Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Auchterlonie Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -4 minutes ago
Molle Oktober 2026 saam gesels neef Herman -14 minutes ago
Knoffel Oktober 2026 saam gesels Johann L -47 minutes ago
Rona Rock View Lodge Nelspruit Johann L -1 hour ago
Knoffel Oktober 2026 saam gesels Geert -1 hour ago
Skerp reuke Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago

Hierdie donkie stamp sy kop 2 keer - Geeswatwandel

Submitted by Admin on
Forums

Die gesie het al twee keer alleen in die verldede by Tibani lodge net so buite Potties gaan kamp.

Ek sien n lekker staanplek en beplan hoe om met die bakkie te swaai en die karavaan lekker in te stoot en maak toe ook so.
Die volgende oomblik hoor ek iets en die bakkie staan botstil. Klim uit en sien die bakkie se agterwiele nie meer op grond. Hulle hang in die lug en die A Raam druk op die grond. Dit is toe nou daar waar mens van die gras af gaan in n versonkte grondpad wat dit veroorsaak het.

Die mense wat by die kamp plek werk was baie behulpsaam en het my mooi gehelp. Eers drie ure later los gekom. Moenie dink n mens kry daai handle op die karavaan se hak net so opgelig dat die bakkie grond toe kan val nie. No ways hy het gesit.

Nou hier kom dit. Die tweede keer toe ek daar gaan kamp gebeur presies dieselfde, Flippit, was ek kwaad vir myself!

Groete

FREDA: Agge nee.   Dit is baie stresvol as so iets gebeur en dan wanneer jy en jou maat mekaar sommer maklik in die hare vlieg, oor niks.  Miskien was die opmaak met die eerste keer die moeite werd, dat jy dit toe maar onbewustelik weer gedoen het.

ARIE:

Ai, nou lekker gelag, ek sien toe mos in my gedagtes hoe lekker ou Gesie met homself opmaak!
Sal nou maar liefs nie in detail vertel wat e alles gesien het nie!
Freda ekvermoed jy het mis gelees dat Gesie alleen gekamp het?

FREDA:

Arie het geskryf:

Ai, nou lekker gelag, ek sien toe mos in my gedagtes hoe lekker ou Gesie met homself opmaak!
Sal nou maar liefs nie in detail vertel wat e alles gesien het nie!
Freda ekvermoed jy het mis gelees dat Gesie alleen gekamp het?

Ja, dit het ek sowaar misgelees.  Jammer Gesie, dit sal jou leer om alleen te gaan kamp.   Iemand wat agter staan en links wys en regs wys en stop wys, help nogal soms.    Mind you, ook soms vanaf die wal in die sloot

Arie, jou insette het my al geleer, jy sal nogal goed wees om daai detail te beskryf.   Liewer nie, netnou word ek van medepligtige aangekla.

GEESWATWANDEL: Whahaha, Eish oom Arie is lekker stout. Ja tannie Freda daai opmaak is altyd beter, baie beter as die fight, so hoor ek ook. Fight moes nooit met die wyfie, kan n fight sien wat ek gaan verloor.

SLOWSTRIKE:

Jy moes maar die graaf gevat het en die bak vol grond beginne laai het ..........

Ek weer het al 2 keer my jockey wiel moes vervang al twee kere die ding nie opgetel by die kampplek nie al al twee kere nadat ek die wa gehak het en eers gou gaan afspoel het in die stort. Dink mos jy sal onthou om die ding op te tel voor jy ry maar nee...

Nou is die goue reel as die wa gehak is is die wiel op of hy so staan vir 10 min of die res van die dag maak nie saak nie

Groetnis

 

Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Thu, 07/12/2017 - 08:59

More more,

Oomse Sleep nou en Voortrekker, die gesie was stout en gaan in die hoekie sit. Sien die gesie was n roofkyker, het gereeld kom kyk wat aangaan maar geen bydrae gelewer. Vergewe tog, groot seblief.

Verskeie faktore het hiertoe bygedra en ek lys hulle graag vir julle.

  1. Ek het hierdie sterk vermoede dat oom Arie ophou rook het en wil nie as die enigste roker op die forum bekend staan nie.
  2. Dit sluit aan by nommer 1 hierbo. Ek sien dat daar lekker gekamp gaan word op Mabalinge en sal dit nie kan maak nie, se nou, ek is die enigste roker aangesien party mense my gedrop het!
  3. Mens kan natuurlik ook altyd die werk die skuld gee, ja altyd n goeie een, was so baie besig, LOL.
  4. Kan nie reverse met n karavaan om my lewe te red nie, se nou iemand sien dit iewers waar ek gaan kamp en kom vertel dit oor hier op die forum. Ek skaam my dood.

 

Ja die lewe is swaar, dit was lank, die gesie gaan nou n ander draad stig en se wat spook hy mee.

Groetnis.

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Thu, 07/12/2017 - 09:26

More tannie Freda,

Dankie vir die welkom. Kyk dit hang nou af? Gaan tannie daar wees, harde musiek aansit, bietjies te veel dop en dan topless gaan?

Indien wel, klink dit na iets wat nie gemis kan word nie.

0
Secunda

Sleep nou

Thu, 07/12/2017 - 10:07

Bly om van jou te hoor gesels nou maar saam alles vergewe en vergeet

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus