Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hot Rock - steeds nie die einde nie.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -6 hours ago
Dankie Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -16 hours ago
 Daar is n veld, wat so… Oktober 2026 saam gesels neef Herman -17 hours ago
....  wel natuurlik die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -18 hours ago
Johann jy sit my nou aan die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -18 hours ago
Iphone Toep wat aflyn kan wys waar… Johann L -18 hours ago

Kamp En sterre kyk

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums
k s m c

SEGEKOK: Baie nice.  Wat se lens het jy gebruik?

VOORTREKKER: Hi Segekook, dit is geneem deur 'n "teleskoop" wat maar nogsteeds 'n lens is.  So, om te antwoord, dit is 'n 1500mm Schmidt Cassegrain Optical Tube. Met 'n 6 duim of 150mm diameter.  So, 1500mm / 150mm =  F10
Die volle  maan foto's is met gewone "crop sensor" dslr kamera geneem.  Die meer close up's is geneem met "planetary camera" wat klein sensor en klein pixel groottes het om soedoende meer detail te kry.

SEGEKOK:Dankie.  Wou net seg dit moet een lang lens wees en beslis n ding wat daai kamera kon stilhou..

MARS m JUPITER j SATURN s MERCURY m NEPTUNE n VENUS v

HARRY DU RANDT: Dit is nou vir jou baie mooi.

ARIE: Nou groot geskrik, toe ek net sterre sien toe dog  Petra het my weer geklap.

Baie verlig toe ek sien dis Oom Voorie se mooi prentjies.

FREDA: Sjoe, dis fantasties om sulke foto's te kan neem.  Ek kan gewoonlik niks afneem wat meer as 10 meter van my af is nie.
Baie mooi, Voortrekker.

SEGEKOK:

Ek voel skoon jaloers op daai fotos. big_smile

Die beste foto wat ek nog van die maan kon neem met my kameratjie is die een..

m

VOORTREKKER:

segekok het geskryf:

Ek voel skoon jaloers op daai fotos.

Die beste foto wat ek nog van die maan kon neem met my kameratjie is die een..
http://i1126.photobucket… … 3log1i.jpg

Wow Segekook!  Dis n baie goeie foto van die maan met kamera.  Mag ek vra wat het jy gebruik?  Kamera, lens, lens spoed?

SEGEKOK:

Ek weet nie so baie van die goed af nie maar sal my bes probeer....

 

Kamera..  Canon Powershot SX20
f/5.7  Spoed  1/640 sec     ISO 250    lens  100mm  Natuurlik op n 3 poot  En om beweging te voorkom het ek die sutter timer gestel

 

Baie dankie dat jy sê dit is n goeie foto.  ek is maar nog baie dom die foto ding

VOORTREKKER: Die SX20 se sensor het n crop factor van 5.62 wat beteken  die 100mm lens gee dieselfde vergroting as n 562mm lens op 35mm formaat SLR.  Dit is omtrent dieselfde as n 400mm lens op n klein sensor SLR kamera.

Ja ja. Geek talk.

SEGEKOK:

Voortrekker het geskryf:

Die SX20 se sensor het n crop factor van 5.62 wat beteken  die 100mm lens gee dieselfde vergroting as n 562mm lens op 35mm formaat SLR.  Dit is omtrent dieselfde as n 400mm lens op n klein sensor SLR kamera.

Ja ja. Geek talk.


Soos ek seg...  ek weet nie van nie.  ek mik en druk....

HARRY DU RANDT:

Hier is my foto van die maan ...........

 


 

Het julle hom gesien ?

Nie ? Dan het ek hom gemis.
Wag hy gaan weer om kom, dan probeer ek weer

Julle kan darem maar mooi foto's neem
Geniet dit

VOORTREKKER:

Ek behoort aan ASSA - Astronomy association of SA - pretoria tak.

Een maal per maand 'n Vergadering waar die heelal en sterre en formasies van alles bespreek en bespiegel word, en dan ook 'n "observing evening" een maal per maand.

Het ek toe gisteraand besluit om bietjie te gaan inloer en met die manne te gesels.  Dit het nogal rof geraak!

Kamp en Sterre kyk by Dube in Brits: s Ek het hierdie foto geneem:  Southern Pinwheel Galaxy.  Ook Bekend as Messier Nr 83  of NGC 5236.   Hy is 15 miljoen Ligjare weg van ons af!   Wat beteken dit?   Deur hierdie foto het ek 15 mil jaar terug beweeg in tyd, ons sal eers oor 15 mil jaar weet hoe die galaxy vandag lyk. s

Ek het hierdie Een ook afgeneem die volgende aand:

Centaurus A, of Hamburger Galaxy ook bekend as NGC 5128.  13 miljoen Ligjare weg van ons af.

s

FRANS PRETORIUS:

Dis nou wragtag pragtag!!!!!

Anton, dankie dat jy ons so bietjie "opvoed" in sterrekunde!!!!!

LEN LOADER: Hemel Anton, watse ander kwaliteite het jy nog ?  Ek worrie oor wat in die land in 2017 aangaan met al die politieke narre en jy kyk sterre van 15 miljoen jare terug !

VOORTREKKER:

Hemel Anton, watse ander kwaliteite het jy nog ?  Ek worrie oor wat in die land in 2017 aangaan met al die politieke narre en jy kyk sterre van 15 miljoen jare terug !

Hehehe - ek het ook 'n graad in teologie, maar moet nou nie dat ek die draad daardie kant toe vat nie, wat ek dalk probeer se is; Ja die Politiek en narre en daaglikse bekommernisse kan erg raak, maar deur op te kyk na die grootheid van die heelal en galaxies wat 15 mil jaar weg is, is dit moontlik om te wonder of daar 'n groter hand is wat in beheer is en dan die daaglikse bekommernisse so ook minder maak.

 

Richardsbaai

Stefan

Thu, 06/04/2017 - 09:46


Vir ons gewone onkundige maar nuuskierige outjies, wat so in die aand sit en boontoe kyk en wonder wat is daardie liggie se naam, of waar is daardie bloubul sterreteken,is daar darem hulp. Laai vir jou die "app" SkyView af. Hou nou jou foon se kamera in die rigting van die liggie. Jy sal heel maklik identifiseer. Lekker speel en leer.

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 12/04/2017 - 08:59

Een van my eerste astro-fotografie uitdagings ooit is Orion Nebula.

Om te help verstaan waar hierdie voorwerp homself bevind, heg ek hierdie wye hoek foto aan.  Vir die wat bekend is met Orion, sal weet dat hy 'n boog het, 'n gordel en dan ook sy swaard.   Orion Nebula sit in die Swaard.  Met die oog lyk die swaard soos 3 sterre, maar sodra jy nader kyk deur 'n verkyker of teleskoop sien jy baie meer sterre.

Die foto hieronder wys Orion se swaard wat afwaarts wys heel onder, en die   middelste (ster) of voorwerp is Orion Nebula.

orion

Die foto hieronder het ek self geneem gedurende Desember 2016 wanneer Orion lekker bo ons verskyn voor middernag en dan in die ideale posisie is om af te neem.   In hierdie foto probeer ek al drie die (sterre) of onderwerpe wat die swaard form in kry, met die middelste een die fokus punt (orion Nebula).

orion neb

Sy ander verwysing naam is Messier 42.  Hierdie Nebula is 1,350 ligjare weg van ons af.  Die voorwerp is baie maklik sigbaar en kan mooi gesien word deur 'n 8 x 40 verkyker.

 

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 12/04/2017 - 16:01

Segekok, my vrind.  Dit is 'n baie moeilike antwoord om te gee.  Jy praat nou van die "Rabbit Hole"

Hierdie tipe dinge hang af van jou tipe persoonlikheid en belangstelling ens. 

Entry Level is tussen R2000 - R10 000

Intermediate is R10 000 - R25 000

advanced amateur  R25 000 - R50 000 (beginner photography) DIS EK

R50 000 - R150 000  

R150 000 - R500 000

R500 000 +

My vorige Celestron die OMNI XLT 127 is te koop: (R7500)

http://www.takealot.com/…

 

Want ek het 2 jaar terug ge upgrade na dit toe:

http://shop.technopro.co…

0
Meyerton

Segekok

Thu, 13/04/2017 - 09:14

Dankie Anton ek sal later met jou per e pos gesels

.

 

0
Centurion

Voortrekker

Mon, 17/04/2017 - 08:11

Die weer het gisteraand ssamgespeel en kon ek so bietjie astro-fotografie doen.  Dit was die eerste keer in 3 Maande want die reenseisoen en onvoorspelbare wolke maak dit baie moeilik.

Ek so 8pm begin opstel en toe my teleskoop "align" met die Suid Pool As.  Dit is om seker te maak my instrument kompenseer 99.999% vir die aarde se rotasie.

Ek het aanlyn gaan kyk en Jupiter se rooi kol het 7pm verskyning gemaak en behoort dus teen 9pm in die middel te gewees het.

Vir die wat belangstel: (anders skip af na die foto)

Ek het 'n 3 X Barlow lens direk agter op my teleskoop geplaas en toe my planetary klein sensor kamera agter die lens geplaas.  Die Barlow  vergroot alles 3 X.     Die data is gevang met sagteware "fire capture" -  ek het 'n Video geneem teen 6mS / raam en het 1000 rame afgeneem.  1000 rame ingevoer in 'n program "Autostackert" wat die kwaliteit van elke raam monitor en die beste 40% (400) rame uitgehou het.  Die 400 rame was toe opmekaar "gestack" om meer detail uit te bring.  Daarna het ek die eindproduk in 'n program "registax" ingevoer en bietjie gespeel met "wavelets" om nog meer detail uit te bring en geraas uit te haal.   Heel laaste is die finale Tiff file in Adobe Lightroom ingevoer vir so bietjie tweaking totdat ek voel ek het die beste uit die data gehaal.

Die finaal lyk so:

jpt

 

 

0

Anton, daai sterretjie het geval!!! Ekke dink hy het gaan slaap vir die dag, hier op my rekenaar sien ek hom nie!!, dalk is probleem hier??

0
Centurion

Voortrekker

Mon, 17/04/2017 - 09:18

Nadat ek Jupiter hierbo afgeneem het, het ek my teleskoop gerig op iets wat glad nie sigbaar is met die oog of deur my klein 6 duim teleskoop nie.

(Beweeg af as jy nie al die tegniese details wil lees nie en net die eindproduk wil sien)

Messier 61 is 'n "Spiral Galaxy" in VIRGO.   Hy is 52 Miljoen ligjare weg van ons af en ook deel van die bekende Virgo Cluster waar baie Galaxies in 'n groep bymekaar sit.   M61 is die grootste "spiraal" sisteem. in die Viro groep.

1 Bly op die voorwerp:   Hierdie voorwerp is baie klein en baie ver.  Ek kan hom nie met die oog deur my teleskoop sien nie.  Ek het gebruik gemaak van die volle 1500mm van my teleskoop teen f10 (focal ratio).   Ek het my Canon EOS 760D agter op die teleskoop geplaas en 'n foto geneem van 25 sec teen ISO 3200.   Ek kon die spiraal net net sien in die een hoek (gelukkig!) van die foto en het toe die teleskoop bietjie geskuif en weer geneem. Ek het dit so 10 keer gedoen totdat die spiraal in die middel was.

Volgende kalibreer ek my teleskoop se "tripod" (mount) met 'n 2de klein teleskoop wat bo op die groter een sit.  Hierdie kleiner 160mm f4 outjie het my klein sensor planeet kamera agterop en is gekoppel aan sagteware "PHD guiding".   Wat hierdie 2de sisteem basies doen is om "in te lock" op 'n ster en dan seine na die "tripod" (mount) stuur om seker te maak my teleskoop bly 100% op die voorwerp wat ek wil afneem.  Dit is omdat my tripod nie 100% kompenseer vir die aarde rotasie nie, en op 1500mm kan die kleinste afwyking beteken dat sterre stertjies kry.

2. Neem van foto: Ek koppel 'n "intervalometer" aan my kamera.  Hy was gestel om 24 foto's te neem elkeen 120 sec lank.   Ek het gereken dit is die kortste tyd benodig om enige bruikbare data te kry.  30 x 480 sec word voorgestel, maar met soveel ligbesoedeling in die stad kan ek nie die shutter so lank oophou nie en sal te veel van die onnatuurlike lig op die sensor val.

Omdat die DSLR kamera redelik baie geraas ook genereer tydens sulke lang foto sessies, moet ek data bymekaar maak om die geraas uit te haal.  Om dit te doen het ek ook 20 x 120sec foto's geneem met die dop op my teleskoop. Daarna 20 donker foto's ook met die dop maar teen 1/4000 sec.  Dit help dan om geraas te identifiseer en te verwyder.

Heel laaste haal ek die dop af en plaas 'n egalige wit lig oppervlakte voor die teleskoop en het ek 16 x 1/25 sec foto's geneem.  Hierdie witlig foto's wys "vignetting" uit.  Dit is wanner 'n foto donker aan die buite kant is en 'n wit kol in die middel maak.   Al hierdie ekstra data word gebruik om die ongewenste geraas en foute in die optiese sisteem te verwyder.

VERWERKING VAN DATA:  Al die foto's, so 80 altesaam was toe ingevoer en verwerk deur sagteware met die naam DeepSkyStacker.   Dit kyk na al die data, bereken die geraas wat verwyder moet word ens en "stack" dan alles bo op mekaar om die finale foto te gee.  Die eindproduk is 'n Tiff file van so 150Mb wat dan in Photoshop ingevoer word om die data wat weggesteek is uit te bring.

Altesaam 56 minute se foto data + 50min kalibrasie data en omtrent  4 ure se totale werk:En so lyk die em61y eerste poging met M61.  Volgende keer sal ek meer tyd spandeer, en kyk om so 20 X 220 sec foto's te neem, en nie uit die stad uit nie maar vannaf 'n lekker donker plek waar geen onnatuurlike lig is nie.

NOG 'n Galaxy?    Kyk mooi links bo langs die ster wat amper uit die raam gaan.  Regs van hom is daar 'n kolletjie. Dit is NGC 4292 en is 'n galaxy wat 100mil ligjare weg is van ons af.

M61 is omtrent dieselfde grootte as on eie sterrestelsel - die Milky Way.  Dit is omtrent 100 000 Ligjare wyd.

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Mon, 17/04/2017 - 20:44

Anton, werklik baie leersaam, dankie. Mens kan jou passie baie duidelik waarneem.

Een vragie, is daar darem 'n knertsie te neme so tussen die gewerskaf deur?????

 

 

0

Het een keer 'n knertsie geneem gedurende 'n Sterre Kyk / astro-fotografie sessie en ek het vir 2 ure gesukkel om my teleskoop te kalibreer, ek het later opgegee en gedink die ding se rekenaar is stukkend.  

Ek drink net koffie.    Ek drink gemiddeld een bier per maand, maar glad nie as ek agter die teleskoop is nie.  Ek sal miskien een keer, of dalk 2 keer per jaar so bietjie uithaak en dan 'n botteltjie ietsie aanskaf, maar gewoonlik word hy net so 1/3 uitgedrink en sal dan vir nog 6 maande staan en vir my loer.

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Tue, 18/04/2017 - 07:58

Nee wat, ek het eintlik bietjie gekgeskeer!!!, maar as dit nou so koud raak, is OBS eintlik 'n innerlike "verwarmer"!!!!

Anton, jy het BAIE mooi SOBERE gewoontes!!!, hou so aan!!!

0
Centurion

Voortrekker

Thu, 20/04/2017 - 10:06

Yay dit is sterrekyk seisoen in Gauteng.  Elke aand is oop vir Juwele!

Gisteraand se pogings om nog 2 Messier voorwerpe af te neem:

M5

M5
'n Cluster in ons eie Melkweg sterrestelsel,  25 000 ligjare weg van aarde af.

M68

M68
30 000 ligjare weg van aarde af.

 

 

 

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Thu, 20/04/2017 - 16:31

Ons leer, Voorie, ons leer!!!! Hou so aan, een van die dae kan ons begin oorvertel van die sterre en goeters!!!!

0
Centurion

Voortrekker

Fri, 13/10/2017 - 06:38

Gisteraand, nou dat dit bietjie warmer in die aande is en wind loos, kon ek bietjie voordeel vat van die mooi sterre uitsig hier by Riviera en 'n paar wye hoek foto's neem.

As ek by my kampplek staan en wes kyk:

s

 

En as ek oor my tent suid kyk:

sterre

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus