moet jy plan maak boet” Ek draf in daai gang af dat al die prente so skeef bly hang ,my toon naels krul so om soos n kat s’n maak as hy vir n hond geskrik het .Ek bevlieg daai wit troon met die spoed van wit lig en toe voel dit asof “Puff the magic dragon “ hier agter my losgelaat word .Ek skreeu soos n Karoo vlermuis wie se radar gekalf het en die hele huis hoor en ruik wat daar aangaan in die parlements huis .
Teen 3 uur die oggend besluit die Russe hulle betree die oorlog met hulle “rooi oog Stalin orrel” vir die wat nie daai orrel ken nie daai ding vuur mos aanhoudend .Teen 4 uur die oggend smaak dit my die Russe is uit ammunisie en hier val so nou en dan n flou windjie wat klink soos n ballon wat op n kinder partjie afgeblaas word .Elke keer as ek my hand uitsteek na die toilet papier dan grom my maag weer .Half vyf daai oggend stap n baie flou en maer man uit die toilet uit ek het 4 kg verloor .
Word vervolg Maandag
Right, vertel verder, Dassie…
Right, vertel verder, Dassie.......... ![]()





Nice, skerp !!!
Nice, skerp !!!