Colin het eergister van die ablusieblok teruggekeer en vertel ewe benoud vir my dat hy, omtrent 25m voor ons karavaan amper op 'n slang getrap het. Dit was lank, dun en groen en het vining geseil direk na 'n boom en daarin verdwyn. Dit was natuurlik gladnie iets wat ek wil hoor nie en ek het gesorg dat ek draaie stap om daardie boom.
Gister kom hy weer terug van die ablusieblok en vertel dat 'n vrou hom daar vertel het dat 'n dame, by 'n ander ablusieblok, gaan stort het. Sy was net klaar gestort en het in die aantrekhokkie op die bankie gaan sit om haar af te droog, toe 'n "boomslang" uit die dak val en op die vloer van die aantrekhokkie te lande kom. Ongelukkig weet ons nie hoe sy verby die slang gekom het nie, maar sy het blykbaar, nog nat en net met die handdoek om haar, al gillende uit die ablusieblok gehardloop. Mense het ingegaan, die slang daar gevind en doodgemaak.
Die storte se aantrekhokkies is nie juis groot nie, so as dit ek was, weet ek nie hoe sou ek bo-oor of verby die slang kon kom nie. Ek sou tien teen een bo-op die bankie gaan staan en begin gil het. Maar die feit dat Colin self ook 'n slang gesien het, laat my dink dit is seker waar. Ek kyk nou maar goed rondom my en hoop net ek ontmoet nie een van hulle nie.
JOHANN L: Ai tog Freda, gelukkig kan jy nie nou sien hoe grin ek nie, want ek weet hoe bang jy vir slange is, maar ek moet sê, ek dink as dit my vroutjie moet oorkom, ek wonder wat kos dit om so ablusie dak te vervang.
Hoop maar die slange los jou in vrede.:)
VOORTREKKER: Ek wil ook nou nie iets gese het nie want maar gedink hoe gouer dit uit jou kop uit kom hoe beter.
Gelukkig het hulle hom gevang en doodgemaak.
HARRY DU RANDT: Ook nie lief vir hulle nie.
Ek kan onthou, toe ons aan die noodkus van natal gebly het, was daar vreeslik baie slange.
Dit het baie gebeur wanneer ons gery het, het my Pa dood gerem as hy n slang gesien het wat oor die pad beweeg het. Hy het gewoonlik bo op hulle gerem dat die wiele sleep. Dit was gewoonlik onverwags vir ons as kinders, want hy het nooit iets gesê as hy n slang gesien het nie, dan het ons almal soos vliee teen die windskerm van binne gesit.
Gewoonlik het hy terug gery en op hom gespin en uitgeklim om seker temaak slang is dood.
Hy het altyd gesê die Bybel het gesê jy moet sy kop vermorsel.
DUSTY: Harry, om net oor die slang te ry maak hom nie dood nie behalwe as jy oor sy kop ry. Dit is hoekom jou pa bo-op die slang gerem het.
Ek het ook tussen slange groot geword. Dit was niks snaaks om by die huis uit te loop en een by die deur te vind nie. Die meeste kere was dit 'n rinkhals gewees.





Wat is die
Kry ek die stokoud gesels oor slange. Die foto is van so potlood dik slangetjie wat onder ń klip gelê het. Baie skaam outjie, maar so pragtig. Word die gevkekte kousbandjie genoem. Of ek dink Harlequin snake in Ingils.
Zoom in, daar in die middel steek so stukkie van die lyfie uit.