Goeie more medekampers.
Die eerste dag van die laaste maand van 2018. Saterdag en gaan besig wees. Moet ook "load shedding" in gedagte hou. Dit is mos nou weer in volle werking
Geniet die dag tenvolle
Môre aan al die siele
Ons het heerlike reën gehad deur die nag, sommer so onverwags. Ek gaan nou stap, gaan lekker wees want alles is vars en skoon.
Wille Willemien, alle simpatie met die afskeid van jul geliefde hond. Ons het dit net een keer beleef en ek het gesê nooit weer nie. Was te swaar vir my.
Maas, ken jy dalk vir AB & Mymoena Samsoedien? Hulle is my favourite Moslems op aarde.![]()
Geniet nou julle Saterdag. Ons braai vanaand saam met twee 50-jariges, wat nogal lief is vir kuier. Sal maar sien of die twee amper 70-jariges by hulle kan byhou.
Môre, hier is ook maar ń…
Môre, hier is ook maar ń kakkerige atmosfeer in ons huis. Ons Rottie lyk die afgelope ruk nie lekker nie het die laaste 3 dae ontrent niks geeet nie. Gister vat my vrou em dogter haar toe veearts toe en moes toe hoor die hond is op haar einde. Hartversaking, baie vog op die longe soveel so dat die veearts reken sy is besig om te versuip. Gums was witterig wat onderandere blykbaar dui op min te min suurstof na brein...organe het begin oppak.
Gladnie lekker geslaap nie...al half 4 op....sommer in ñ goor bui en naar kol op my maag
Vanoggend is sy nie by die voordeur soos die afgelope 9 jaat nie😭😢😟😭😢
Nou ja, geniet julle naweek
Ag dis darem hart seer maak,…
Ag dis darem hart seer maak, Spek. Sterkte, my maat.
More more mense, sterkte oom…
More more mense, sterkte oom Groot G met hondekind.
Sterkte Groot G, dit is nie…
Sterkte Groot G, dit is nie 'n lekker ding nie.
Sterkte daar met die Rottie…
Sterkte daar met die Rottie kind Gerrit!
Goeie more almal. Ek is ook…
Goeie more almal. Ek is ook baie erg oor my hondekinders en elke hond het sy eie unieke persoonlikheid wat diep in mens se harte kruip en hulle is ons ore . Namate ons ouer word wil ons met n hond of sonder hond klaar kom. Ons het 5 honde en nog baie jare voor 1 hond oorbly. Baie sterkte vir die hul hondekinders moet groet en dit bly altyd in jul hart.
Julle moet lekker gatskop dag he !!
Kyk so hond kan darem in 'n…
Kyk so hond kan darem in 'n mens se hart inkruip. Seker een van die swaarste dinge om te doen is daai besluit om hulle te laat uitsit?
Dit is die een ding wat ek baie mis met ons leefstyl die wat ons nie meer 'n hond het nie.
Sterkte met almal wat nou met honde sit wat swaarkry.
Môre sê Kampforum. Sterkte…
Môre sê Kampforum.
Sterkte met die 4 been kinders.
Geniet jou dag in vrede.
Dagse kampers, moet vertel,…
Dagse kampers, moet vertel, ons het 42mm reen gehad afgelope 24 uur. Eers so regte winter sagte reentjie, draai die wind en n enorme donderbui, en toe weer sagte reen deur die nag.
Nou hoekom niks hier in…
Nou hoekom niks hier in Polokwane, dit is mos nou eintlik ons beurt !
Lyk my die reen is oral laat…
Lyk my die reen is oral laat die jaar, en die seisoene sal draai.
En daar skakel ek weer laat…
En daar skakel ek weer laat in op RWW, maar gaan nou lekker sit en ontspan terwyl Noddy ons entertain👍
Willem en Gerrit
Sterkte daar met die honde skakel in by noddy julle dis lekke






Salaam alaikum! Môre almal!…
Salaam alaikum!
Môre almal! Lekker man, julle moet 'n awesome Saterdag hé. Waar is die koffie? ek hou my beker.
Oom Wille Willie, ai tog, sterkte met die jou honne.
Nee ek het nie gegrap nie, Maaz is 'n lid hier op kampforum en ek ken hom persoonlik, 'n baie gawe ou!
Môre Noddy! Verwoed!