Sit ek vroeg oggend met n lekker beker koffie en staar oor die Krokodil rivier nadie berg aan die oorkant. Die son het so pas oor die kruin van die berg regs van my begin loer. Die mooiste kleure op die oorkanste berg en oor die water. Om alles te kroon kom die kamp se baie skaam residentieele krokodil toe ook uit om in die sonnetjie te gaan le en bak.
Di uitsig was seker die mooiste mooi wat ek in n lang tyd gesien het. Sit ek toe in dink aan al die mooi fotos hier op die forum, die Transkei, Namibia, ens. Bessef ek toe weer watse wonderlike voorreg isdit nie om al die mooi te mag beleef, al is dit soms net met fotos!
Dink toe skielik watse plesier en genot moes dit vir ons Skepper gewees het om sulke wonderlike landskappe te skep? Maar bessef toe ook hoe uiters teleurgesteld Hy moet wees as hy sien hoe bemors en vernietig ons sy ongelooflike mooi skepping.
Moet erken die uitsigvroeer het my in die regte stemming geplaas om uit volle bors (vals enal) Sy lof te sing in die kerk.
Ons moet maar elke dag op ons kniee gaan uit dankbaarheid vir die wonderlike voorreg, en probeer minder kla oor onbenullighede.
HARRY DU RANDT: Baie ware woorde oom Arie
FRANS PRETORIUS: Arie, dit is nou ware woorde, en al wat ek daarop kan antwoord, is: AMEN
DUSTY: Goeie middag almal.
Ja, 'n mens is geneig om gou te kla as dinge nie na ons wense is nie. Ons kyk baie keer na die deur wat toe gegaan het maar ons sien nie die venster wat oop gegaan het nie.
Daar is sooo baie mooi in die natuur en ons mis dit gewoonlik
VOORTREKKER:
Ware woorde oom Arie.
Nou sit ek hier in my verbeelding en sien hoe oom Arie uit volle bors sing!
FREDA: Mooi en ware woorde Arie. Ja, alle eer aan Hom wat alles vir ons gemaak het.
Ons mooi wereld
Arie, dit is waar want ons is geneig om meer te kla as om te prys.





Ons mooi wereld
Baie mooi en waar Arrie. Ons is ons eie grootse vyand.