Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Herman... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Bitterpan pad Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -1 hour ago
Brits diesel... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Foto laai Oktober 2026 saam gesels neef Herman -1 hour ago
Park kaart Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Johann.... Umfula Wessel Strydom -1 hour ago

CaravanParks.Com

Brackenfell, Weskaap
Submitted by Len Loader on
Forums

As ek na die jongste insette op ons Kampforum kyk, lyk dit vir my of die onaangenaamheid wat op die bogemelde forum ontstaan het en waarby Kampforum en van sy lede ook betrek is, nou iets van die verlede is.

Persoonlik sê ek dankie aan Kampforum-lede wat hierdie saak agter hulle geplaas het en wat die besluit geneem het om baie eerder met kampsake en ander interessante gesprekke aan te gaan.

As daar dalk iemand is om nog steeds oor hierdie saak te gesels, heroorweeg dit asseblief. Dis net nie die moeite werd om verder hieroor voort te ploeter nie.

Hierdie is my persoonlike versoek  -   ek is 'n gewone deelnemende lid van Kampforum en is en was nêrens betrokke by die stigting, oprigting of bestuur van Kampforum nie.  Al wat ek vra is 'n kring van belangstellendes in die kamplewe om saam oor hierdie onderwerp te gesels.

Dankie dat jy hier gelees het en dat jy my versoek sal oorweeg.

Presies Deon, netsoos ek in my eerste paragraaf gesê het, maar daar mag dalk (net dalk) net iemand wees wat nog iets daaroor wou sê.

Ns.  Ek hou van jou avatar.  Ek het my vergrootglas uitgehaal, maar kon nie die woord na "Cable" lees nie.  Toe gaan 'n liggie op en ek vergroot die avatar en sien toe "tie" !  Briljant man, ek dog eers jy is 'n gesertifiseerde kabel-tegnikus wat seker iets te doen het met vesel-optiese kabels wat nou die hele land deur gelê word !

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Wed, 25/04/2018 - 05:50

Ek is "hier" en "daar" en ek wil dit so hou. Soos ek reeds gesê het ek het vriende "daar" wat nie "hier" is nie. Soos dit was moeilik.

Ek moet erken my hart is seker meer "hier".Dit kom maar van die Wegsleep forum af. Ek beskou hierdie maar amper as die tweede asem wat Anton aan die ou Wegsleep en sy mense gegee het.

Ek het seker so 3 keer saam met die "daar" mense gekamp (meestal winter kampe by Bloekompoort) en het hulle ook baie geniet, sowel as die ou Kinderkampe van Wegsleep.

Ek wou nie in n posisie geplaas gewees het waar ek moes kies nie. Ek is op paar ander forums ook, insluited een Britse een wat 10 pond per jaar kos.

Moet erken ek was seker ook nie heeltemal onskuldig in die sirkus nie, maar soos ek elders ook genoem het, dit was tyd vir aanbeweeg soos Len sê.

0
Port Elizabeth

Frieps

Wed, 25/04/2018 - 11:02

Dankie Len, jy is heeltemal reg.   Ek het reeds vanoggend daar 'n plasing gemaak waarin ek, onder andere, verskoning aanbied vir my aandeel in die ongelukkigheid, ook in die verlede.   Nou het ek vrede en kan werklik saamstem dat ons aanbeweeg.

Ek wil net weer vir Anton die versekering gee dat ek baie respek het vir hom en dankbaar is vir wat hy vir die forum gedoen het en nog gaan doen.

 

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 25/04/2018 - 14:18

Len, ja dit is hopelik nou onder die mat en uit die hart en oog.

Ek voel nogal sterk dat so iets nie weer moet gebeur nie, dit bring twee spalk en baie onsmaaklike dinge.

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 25/04/2018 - 15:39

Dit gaan oor geestelike waardes .

If you snooze you loose !  Jy moet meer gereeld hier rond sweef en kuier Gesie.

Ons mag nie meer daaroor praat nie.

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Wed, 25/04/2018 - 15:44

 

Ons mag nie meer daaroor praat nie.

Damn, mis ook al die fun!

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus