Die gesie het al twee keer alleen in die verldede by Tibani lodge net so buite Potties gaan kamp.
Ek sien n lekker staanplek en beplan hoe om met die bakkie te swaai en die karavaan lekker in te stoot en maak toe ook so.
Die volgende oomblik hoor ek iets en die bakkie staan botstil. Klim uit en sien die bakkie se agterwiele nie meer op grond. Hulle hang in die lug en die A Raam druk op die grond. Dit is toe nou daar waar mens van die gras af gaan in n versonkte grondpad wat dit veroorsaak het.
Die mense wat by die kamp plek werk was baie behulpsaam en het my mooi gehelp. Eers drie ure later los gekom. Moenie dink n mens kry daai handle op die karavaan se hak net so opgelig dat die bakkie grond toe kan val nie. No ways hy het gesit.
Nou hier kom dit. Die tweede keer toe ek daar gaan kamp gebeur presies dieselfde, Flippit, was ek kwaad vir myself!
Groete
FREDA: Agge nee. Dit is baie stresvol as so iets gebeur en dan wanneer jy en jou maat mekaar sommer maklik in die hare vlieg, oor niks. Miskien was die opmaak met die eerste keer die moeite werd, dat jy dit toe maar onbewustelik weer gedoen het.
ARIE:
Ai, nou lekker gelag, ek sien toe mos in my gedagtes hoe lekker ou Gesie met homself opmaak!
Sal nou maar liefs nie in detail vertel wat e alles gesien het nie!
Freda ekvermoed jy het mis gelees dat Gesie alleen gekamp het?
FREDA:
Arie het geskryf:Ai, nou lekker gelag, ek sien toe mos in my gedagtes hoe lekker ou Gesie met homself opmaak!
Sal nou maar liefs nie in detail vertel wat e alles gesien het nie!
Freda ekvermoed jy het mis gelees dat Gesie alleen gekamp het?
Ja, dit het ek sowaar misgelees. Jammer Gesie, dit sal jou leer om alleen te gaan kamp. Iemand wat agter staan en links wys en regs wys en stop wys, help nogal soms. Mind you, ook soms vanaf die wal in die sloot
Arie, jou insette het my al geleer, jy sal nogal goed wees om daai detail te beskryf. Liewer nie, netnou word ek van medepligtige aangekla.
GEESWATWANDEL: Whahaha, Eish oom Arie is lekker stout. Ja tannie Freda daai opmaak is altyd beter, baie beter as die fight, so hoor ek ook. Fight moes nooit met die wyfie, kan n fight sien wat ek gaan verloor.
SLOWSTRIKE:
Jy moes maar die graaf gevat het en die bak vol grond beginne laai het ..........
Ek weer het al 2 keer my jockey wiel moes vervang al twee kere die ding nie opgetel by die kampplek nie al al twee kere nadat ek die wa gehak het en eers gou gaan afspoel het in die stort. Dink mos jy sal onthou om die ding op te tel voor jy ry maar nee...
Nou is die goue reel as die wa gehak is is die wiel op of hy so staan vir 10 min of die res van die dag maak nie saak nie
Groetnis
Geeswatwandel - Sleep nou…
Geeswatwandel - Sleep nou ek sit al die hele week met die gedagte om 'n draad te begin "waar is geestwatwandel"
Ek sien hom in my geestes…
Ek sien hom in my geestes oog! Hy het sy verskyning kom maak!
More more
More more,
Oomse Sleep nou en Voortrekker, die gesie was stout en gaan in die hoekie sit. Sien die gesie was n roofkyker, het gereeld kom kyk wat aangaan maar geen bydrae gelewer. Vergewe tog, groot seblief.
Verskeie faktore het hiertoe bygedra en ek lys hulle graag vir julle.
- Ek het hierdie sterk vermoede dat oom Arie ophou rook het en wil nie as die enigste roker op die forum bekend staan nie.
- Dit sluit aan by nommer 1 hierbo. Ek sien dat daar lekker gekamp gaan word op Mabalinge en sal dit nie kan maak nie, se nou, ek is die enigste roker aangesien party mense my gedrop het!
- Mens kan natuurlik ook altyd die werk die skuld gee, ja altyd n goeie een, was so baie besig, LOL.
- Kan nie reverse met n karavaan om my lewe te red nie, se nou iemand sien dit iewers waar ek gaan kamp en kom vertel dit oor hier op die forum. Ek skaam my dood.
Ja die lewe is swaar, dit was lank, die gesie gaan nou n ander draad stig en se wat spook hy mee.
Groetnis.
Hallo Gees. Jy is ie die…
Hallo Gees. Jy is nie die enigste roker hier nie - moet nou nie die ander rokers drop nie asb! ![]()
Dit is goed om weer van jou te hoor!
Welkom terug as 'n "prater"…
Welkom terug as 'n "prater" Gees. Hoop jou dae van "rooflees" is nou verby.
Ek dink jy moet Mabalingwe toe gaan......
More tannie Freda,…
More tannie Freda,
Dankie vir die welkom. Kyk dit hang nou af? Gaan tannie daar wees, harde musiek aansit, bietjies te veel dop en dan topless gaan?
Indien wel, klink dit na iets wat nie gemis kan word nie.
Ek dink Harry beplan 'n…
Ek dink Harry beplan 'n strip show? Ek sal die harde musiek speel.





Ou Gees waar is
Geeswatwandel kom in gesels saam waar sweef jy rond