Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel Oktober 2026 saam gesels Johann L -53 minutes ago
Johann.... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Kla met brood onder die arm, Oktober 2026 saam gesels Johann L -1 hour ago
Gazebo, Hoe maak ek my ou rally tent… Johann L -2 hours ago
losstaande raam... Hoe maak ek my ou rally tent… Wessel Strydom -13 hours ago
Neef Herman Braai met 'n Weber Geert -13 hours ago

Oktober 2026 saam gesels

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

So breek daar alweer 'n nuwe maand aan. Vir sommige 'n maand van groot opwinding, soos om die pad te vat na vêr in die ou Kalahari.

Vir ander net nog 'n maand om tuis te verwyl, dalk om voor te berei vir Desember se vakansie by die see.

Laat ons saam gesels en vorentoe beur.  

Vaalpark

Johann L

Mon, 19/10/2026 - 08:54

Ons is baie dankbaar, mense kom laai hul bedags sel fone hier. 

My suster in Rustenburg het baie probleme met krag en ook soms water, sy sit gereeld drie vier dae en selfs langer sonder elektrisiteit, en sy is amper 80 in 'n huisie wat sy in 'n aftree oord gekoop het.

Daai plekke maak geld soos bosssies, hulle verkoop die huis teen huidige mark waardes, maar, as jy sterf koop hulle die huis terug teen wat jy vir dit betaal het, ongeag die verbeters wat aan bebring is.

Sy oorweeg dus nie eers solar nie en gebruik ook herlaaibare ligte.

My ou vroutjie is so siek met griep, anders was ek al met die woonwa elders🤣

Nou kan mens natuurlik vra, wat het my gesprek met kamp te doen, dit is net dat ek nou veel eerder langs 'n water stoom, mooi bome en watervallle sou wou wees as hier.

0
3
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus