Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
losstaande raam... Hoe maak ek my ou rally tent… Wessel Strydom -8 hours ago
Neef Herman Braai met 'n Weber Geert -8 hours ago
Vordering met die Triber se Kamp-aanpassings Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -9 hours ago
Uit 'n ander hoek Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -9 hours ago
Dis hoe die rallytent twee… Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -9 hours ago
Triber se dakspore is baie swak Hoe maak ek my ou rally tent… Fanie Bekker -9 hours ago

Lake Kariba

Waar my wa staan
Submitted by Arie on
Forums

Ek het so soort van 'n klein aandeeltjie in 'n huisboot op Kariba, net voor ek afgetree het by Absa so paar kliente geneem vir 'n jol op Kariba meer.

Die bootjie het 4 slaapkamers met twee beddens in elke kamer, twee voledige badkamers met storte en baddens. Bo 'n lekker groot kroeg en ontspaning saal, waar ons sommer matrasse op die vloer gooi vir meer slaapplek.

Drie bemaning, kaptein, stuurman en kok. Kok maak ook beddens op en maak kamers skoon, sommer ook kroegman tussen in.

Boot word aangedryf met 'n 8 silinder Caterpillar diesel enjin wat iets soos 800 pk lewer. Ook 'n kleiner 4 silinder cat wat die generator aandryf vir elektriese krag en die motor kan ook in geval van nood die boot aandryf.

Sleep twee bote agterna, 9 sitplek besigtiging boot en 'n klein 5 sitplek boot vir visvang. Ons vaar net gedurende daglig, Kariba is bekend vir moewiese storms wat laat agtermiddag opkom. So 3 uur soek ons 'n lekker ankerplek in 'n beskutte baai, gaan dan uit met die kleiner bote vir wildkyk en/of visvang.

Op pad soontoe oorgeslaap by Sinoia hotel en die grotte besoek [kry nie nou fotos, sal nog soek] en terug een nag by Karibea bay Hotel by Kariba se hoof hawe oorgeslaap en toe weer by Lion and Elephant, en twee nagte by Tsippise.

foto 1

kariba
Hierdie was dan ons verblyf vir 10 dae. Jaquizi voor langs die stuurkajuit. Onder is eetkamer met badkamers en kajuite agtertoe. bo agter swembad is 'n groot vertrek, kroeg ekstra slaaplek en so meer. Boot het ook lugversorging regdeur.

 

 

foto2

kariba
Net om 'n idee te gee van die tipe bote op Kariba, paar van hulle is nogals baie geld. Ons boodjie, die "Golden Mariner" is nie so mooi en vaartbelynd soos die ander nie, maar wel lekker groot prakties en gemaklik. Mens kan orals regop staan.

 

foto3 

 

kariba
Ons is op pad eerste middag, ja daar staan die uwe ook regs agter, die outjie wat aan sy pyp suig.

 

foto4

kariba
En so sak die son op ons eerste dag.

 

foto5

 

kariba
Boot le veilig op anker, ons het met die kleiner bote gaan wild kyk, en so kom ons terug by die huis voor dit te donker word.

 

google kaart
Waar my wa staan

Arie

Wed, 24/10/2018 - 19:33

Johann selfs daai toustaan het sy positiewe punte.

Ek kry laaswek 'n WU van 'n goeie vriend van my wat boer in die Beatrix [Zimbabwe] omgewing boer. Hy reken hulle staan toe al 7 uur in 'n tou vir brandstof. Lekker onder 'n boom gaan sit saam met 'n klomp van die plaaslike ouens [swart] hy se hulle het so lekker gesels gelag en geskerts dat die tyd verby gevlieg het.

Sy afsluit woorde? "Ek ruil my land vir geen ander nie"!?

Wens ek was slim genoeg om sy WU op die forum te kopie, so mooi positiewe uitkyk sonder worrys oor die paar probleempies.

 

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 24/10/2018 - 20:32

Mens moet van elke ding in jou lewe,  iets goed maak,  dit is ons christelike voorreg. Dit is nie maklik om konstant positief te wees nie, mens moet soms maar harde bene kou sodat jou kake sterker kan word.

 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Thu, 25/10/2018 - 07:54

Ek wou nog vertel, ons het in die middel van die Kariba-meer lekker vleis gebraai op die huisboot. 'n Spesiale braaier wat oor die kant van die boot aangehak kon word is daarvoor gebruik.  Kan links voor op die boot gesien word. Die skerm om die braaier, om te keer dat die vleis in die water val, was reeds afgehaal toe ek die foto geneem het.

.

0
Pretoria

leeu

Thu, 25/10/2018 - 08:04

Dis 'n pragtige boot Len, die foto is al geel, seker jare terug gewees?

Ek sou graag dit nog wil doen. Ek het nog net 'n keer of wat deur Zim gery oppad na Beira en Tete toe.

0
Worcester

Wildehont

Tue, 02/03/2021 - 10:14

Dis nou ‘n lekker draad waarheen Willem ons gewys het van die Nee wraggies! draad af, baie dankie! 

 "Ek ruil my land vir geen ander nie"!?

Almal in SA kan baie leer by Zimbabwe. Mens hoor gereeld die sentiment dat ons die volgende Zimbabwe is. Hier is twee voorbeelde uit Zimbabwe waaruit ons inspirasie kan put.

Toe ek in Botswana gebly het, het ons gereeld Vic Falls toe gegaan as ons tyd af het. Daar het ons in ‘n gastehuis gebly, en die eienaar en mense wat daar gewerk het goed leer ken. In 2004 het dit al baie sleg gegaan; inflasie was so erg dat die eienaar haar mense om die beurt moes laat werk eerder as om hulle af te dank sodat hulle darem net iets kon verdien. Hulle moes ook US$ wegsteek in gate in die vloer want as die regering dit kry het hulle dit gevat en is jy tronk toe. Ek vra haar toe hoe hulle dit nog uithou daar en of dit nie beter sal wees om bv Engeland toe te gaan met haar Britse paspoort nie. Haar antwoord sal my altyd by bly; “I’d rather live like a king in a pauper’s country, than like a pauper in a king’s country”.

In 2007 gesels ek met ‘n amptenaar wat by die spoorwegmuseum in Bulawayo werk. Hy wys vir my sy salaris tjek. Hy kon op daardie stadium net 10 witbrode daarmee koop en het ‘n vrou en kinders gehad. Toe ek vir hom vra hoe hulle dit regkry om te oorleef, antwoord hy met ‘n glimlag dat hy nie ‘n ander keuse het as om dit reg te kry nie. 

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Tue, 02/03/2021 - 15:41

Leeu, jammer, ek het nooit jou destydse vraag gesien nie.  Nee, die boot was nie so oud nie  -  dit is in 2005 geneem.  Die kwaliteit is ongelukkig nie van die beste nie omdat dit 'n foto van 'n 35mm foto is.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus