Goeie more medekampers.
Die eerste dag van die laaste maand van 2018. Saterdag en gaan besig wees. Moet ook "load shedding" in gedagte hou. Dit is mos nou weer in volle werking
Geniet die dag tenvolle
More, more....
Koffie is reg. kom skink in.
Lekker gereen hier by ons laat gister en deur die nag.
Mooi dag vir julle.
Goeie môre almal! Lekker…
Goeie môre almal! Lekker gereën hier by ons ook laas nag. Dankie Willie ek kom skink ![]()
![]()
Julle moet almal 'n awesome Sondag hé!
Ek is bekommerd oor Stoffel? Gaan hom nou Whatsapp stuur om te hoor of alles ok is.
Goeie more hier vanuit n…
Goeie more hier vanuit n lekker nat Centurion.
Koffie was ook lekker. Bietjie vasgehak maar is nou weer terug. Verlof het begin. Gaan ook so paar keer visvang saam met vriend sommer by n plaasdam en ook sommer baie naby.
Goeie môre kampforum, geniet…
Goeie môre kampforum, geniet julle dag.
Gister darem 14mm, en eergister 18mm gemeet.
More Stoffel en vriende
Die koffie klaar geskink dankie WW hy loop weer soos stroop vanoggend welkom terug Dusty julle almal moet n gatskop dag he 2mm reen gehad deur nag vrede
Baie goeie more aan almal,…
Baie goeie more aan almal, pragtige dag hier!
Ons het gister baie lekker snoek braai gehou, ons was 18 mense almal vriende wat hier kamp.
Was nogal bietjie bekomerd oor die braai, gisteroggend vroeg hier begin reen, en by tye baie goed en hard gegooi. En so het die reen bly gooi tot 4 uur nm. Dit bein toe ooptrek, die kamp bestuur het vir my twee groot drom braaiers geleen, en ook twee kruiwaens vol hout geskenk.
Steek toe maar die vuur aan, so 5.30 begin braai en toe heerlik ge-eet, almal was baie beindruk met die resep, en daar het nie 'n krieseltjie van die snoek oor gebly nie.
Len ek het erens raak gelees dat jy wonder oor die appelkoos konfyt - ja dit was tuisgemaak, daar was v erskeie soorte tuisgemaakte konfyt, wat almal vrek lekker was.
Na die eet lekker sit en gesels, SA se probleme opgelos en toe ons begin om Zim se probleme op te los, toe begin dit weer drup, seker so nege uur. Pak toe maar vinnig op en net klaar toe gooi dit weer met mening tot vroeg vanoggend.
Ons is geseend dat die wer ons kans geee het om daai klomp snoek gaar te kry, ek het regtig bekomerd geraak oor wat om so klomp ontvriesde snoeke tew doen?
More Almal
Hoop dat julle 'n heerlike dag gaan beleeg.
Ek is so jaloers as ek lees van fie heerlikevreen wat by julle val. Hier word reen voorspel maar niks gebeur nie. Baie droog
Aai, klink lekker, kan nie…
Aai, klink lekker, kan nie onthou watter jaar laas ek snoek ge eet het nie. Het gister nie by braai uitgekom nie. Gaan vandag so 12 uur vir ons braai.
Die wyfie se suster se twee kinders kuier hier by ons vir so twee weke. Geniiet hulle baie.
Môre sê Kampforum. Het ook…
Môre sê Kampforum.
Het ook so 20mm uit die meter gegooi vanoggend.
Die twee dogters en families kom ook braai vandag en groet voor ons op vakansie ry.
Geniet jou dag in vrede.
Goeie more almal. Ek het n…
Goeie more almal. Ek het n woelige oggend gehad. Die granny flat se geiser het gebars en het gelukkig betyds die ceiling gered. Die geiser drain bak het oorgeloop. Wag vir die kontrakteur om die geiser te vervang.
Heerlike dag vir almal !
GM
Goeie middag Kampforum.
Ongelukkig 'n winderige dag vandag hier by ons in Brackenfell. Vanoggend oppad kerk toe sien ek Tafelberg is toegegooi met 'n wolk-kombers en dan weet Kapenaars die suidoos-wind gaan waai !
My swaer en skoonsuster van Pretoria het vanoggend ingetrek in Blok E by ATKV Hartenbos en dit het vanoggend katte en honde daar gereën. Intussen staan hulle tent en add-a-room darem al. Die skole het nog nie eers gesluit nie en die kamp is so te sê tjok-en-blok vol.
Lekker dag aan almal !
Die vleis, skilpadjies, wors…
Die vleis, skilpadjies, wors en broodjies het heerlik uitgekom. Nou vir daai heerlike middagslapie.
Terug vanaf Brits Wimpy…
Terug vanaf Brits Wimpy. Sommer ook n draai oor die damwal gery. Eers by tannie Malie se winkel gestop. Kom agter dat min mense weet dat dit voorheen die handsentrale was voor die outomatiese sentrale gekom het. My suster het nog daar gaan aflos van tyd tot tyd.
Stowwerige oom, ek is ook…
Stowwerige oom, ek is ook lief om daar te stop, eet altyd lekker daar en koop gewoonlik te veel goed voor ons weer ry.
Nee, ek ken die plek al van die sewentigs, nooit geweet dit die sentrale was nie?
Arie, dit was sentrale in…
Arie, dit was sentrale in die sestigs gewees.
Arie, versigtig. As jy so…
Arie, versigtig. As jy so kan jok dan kan jy ook steel. Hehehe.
Ek was toe nog in die laerskool gewees. Twee van my niggies het ook daar afgelos. My suster het ons baie gekontak om te sê dat ons moet kom kyk dat die dam oorloop as gevolg van die baie reen. Wanneer laas het ons so baie reen gekry?
Kan ongelukkig nie vir my suster daaroor uitvra nie. Sy is op 21 jarige ouderdom in 1970 oorlede.
Stof, nee sorry ek dog jy…
Stof, nee sorry ek dog jy praat van 1860!?
So jammer om te hoor van jou suster, al is dit lank gelede.





More more al die mense, die…
More more al die mense, die donderweer brul so liggies hier buite maar nog niks reen nie.