Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel Oktober 2026 saam gesels Johann L -55 minutes ago
Johann.... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Kla met brood onder die arm, Oktober 2026 saam gesels Johann L -1 hour ago
Gazebo, Hoe maak ek my ou rally tent… Johann L -2 hours ago
losstaande raam... Hoe maak ek my ou rally tent… Wessel Strydom -13 hours ago
Neef Herman Braai met 'n Weber Geert -13 hours ago

Raak off road spelery nou te duur?

Waar my wa staan
Submitted by Arie on
Forums

Die spelery met 4x4 raak ook nou deesdae 'n so bietjie duur, met die brandstof prys en die prys wat die mense vra om op hul 'baan" te ry. Dan kry mens nog so nou en dan 'n mishap wat soms nogals duur kan raak.

Nou so rukkie terug gaan 'bergklim" met die Oupajero, toegang tot die baan R500, brandstof nie eintlik opgelet nie, maar as mens heeltyd in vierwiel dryf ry, is die goed nogals baie dors, daarby saam nog die heeltyd klim en oor klippe probeer kom. Ons het meeste van die tyd op driewiele gery, baie lekker gewees en dit vol uit geniet. My rocksliders het weereens tot hul reg gekom en baie hart gewerk.

Ongelukig het ek die dryfas erens teen 'n klip gestamp, met die gevolg daar is so duisend of twee rand se skade, saam met die ander koste.

Maar nou ja ons het darem 'n lekker dag gehad. Ek dink net ek sal nou maar 'n paar weke moet wag voor ek weer kan gaan speel.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 10/10/2018 - 21:11

Gelukkig het dié gogga my nog nie gebyt nie (en die tyd raak min dat die gogga moet probeer om my te byt).

Ek kan nie die sin daarin sien om 'n ou se voertuig tot die uiterste te moet dryf net om te kyk wat kan moontlik breek of nie.

Ek weet dit is 'n baie populêre tydverdryf, maar "not my cup of tea".

0
Meyerton

Segekok

Thu, 11/10/2018 - 06:02

Ek kan nie die sin daarin sien om 'n ou se voertuig tot die uiterste te moet dryf net om te kyk wat kan moontlik breek of nie.

Len ek stem saam met jou.

Ek is glad nie lief om die 4x4 baan ding  te doen nie.  Ek gebruik my bakkie net om daardie kamp plekke te besoek waar mens nie met n gewone voertuig kan kom nie. 

 

 

0
Waar my wa staan

Arie

Thu, 11/10/2018 - 06:25

Dit gaan eintlik meer om te kyk wat jy kan doen as om te kyk wat die voertuig kan doen.

Jy kry manne wat meer met 'n 2x4 kan doen as wat party met 'n 4x4 kan doen?

Sulke goed is maar in my bloed, dis hoekom aan wedrenne deelgeneem het, vir my baie lekker om te sien wat kan ek uit 'n motorfiets, boot of 4x4 kan kry, meeste van die tyd kry mens darem nie skade aan jou voewrtuig nie.

Wat nou met my gebeur het was maar 'n frats, 'n opslaan klip het tussen die staal beskerm plate ingekom en so bietjie skade aangerig.

0

Ek ry nou ook al n geruime tyd (15 jaar om en by) al 4x4 voertuie en het nog nooit die behoefte gehad om my voertuig te toets op n 4x4 "track" nie.

Niks fout daarmee nie want dit is en bly n baie gewilde en duur tydverdryf en baie mense maak baie geld daaruit en baie mense put baie genoegdoening daaruit.

As a matter of fact, ek geniet altyd die artikels daaroor en ry lekker saam met die manne in die artikel.

Ek geniet die program van Andre De Villiers en Petrie geweldig, veral die plekke waar hulle ry.

Wat my egter n "kick" in die lewe gee is om myself en my scooter te toets op n slegte vrotpad en te kyk hoever jy kan gaan sonder om n plaas te koop, ek het in die proses al n grond baron geword, maar dit is lekker alhoewel Outsurance nie dink ek is funny nie!!

0
Waar my wa staan

Arie

Thu, 11/10/2018 - 12:56

Oom Frik, ek dink soos ek hier bo genoem het, dit gaan nie oor die voertuig toets nie meer eerder jou eie vernuf, niks so lekker as om 'n "obsticale" te bekyk, te stap en die beste roete te kies nie, lekker as jy bo uitkom en jy weet jy het daai hindernis baas geraak?

moet se daai tikkie adrenalien as jou voertuig so oorleun en begin wieg op die randjie van of omrol of terug val op haar wiele is darem 'n lekker 'high".

Net so met 'n bike, as daai pad of draai wil lyk of dit jou gaan baas raak en dan maak jy dit tog, daar paar sekondes wat jou hart hier in jou keel klop is eintlik verslawend?

Maar ja, ongelukig is dit maar 'n duur hobby, maar dit is dan ook seker hoekom mens hard gewerk het vir baie jare, jy kan tog nie die geld saam met jou vat nie?

0
Vaalpark

Johann L

Thu, 11/10/2018 - 14:53

Gin elke diertjie sy plesiertjie.yes

Dit is jou geld, jou tyd, jou lewe en ons almal doen wat ons voor kans sien, ek het nie groot gegaan met 4x4 nie, net bietjie met my Isuzu Trooper (daai bussie was "top heavy") daar in die Soutpansberge gespeel saam met my broer. Hy met sy Quat bike, en ek met die Trooper,  waar hy gery het, het ek hom gevolg.

Gelukkig sonder enige noemenswaardige skade.

0
Waar my wa staan

Arie

Thu, 11/10/2018 - 16:52

So pas die Oupajero terug gekry van "Propshaft People" in Pta. Absoluut puik diens en goeie werk, sommer terwyl hulle besig was die voorste propshaft ook afgehaal gediens en gebalanseer.

Alles vir net R2800, 'n bargain in my oge, het my regemaak vir so ten minste R5000?

0
Oudtshoorn

neef Herman

Thu, 11/10/2018 - 18:03

Self hou ek ook nie van hindernisbane nie, voel darem te naby aan speel vir my met duur speelgoed. Maar waar n 4x4 nodig is om daar te kom, is waarvoor dit gebou is en dit is hoekom neef al 4x4 ry vir amper 40 jaar, van jongdae af toe ons gaan hengel het by Sodwana.

Sodwana

Hier sit ek naaste aan kamera met series 3 LR met Ford v6 infrown Eintlik n slegte foto, die ander is almal al oorle.sad

Mees onlangste, die nuwe deel van Karoo n park se noordelike roete.

En natuurlik dis meneer op 4x4 aanhangers se wenslys, van Zyls pas in Namibia.

Van zyls

 

0
Secunda

Sleep nou

Thu, 11/10/2018 - 18:16

Neef ek stem hoogte punt van enige 4x4 roete Van Zyls pas maar laat ek julle se hy is nie jou speel maat nie wil hom eendag as ek groot is ook doen

0
Pretoria - Oos

Andre Smit

Fri, 12/10/2018 - 12:47

Nou ja hier gaat ons,

Vir 'n Wildtrack om sy eienaar lewendig van Zylspas pas af te neem gaan dit die arme man nog ten minste R240 000 se "sideshows" kos.

Wens ek het 10 jaar gelede geweet Ford gaan hierdie monstrocities van hulle in die mark stoot.

Het julle al opgemerk hoe min van die FORDs op die pad is standaard soos uit die Fabriek.

Dit moet totale gemors wees wat van die lyn af kom as jy sien teen watse koste en wat die arme eienaars alles op sy FORD moet verander om dit so te kry dat hy in die openbaar "rybaar" is.

devillaughcheeky

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 12/10/2018 - 15:28

Het gedink ek maak 'n kan wurms oop met my opmerking.laugh

Andre, moenie sleg voel nie, ek sou my regter pinkie gee vir 'n V6 Amarokkie, mind you, ek sou graag my wa net my Cosatjie wou sleep, maar wat van die opdraendes op die paaie,  afdraende sal okay gaan.

0
Waar my wa staan

Arie

Fri, 12/10/2018 - 15:31

Andre, eintlik is dit 'n baie goeie voertuig in sy standaard vorm, maar party ouens glo hulle moet hul voertuie pimp met die belaglikste body panels, stickers en wat nog!

die Ranger heel standaard loop lekker by Van Zyls pas op en af, sonder enige probleme, soos enige ander voertuig. 

Off road bestuur hang baie meer af van die bestuurder as van die voertuig, swak bestuurder kan die beste 4x4 laat swak lyk en 'n goeie bestuurder sal die swakste 4x4 laat puik lyk.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus