Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Len... Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -1 hour ago
groen Kgalagadi... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -5 hours ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -5 hours ago
Etoll Voertuiglisensie Geert -6 hours ago
Die Auobrivier Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -6 hours ago
Voortrekkery Voertuiglisensie Rona du Plessis -7 hours ago

Nuut hier rond...

Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag
Submitted by Lapskag on
Forums
Goeie dag julle almal, ek is nuut op die forum maar 'n ou roof kyker/leser en het julle gesprekke so geniet en toe Voortrekker die web verander was ek lekker gesnoeker, maar nou is ek hier, met of sonder been hare. So n bietjie meer van myself soos gevra gaan word. My regte naam is ook Johan en is wettiglik getroud met Nellie en het 3 dogters en 3 klein dogters en 'n klein seun in wording. Ons het eers die tent ding gedoen maar doen die karavaan ding die laaste 3 jaar. Gunstilling kamp op die staduim is Eastco Parys, lekker rustig en sag op die sak omdat dit net ons twee is. Sleep met 'n Mahindra XUV500 en 'n Sprite sprint, ek kan nie kla nie. Kamp bly lekker. Probeer so een naweek 'n maand te gaan kamp. Hou my besig met hande werk as ons nie kamp of werk nie en bly so dan uit die strate en uit die moeilikheid. Nellie is lief vir naaldwerk en ons altwee hou van bak en brou. Kos maak is my werk as ons kamp en slaan saam kamp op en kan sports raak as die tent pale deurmekaar raak, maar ons wen. Meer van my hande werk later.
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Fri, 27/07/2018 - 11:35

Lapskap, die restorasie werk is baie mooi.  Ek is self lief daarvoor om ou goed veral met hout weer reg te maak.

Dankie vir die draad en dat julle hier aangesluit het.   

Hoe is die visvang daar by Eastco?

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Fri, 27/07/2018 - 11:49

Hi Voorie, aan die kante van die oord teen die rivier kan jy "pap gooi", redelik baie water, maar in die middel is net plek vir vlieg hengel, vlak water met baie klippe. Dan kan jy ook deur die rivier en oor die eiland loop  en dan in die ander strome ook gaan vlieg hengel. Daar is 'n paar manne wat gereeld daar op 'n Saterdag more stop vir vlieghengel en dan sien jy hulle eers weer later die dag trug kom. Hulle betaal net n dag terief en geniet hulle self. Dit is lekker stil daar en Noddy was mos nou ander dag ook daar.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Mon, 30/07/2018 - 06:23

Hallo Johan en Nellie  -  welkom tussen ons Kampforum-kletsers !

Pragtige restourasie wat jy gedoen het.  Waar kom die perdewa vandaan en doen jy dit vir 'n stokperdjie ?  Ek het boere-vriende in Memel (naby Vrede) in die Vrystaat wat altyd opsoek is na iemand wat perdekarre restoureer.

Waar kom die interessante forumnaam Lapskag vandaan  -  het dit iets met 'n skag in die mynwese te doen ?

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Mon, 30/07/2018 - 14:20

Dankie almal vir die verwelkoming hier, is eintlik 'n ou roof leser van toeka se tyd, ja raas maar omdat ek nie aan gesluit nie. Ek en die media is nie groot pelle nie.

Lapskag is n by naam wat een van my fietsry maats gegee het toe ek op Vaal Reefs se nuwe skag begin het. Hier was te veel Johanne en toe vat ek maar die volgende gepoetste op die lys.

Ek is inderdaat van die Labuschagne familie wat uit die oos Vrystaat uit kom, en maar na ons trou die kamp ding aangeleer en was nog nooit spyt nie.

Dusty jy sal moet vinnig spring om daai naweek plek te kry by Eastco Parys, nogal baie gewild. Ek het n kanselasie gekry vir daai naweek en sal op staanplek 23 wees sou jy 'n plekkie kry.

Die restorasie is maar deel van om my besig te hou met my hande as ek nie kamp nie en soms sommer iets te bou van staal. Was/is ketel maker vroeer gewees maar is nou betrokke by projek bestuur en doen kapitaal projekte in Afrika vanuit Johannesburg.

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Mon, 30/07/2018 - 14:31

Die perdekarretjie is 'n vriend van my sinne wat ek vir hom gedoen het. Eintlik nou die tweede ene en die derde ene is Saterdag afgelaai om binne kort te begin. Ek sal hulle fotos ook binnekort plaas.  Die mater het my diep bygestaan toe ek in 'n donker sloot was en sy hand my uitgelig het. Nou is dit my beurt om terug te gee. Hy het so 50 perde en n paar ponies wat hom na ure besig hou as hy by die huis is.

Dit sal seker lekker wees om ander ook te help, maar soms dink ekke dat die selfvertrou so n bietjie ontbreek en dat ek bang is vir skade op ander se goed wat vir hulle kosbaar is. 'n Ander dink wat soms moeilik is, is on hande ure om te skakel in rande, kan nie net sommer gebeur nie. As jy 'n besigheid bedryf voltyds is dit 'n ander saak en soms as daar geld betrokke is raak mense soms naar met jou. Groete eers tot later, ek weet hier gaan ons nog 'n hond uit die bos binne in die karavaan klets en kamp.

 

0
Jeffreys baai
Profile picture for user Lapskag

Lapskag

Tue, 31/07/2018 - 07:55

Hi Len, jy kan maar my nommer vir die vriende van Memel gee, net dalkies kan ek hulle 'n bietjie later help as die probleem nie te groot is nie. Hulle kan my by 0ag2 7ag2 4ag2en nog n vier kry. Dit sal interesant wees om te sien wat hulle daar het. Hier by ons het 'n ander boer alles verkoop en blykbaar was daar 26 karretjie wat 'n ryskool in Kinberley gaan koop.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus