Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Voortrekkery Voertuiglisensie Rona du Plessis -8 minutes ago
By voorbaat, Veels Geluk aan Geert! Ek gaan verloor!!! Rona du Plessis -3 hours ago
Toe word ons dors Kruger 2026 Rona du Plessis -3 hours ago
Steeds lekker vooruitsigte - vir Chris Vakansiebeplanning 2026/27 Rona du Plessis -4 hours ago
Meiringspoort status Pad en roete inligting Wessel Strydom -4 hours ago
Sterkte Chris Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -5 hours ago

Spesiaal vir Gees - Garage

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps
Submitted by Frieps on
Forums

Gees vra my vanoggend hoekom ek in Colin se garage oortree.  Toe besluit ek om ons garage vir hom (en julle) te wys.  As mens in 'n meenthuis bly, maak jy noodgedwonge gebruik van alle spasie.   

Ons het 'n drie-slaapkamer meenthuis, met 'n dubbel garage.  Die een slaapkamer gebruik ons as 'n kantoor en die garage is ingerig as 'n kuier area.

Foto 1

.
Aan die binnekant, 'n entjie vanaf die een garage deur, het ons 'n "dry wall".  Dit laat toe vir 'n stoorkamertjie.   Dit veroorsaak dan dat dit nou net 'n enkel garage is.  As iemand die huis eendag koop en 'n dubbel garage wil hê, kan hul net die "dry wall" verwyder.  Ons tente, grondseile en windskerms is hier weggepak.   In die agterplaas het ons ook 'n Wendy huis

Foto 2

.
Die ander kant van die garage is heeltemal oop en my Yaris slaap daar.  Regs is groot ingeboude kaste, met baie pakplek vir allerhande goeters.

Foto 3

.
Aan die binnekant van die dry wall het ons 'n kroegie, vrieskas en ekstra yskas.  Die deur lei na die binnekant van die huis.

Foto 4

.
Hier is ons ingeboude braai,  ons tweede TV en 'n groot tafel.  Die ander stoele staan op ons stoep.  Hier is waar ek TV kyk.   As ons braai, word die Yaris uitgetrek en die tafel oorgeskuif na die oop spasie. Die deur links loop uit in die agterplaas en kan oopgemaak word as dit warm is en die garage deur 'n entjie gelig word.

Foto 5

.
Kyk nou net die oulike bordjie op ons kroegie.  Ek wil nog net die Stormers plakkers met Lions plakkers vervang.

 

Nou dink julle nie ons kan maar spog met ons netjiese en bruikbare garage nie?laugh

Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 02/12/2018 - 18:06

.....Freda, dit wil gedoen wees !  Sommer baie smart !

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus