Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Verbeel ek my of het............... Oktober 2026 saam gesels Len Loader -1 minute ago
Herman Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -18 minutes ago
Lekker Len gaan weer Kruger Wildtuin… Geert -23 minutes ago
Len Len gaan weer Kruger Wildtuin… Jan Meyer -1 hour ago
More,Ons is geboek vir… Vakansiebeplanning 2026/27 Herman Goossens -2 hours ago
Daarshy! Len gaan weer Kruger Wildtuin… Voortrekker -2 hours ago

Wat kom leen mede kampeerders by jou

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps
Submitted by Frieps on
Forums

Al moet ek dit self sê, ek en Colin is redelik georganiseerd en het omtrent 100% van die tyd alles wat mens benodig as jy kamp.  Sommige goedjies gebruik jy omtrent nooit, maar dit is daar vir ingeval.

Dit het al dikwels gebeur dat bure, ewe verleë, sal kom vra of ons nie dit of dat het om vir hulle te leen nie.   Ons vind dit soms baie snaaks dat mense, iets wat hulle nodig gaan hê, nie saamgebring het nie.  Miskien omdat dit meestal klein goedjies is.    Moenie my verkeerd verstaan nie, ons is maar te bly om te help, gee nie in die minste om nie.

So, het mense al dikwels by ons kom leen:

Kurktrekker vir hul wynbottel.  (Al baie keer)
Botteloopmaker vir hul bier (wat nie 'n afdraaidoppie het nie)
Blikoopmaker vir hul blikkieskos
Rasper om kaas te rasper vir die braaibroodjies
'n Pleister vir hul kind se bloeiende knie
Hoofpynpille 
'n Bietjie Sunlight Liquid
Die Besem!   (Al baie keer)
Skoppie en borsel
'n Rooster.  (Baie mense het nog nie geleer dat meeste kampe nie roosters voorsien nie)   
Vuurhoutjies

Ons het ook al vir mense uitgehelp met iets wat hulle dan vervang het na hul by 'n winkel kon uitkom.  Selfs eendag 'n boks tissues vir die kinders se snotneusies.  Ses biere, 'n bottel brandewyn, hout, Blitz.

Ek dink die ou wat die meeste verlig is dat jy kan help, is daai man wat met die toe bottel wyn in sy hand staan.  Een ou wou ons sommer een aand 'n bottel wyn gee vir die leen van die kurktrekker.

VOORTREKKER:Gaan my vestand te bowe as iemand 'n Tent pen hammer by my kom leenl -   dis so goed soos jy staan langs my in die badkamer en vra of jy my tandeborsel kan leen -  ok nou nie heeltemaal dieslfde nie, maar amper daar.... 

SEGEKOK:

Het self ook al baie mense gehelp met die nodige wat agter gebly het of vergete is...

Op Swadini het ek ewe braaf my penne en hammer uitgehaal ...  daai grond was so hard dat ek niks kon regkry nie.  Buurman het toe vir my sy boor gebring (sonder dat ek vra) dankbaar!!    (Dink hy kon nie meer die gekap hanteer nie)
Nou ry ek my eie boor saam  net vir ingeval....

DUSTY: Het self al mense gehelp.  Meestal 'n hamer en 'n graaf. Dit is so maklik om iets te vergeet.
Het self al 'n keer gereedskap geleen om een van my vorige voertuie se sleepstang af te haal wat op die perseel gebuig het.

HARRY DU RANDT:

Besem is wat al die meeste by ons geleen is.
Dan pynpille
"Jumper" kabels, ook n keer of twee.

Die ergste vir my is, die ouers vra nie self nie, stuur altyd die kinders, "my Ma vra of ........."
Kry seker skaam ?

ANDRE SMIT:

Badplaas o Badplaas,

As jy daar gaan kamp vir 'n week of twee, GAAN jy êrens natreen. Op Badplaas reen dit egter nie net nie -- dit sous.

Met die kinners nog op skool het ons 7 Desembers agtermekaar daar gekamp vir meestal 3 weke.

Sommer na die eerste kamp en lesse geleer lyk dit met die opslaanslag soos 'n mynbou inoefening by die Smitjies soos die afleivore gegrawe word.

Dan hier by die 3de, 4de, tiende dag maak die sluise oop en dan sien jy hoe die "Lenies" rondhol vir grawe, hamers, ekstra penne en dan leen jy maar soos wat jy kan.

Tussen 'n paar van ons het ons al 'n hele tent se pale vir 'n makker bymekaargemaak wat sy hooftent se sak pale in Lichtenburg vergeet het. Nie 'n trekkie wat jy gou terugjaag om pale te gaan haal nie.

Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Mon, 17/12/2018 - 06:12

Wonder of oom Harry sy jumpers ingepak het en of hy sal moet leen, aai tog, Toyota eienaars en hul probleme. 😂😂😂

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Mon, 17/12/2018 - 08:17

Bure het Vrydag my vrieskas kom leen, maar dit is 'n langerige storie wat ek later sal vertel, onder "Sit ek op my stoep"

Hierdie week hewt ons 'n baie vol program dus skryf tyd is maar min.

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Mon, 17/12/2018 - 08:47

Die jumpers is in gelaai. Net ingeval ek iemand moet jump start devil

En ja die Toyota gee nou probleme met sy battery wat nou al 12 jaar in is. Hou jou Datsun bakkie se battery nog na al die tyd. smiley​​​​​​

Moet sê hy het nog maklik ge start elke keer. Seker omdat ek met met die dak liggie aan ry in die nag cheeky

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Mon, 17/12/2018 - 08:51

Het gedink om die buurman se groot luukse motor home te leen vir die tyd na my probleme.

Maar ek dink ek sou die vriendskappe net te vêr druk. smiley​​​​​​

Hy leen dan nie eers sy sexy vrou uit nie. Dit is nou om vir mens kos te maak. wink

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Mon, 17/12/2018 - 08:53

Die wyfie se Datsun Go battery is nog top notch oom Harry, is n exide.

Wel die Navara se battery vervang met n sabat, was seker nie nodig nie, net gedoen oor ek so godsdienstig is. 😨

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Wed, 16/01/2019 - 07:33

My jongste broer sy vrou en 2 kidz nou November by Weesgerus gaan kamp hulle maar nuut met die kamp hy se vir my mense stap later oor en vra of hulle n spaar ketel het en n blik koffie het om te leen ja dis maar deel van kampcheeky

0

By Mbizi het my buurman Patch en solution en pomp ens geleen om sy laaitie se fiets se wiele te patch na daai mase doring storm laasjaar.

Seker omdat ek besig was om my seuns se wiele op te patch.

0
Pretoria
Profile picture for user Gudi

Gudi

Wed, 16/01/2019 - 14:16

Desember 2012 het 'n wit man swart  peperkorrels by my gebedel vir sy potjie by Mosselbaai Punt (Ek is gekleurd...oeps mag ek dit sê)

Ek was nogal baie "chuffed" met my transformasie insident !!!

0
Vereeniging
Profile picture for user Harry Du Randt

Harry Du Randt

Wed, 16/01/2019 - 14:55

Ek het nog nie peperkorrels uitgeleen nie, die eers wit peper nie. smileysmiley

Wat al op my uitleen lys was:

Jumpers / Besem / Pleisters / Pyn pille / SD kaart / Buitelig / Uie en Aartapels / 12V wiel pomp / Bottel Brandewyn

Van die goed het ek natuurlik nie terug gekry nie smiley

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Wed, 16/01/2019 - 15:00

Middag Gudi

Is ons nie maar almal van kleur nie?   Jy mag amper enige iets sê, net nie sensitiewe onderwerpe soos Ford, Toyota aanraak nie.

Hier is baie sensitiewe lede betrokke

Wessel 

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Thu, 17/01/2019 - 09:33

Ons kamp want kamp is koning ek leen graag sou jy iets kort maak net seker jy kamp my raakcheeky

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus