Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hot Rock - steeds nie die einde nie.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -48 minutes ago
Dankie Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -10 hours ago
 Daar is n veld, wat so… Oktober 2026 saam gesels neef Herman -11 hours ago
....  wel natuurlik die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -12 hours ago
Johann jy sit my nou aan die… Toep wat aflyn kan wys waar… Voortrekker -12 hours ago
Iphone Toep wat aflyn kan wys waar… Johann L -12 hours ago

Desember 2018 Koffiekroeg

Centurion
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more medekampers.

Die eerste dag van die laaste maand van 2018. Saterdag en gaan besig wees. Moet ook "load shedding" in gedagte hou. Dit is mos nou weer in volle werking 

Geniet die dag tenvolle

Boesmans- riviermond

Sarel Marais

Fri, 07/12/2018 - 07:19

Hoop dit gaan 'n wonderlike dag vir julle en jul geliefdes wees. Die Marais' is op pad PE toe. Moet die oogarts gaan sien en terwyl ons daar is sommer nog 'n paar dingetjies doen. Dis die probleem van om op so 'n plekkie soos hierdie te bly - jy is nie te ver van enigiets nie maar ook nie naby genoeg nie, as julle verstaan wat ek bedoel. Nog 'n kenmerk van hierdie klein dorpies is dat, as jy nie weet wat jy vandag gaan doen is is daar wel iemand anders wat weet wat jy gaan doen

Geniet die dag

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Fri, 07/12/2018 - 08:07

Ek merk met ontsteltenis op dat hier mense is wat koffie drink op `n Vrydag! As army kind is ek reg opgevoed en Vrydae is vir bier drink. Hoekom moet ek so sukkel met die mense!

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 07/12/2018 - 08:07

Goeie more amlal, geniet jullr dag, en ook die naweek, die wat oo die oad gaan, doen dit met veiligheud eerste.

Ons het gisteraand by die kinders gaan braai, en natuutlik het Adriaantjie aan gehou sy oupa-hulle moet  daar slaap, so ek ek is agterste voorom vanoggend. Dit was vrek warm in Sasolburg en Adriaantjie se kamer lyk soos daglig al is die blinders toe getrek. Voel heeltyd jy vang net 'n middag slapiecrying

Stetkte met die mobd Willem.

Sarel julle moet maar sommer alles in PE geniet, ons het ook nog al ons lewe lank maar in die klein dorpies gebly, ek soek nie daai verkeer en rumoer van alles oom my nie.

Welkom terug in die land van sonskyn, Chevrolet en rugby Anton.

0
Centurion

Voortrekker

Fri, 07/12/2018 - 08:13

Gesie ek gaan nou weer 'n lekker koffietjie maak, te veel Impala bier gedrink saa met die Nederlanders in Mosambiek die afgelope 2 dae.

Hallo Freda en Johann.

Dit is lekker koel hier by ons en lyk na reën!?  Ek hoop so frown

0
Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Fri, 07/12/2018 - 09:50

Goeie môre al die Kampforum-mense !  Lekker 9mm reëntjie gehad vanaf 02:00 vanoggend en 'n moontlikheid van nog 'n bietjie deur die dag. (Jammer ek tokkel altyd op dieselfde snaar, maar twee van my drie reëntenks is darem weer vol).

Geniet jou naweek  -  ek sal myne beslis geniet.

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Fri, 07/12/2018 - 10:04

Môre sê Kampforum

Gerhard ek hoop daren die tandarts het 'n mooi dogter? 

Was Gerhard ook by die tandarts ?  Voorie.

Geniet jou dag in vrede.

0
Secunda

Sleep nou

Sat, 08/12/2018 - 03:35

More almal le wakker al van 02H00 ek sien Arie ook op forum julle moet n gatskop saterdag he laat daai braai vure brand en kuier lekke saam julle geliefde die wat kamp lekke gaan groot vrede

0
Johannesburg

WilleWillemien

Sat, 08/12/2018 - 04:11

...Sleep nou en almal wat al wakker is.

Kom ons drink koffie.

Ek en my dogter is ook al van 2:30 af wakker. Ma is in Stellenbosch. Kom vandag terug.

Ons groot woef, ou Daisy het 'n ernstige en ongeneeslike slikdermprobleem ontwikkel en kos kom glad nie meer in haar maag nie. Sy het al die kos wat ons gisteraand vir haar gegee het opgebring. Dan gaan dit in haar longe in. Sy sit derhalwe met longontsteking ook.

Sal haar maar moet laat uitsit vandag om haar te verlos van haar lyding.

 

Voel omtrent of ek een van my kinners gaan verloor.

Mooi dag vir julle.

0
Johannesburg

WilleWillemien

Sat, 08/12/2018 - 04:36

....jis, maar die mense kan darem gemorsmusiek speel so vroeg inni oggend.

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Sat, 08/12/2018 - 06:00

More almal.

More Maas, hoor hy os glo ook op ons forum.

WW dit is nooit lekker nie. Sterkte daar. Ek Is ook al deur dit n hele paarkeer. Ek het nie kinders nie en dit slaan my elkekeer hard. Huil baie trane as dit gebeur. My ou Spinnekop is nou amper 14 en ek weet hy word ook nou oud. Vrees "die dag"

Geniet die dag en res van die naweek.

0
Vaalpark

Johann L

Sat, 08/12/2018 - 06:33

Goeie more almal, geniet vandag meer as gister, hier het dit so net na 12 begin sag reen, val nog steeds heerlik sag. Ek kan nie sien hoeveel nie, maar dit lyk na so 10 - 12mm, wonderlik👍👍👍

Sterkte met die hond Willie, self ook al paar keer daar deur, na die laaste een het ek besluit nooit weer 'n dier in my erf nie.  Die trauma is te erg, en as mens wil weg gaan, is dit altyd 'n ding om die diere iewers te gaan los.

More Deon, ek dink Anton het 'n grap gemaak met Maaz, hy is nie lid nie.😀 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus