Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lig my laphoedjie.... 2025 Wonderland 45 Wessel Strydom -5 hours ago
wapen lisensie My nuwe voertuig Wessel Strydom -5 hours ago
Pragtige fotos 2025 Wonderland 45 Geert -5 hours ago
Dapper pa! 2025 Wonderland 45 Rona du Plessis -5 hours ago
Goeie Hout Nog lekker hoender resepte Rona du Plessis -6 hours ago
Raai wat's vir aandete vanaand. Nog lekker hoender resepte Goeie Hout -6 hours ago

Marakele en Segekok

Suid Afrika
Submitted by Kampforum on
Forums

KLIEK HIER VIR DIE ARTIKEL:

marakele

Meer sal volg ....

Port Elizabeth

Frieps

Sat, 22/09/2018 - 06:30

Dankie, Segekok.  Ek het baie lekker gelees en foto's gekyk.   Julle het mooi herinneringe saamgeneem huis toe.

Ek wil darem net sê, daardie is 'n baie eerbaarlike volstruismannetjie.

0
Waar my wa staan

Arie

Sat, 22/09/2018 - 08:07

Seeg, baie dankie vir die mooi vertel en die fototjies, "Ik vond het heel prettig en knap gedaan jonge!"

Verlang ek nou weer terug na daai lekker bosveld plekkie. Die pas op tot bo op die berg is regtig besonder, veral as daar 'n voertuig van voor af kom en jy moet agteruit stoot tot jy plek kry waar twee voertuie bymekaar kan verby skuur, twee keer al met my gebeur.

Ja soos jy noem dit is lekker hoog op daar en jy het die mooiste uitsig. 

Die 4x4 roetes sal ek persoonlik nie regtig as 4x4 beskryf nie, nie eintlik uitdagend nie. Naas Mana Poele is dit vir my die lekkerste park en 3 de plek gaan aan Wanki.

Ek hou ook daarvan dat daar geen heinings om die park is nie, en die diere het dan vrye toegang om tussen die karavane deur te beweeg. 

Jy het ook genoem van al die sterre, blykbaar is die plek nogal bekend onder die "Star Gazers" vir die mooi sterre wat mens daar kan sien. Ek sal op 'n stadium vertel van een van ons kampe daar toe die sterre mense 'n saamtrek daar gehad het.

Nogmaals baie dankie, baie lekker saam gekamp!!

Groete vir Hel1, darem haar voete op die prentjie gesien, so ons weet sy was ook daar.

0
Klerksdorp

Frans Pretorius

Sat, 22/09/2018 - 10:34

Baie dankie aan Deon vir die goed uiteengesette kamp. Dit is vir ons arme skepsels wat nie meer kamp nie, darem 'n redelike goeie prentjie in die geheel. Ons leer so stukkie vir stukkie die land en sy prag ken!!!

0
Nelspruit

Koos Mol

Sat, 22/09/2018 - 21:37

Deon.

Jou vertellings maak my nou Marakele vergelyk met die Kruger (waar ons nou is). Hier in die suide is daar definitief nie die rustigheid wat jy daar op Marakele beleef nie. Vandag van Berg en Dal opgesleep na Skukuza, die pad lyk behoorlik na een van ons besige provinsiale paaie. In die kamp op Berg en Dal was daar gister aand ook geen sprake van rustigheid nie. In die noordelike kampe kan jy die rustigheid nog in 'n mate beleef. 

Marakele is beslis die plek om net stil te raak en die natuur te geniet. Na jou vertellings sal ek maar net moet plan maak om weer daar uit te kom. 

Len. 

Jy het my uitgevang op my een ou vroeë aandjie....... bejaard?.... nee definitief nie..... kamp hou my nog jonk.

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus