Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Daarshy! Len gaan weer Kruger Wildtuin… Voortrekker -7 minutes ago
bollie vraag gewees Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -1 hour ago
Len, Len gaan weer Kruger Wildtuin… Johann L -1 hour ago
Antwoord op Wessel se vraag Len gaan weer Kruger Wildtuin… Len Loader -1 hour ago
Dit is ... Len gaan weer Kruger Wildtuin… Chris Boucher -2 hours ago
Len... Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -11 hours ago

Hallo sê.

Wonderboom Suid
Profile picture for user chrisbeachbum
Submitted by chrisbeachbum on
Forums

Vanaand weer ontdek ek hierdie kampforum na 'n gesprek met Dusty.

Jare laas op 'n kampforum gesels; Om die waarheid te sê, laas nog lank voor Wegsleep s'n toegemaak het.

Herken darem 'n paar ou lede se name hier.

Mooibly.

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Fri, 22/06/2018 - 20:37

Baie, baie welkom, Chris.   Ons is baie bly dat jy aangesluit het en hoop om nog baie van jou te hoor.   Jy lyk nie soos 'n beach bum nie, maar ek hou van jou naam.laugh    Geniet die gesels hier saam met ons.

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Sat, 23/06/2018 - 05:56

Chris, bly jy het aan gesluit en baie welkom

Freda, hy het homself beachbum genoem omdat hy vir n lang tyd al langs die Natal se kus op en af gekamp het.

 

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sat, 23/06/2018 - 08:12

Oom Chris, baie welkom hier! Het jou seker so 5 jaar laas gesien toe jy by ons kom kuier het in Joost Bekker, maar intussen darem op gesig boekie kontak gehad.

Jy moet 'n visvang draad hier begin, dan kan jy lekker jou diep kennis hier deel!

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Sat, 23/06/2018 - 08:40

Arie, dit is soos jy sê. Chris is n goeie visserman. Ek het him by Seekoeigat in lewende lywe ontmoet. Ek sien hy sê in 2012.

Hy kan vir ons baie goeie raad gee

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sat, 23/06/2018 - 09:11

n

Nie net visvang nie - daai man kan [en mag maar] musiek maak laat die biessies bewe.

Voorwaar 'n man met vele talente!

0
Wonderboom Suid
Profile picture for user chrisbeachbum

chrisbeachbum

Sun, 24/06/2018 - 11:02

Sjoe....., 'n hele paar stemme uit die verlede uit.

Goed om te sien julle is nog regop en steeds aan die tjorrel.

Moet nou net eers uitvind wat die regte manier is om 'n "comment" te maak, hehe..!

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sun, 24/06/2018 - 14:04

... wat ek nou eintlik wou sê,  ek gesels met my ander vriend, ou steekbaard, en hy vertel my Chrisbeachbum is 'n groot visserman?  Nie groot nie, maar m@€r groot!!? smiley

Hier is 'n vivang sub forum hier êrens, maar daar gaan nie veel aan nie wink

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sun, 24/06/2018 - 15:02

Toe Voories skoolhoof van hierdie forum geword het, het hy nie gevloek nie, geen stout grappies vertel nie.   Hy was 'n voorbeeldige seun.   Moenie nou die kabouters blameer nie, dis ons wat Voortrekker laat afdwaal het.....   "if you can't beat them, join them". angel

Hy het ons darem nog nie kantoor toe ontbied nie.laugh

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus